Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 118

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Goue riglyn vir die vergroting van die evangelie

118 DIE MEESTER: 'Die mensdom lê nou in `n uiters donker nag begrawe en slaap `n slaap van die dode; al hulle kennis is `n ydel droom en niemand weet om vir die ander te sê hoe dit is nie. Daar is wel `n hele spul verskillende leraars en leiers, maar waarvoor het hulle nut?! Hulle is almal net so blind soos hulle volgelinge; kom hulle by `n kuil, dan val sowel gids as volgeling daarin, en geeneen van beide kan `n uitweg uit die verderfbringende kuil vind nie.

[2] Maar daarom moet julle veral nie dink dat die mense hulle nie graag aan `n goeie leier sou wou toevertrou nie! Wat is vir `n blinde meer welkom as `n siende gids, en soveel te meer wanneer die gids met `n goeie en egte ware gewete vir die blinde kan sê: 'Vriend, nou is jy weliswaar nog blind, maar as jy my getrou en gelowig sal volg, sal jy binne `n kort tydjie self kan sien!' En as die blinde dan vol vertroue met die siende gids saamgaan en sy oë na `n kort tydjie `n nie onbeduidende skemering begin waar te neem, hoe sal sy hart dan nie swel van vreugde nie!

[3] O, Ek sê vir julle, dit is gladnie nie so moeilik as wat julle dink nie, naamlik om vir `n blinde, wat werklik na lig verlang, `n goeie gids te wees nie! Die pas word moeilik as die blinde wat jy moet lei, besield is deur die misleidende waan dat hyself `n siende is. Sulke blindes is ons Fariseërs en Skrifgeleerdes; ook allerlei priesters van die heidene hoort daartoe. Maar wat moet jy daarmee maak? Laat Ek hierdie situasie en hoe jy daarby sal moet handel, deur `n klein voorbeeld verduidelik!

[4] `n Veldheer trek met sy leër op teen `n baie lastige en slegte vors in die buurland, wie sy ryk goed voorsien het van talle vestings en stewige forte en dit almal flink beset het met krygsliede en allerlei oorlogstuig. Toe die veldheer met sy leër die grense van die vyandelike gebied begin te nader, sê die veldhere en gidse wat onder sy gesag staan vir hom: 'Heer, hier sal ons niks of baie weinig kan doen, want die vyand het goeie maatreëls geneem en is tot die tande toe gewapen. Ons sal met ons hele groot leërmag niks teen hom kan uitrig nie, en ons sal tot die laaste man in sy land ten gronde gaan! Daarom sou dit miskien verstandiger wees om hierdie keer die veldtog heeltemal op te gee en `n gunstiger tyd af te wag!'

[5] Die groot veldheer antwoord daarop: 'By hom (die slegte vors) word die tyd nooit gunstiger nie, en alle waarskuwings het by hom steeds op dowemansore geval en heeltemal van sy hart afgebons. Daar bly niks anders oor as om hom met gewapende hand te laat sien dat hy nie die enigste een is wat alle goedere van die aarde vir hom kan opeis nie. Hy het in sy land wel baie vestings en forte gebou en hulle tot die tande toe bewapen; maar dit maak aan ons geen saak nie! Ons dring die land op `n plek binne waar daar geen vestings en forte staan nie en kry sy volke moeiteloos op ons hand, want hulle is hoogs ontevrede met hom; dan gee ons vir hulle voorligting en wyse wette en dan sal hy wel sien wat al sy vestings en forte beteken. En as hy ons wil aanval, terwyl ons swaar bewapen is en goed weet hoe om swaard, lans, pyl en werpspies te gebruik, dan kap ons hom tot die laaste kryger toe, want ons het immers `n groot oormag, ons is baie moedig en soos wat elkeen weet, uiters bekwaam in die hantering van die wapens!'

[6] Toe die veldhere hierdie wyse aanvalsplan van hul owerste verneem, gee dit hulle nie net die regte insig dat dit sekerlik die beste manier sou wees nie, maar ook die nodige krygsmoed en die volle oortuiging dat hul krygsplan sekerlik sou slaag. Hulle kom by die grens van die vyandelike land op `n plek waar geen vestings en forte staan nie en dring so sonder slag of stoot die land binne. Die volk stroom hulle met wit vlae tegemoet en begroet hulle as die redders van hul lewe.

[7] Toe die krygsliede van die tiran vanuit hul forte sien hoedat die hele volk hulle steeds meer om die vyandelike leër begin te skaar, begin hulle ernstig met mekaar oorleg te pleeg oor wat hulle nou moes doen. Die tiran gebied hulle om alles in werking te stel om die vyand uit die land te verdryf; maar sy veldhere sê vir hom: 'Dit is te laat! Wat beteken ons vestings en forte?! Die hele volk het hulle aan die kant van die vyand geskaar, wat `n geweldige groot mag het. Ons stryd teen hulle sou een wees van één teen `n duisend. Ons is totaal oorwin, ons vestings en forte help ons nie meer nie; want die stewigste fort is die volk en dit is in die hande van die vyand, en daarom bly daar vir ons niks anders oor as om heel eerlik te kapituleer nie!' Die tiran het hier natuurlik geen goeie woord daaroor gehad nie, maar wat kon hy doen?! Uiteindelik moes hy tog die raad van sy veldhere opvolg.

[8] Kyk, dieselfde moet julle ook doen as verstandige uitdraers van My leer! Laat die tempels en die talle priesterhuise staan; bewerk alleen net die volk! As hulle op eenvoudige wyse eenmaal aan julle kant staan, dan sal die ou afgodstempels baie gou vanself alle waarde verloor en ineenstort. En die dienaars daarvan sal uit eie beweging en deur die nood gedrewe na julle toe oorgaan, die nuwe leer aanneem en daarvolgens begin te handel en te werk.

[9] En jy, Mathaël, het hopelik ook so verstandig geword dat jy kan insien dat die uitbreiding van My nuwe leer sekerlik nie te moeilik is nie, as jy dit maar verstandig genoeg sal aanpak; maar as jy êrens op `n dom manier daarmee begin, dan sal die uitwerking daarvan ook soos die begin lyk! Het jy, en julle almal, dit nou goed begryp en verstaan?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205