Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 115

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Wese en inhoud van `n heelalsfeer

115 Eindelik spreek ons MATHAËL weereens: 'Heer, dit is vir ons almal nog soos die dorpe van die Skitheërs, wat so goed as nêrens te vinde is nie en waarvan `n mens homself daarom ook geen voorstelling van kan maak nie! U kan natuurlik maklik oor U eindelose groot skepping praat; maar ons weet nie eens presies hoe groot ons aarde is en wat se vorm sy het nie, en daarom is dit, wat U ons vertel het, moeilik te verstaan.

[2] In my lewendige fantasie verstaan ek wel die een en ander, maar slegs soos in `n vlugtige droom vermoed ek iets groots. Maar vir baie van my metgeselle is dit `n soort abrakadabra, (Persiese toorwoorde) waaruit selfs die gesondste, natuurlike, menslike verstand nooit wys sal kan word nie. Want om dergelike dinge ook maar enigsins duideliker te kon verstaan, sou ons baie goed tuis moet wees in die rekenkunde en die Oud-Egiptiese astronomie, ook sou ons hul uitgebreide getallestelsel volkome moet beheers! Maar omdat ons hoegenaamd nie beskik oor die wetenskaplike elemente nie, kan ons die buitengewone uitleg wat U ons nou gegee het, in geen geval duidelik verstaan nie.

[3] Dit is wel waar dat U ons by `n vorige geleentheid vergun het om `n blik in U groot skeppingsruimte te werp; maar daar bly, by my altans, nog heelwat vrae oop. Nou het U Uself vernaamlik oor die materiële gedeelte van U skepping van naderby uitgespreek; maar daarvan verstaan ons nie so baie nie. Dit is immers voor die hand liggend, dat ons so-iets onmoontlik heeltemal kan verstaan, omdat alle voorkennis ons daarvoor ontbreek.

[4] Om dit alles `n klein bietjie beter te kon verstaan, sou ons ook minstens iets moet weet oor een van die genoemde heelalsfere en die verskillende soorte sonne en sentraalsonne wat daarin domineer. As dit die geval sou wees, dan sou ons onsself wel `n ietwat duideliker voorstelling kan maak van die tallose talle ander heelalsfere en sentraalsonnestelsels, sentraalsonnegebiede en sentraalsonne-heelalle; maar die een heelalsfeer is al so enorm gekompliseerd, laat staan nog die talle ander, waarvan elkeen afsonderlik seker `n totaal verskillende inrigting en `n heel ander doel het.

[5] Hoe werk dit dan eintlik met die planetêre sonne, en verder met die verhale oor die sentrale sonnestelsel, die sentraal sonnegebied, sentraal sonneheelal en uiteindelik met die oersentraalson, wat selfs in die drome van die ou beroemde Ptolemeus en Julius Caesar, wat tog ook `n astronoom was, nie voorkom nie?"

[6] EK sê: 'My beste Mathaël, Ek merk dat jy `n bietjie geïrriteerd is, deels omdat Ek julle nou dinge vertel het, wat jy óf gladnie, óf slegs net `n klein bietjie verstaan, en deels oor jouself, omdat jy dit wat Ek nou vertel het, gladnie so goed kan verstaan nie, ofskoon jy andersins tog met betrekking tot baie sake baie belese is en ook verder baie agtenswaardige ervaringe en menings het. Maar sien, dit is nie heeltemal korrek van jou nie; want die mens word nie net wys van wat hy hoor en kan dadelik ook heeltemal verstaan nie, maar meestal ook van wat hy hoor en nie verstaan nie!

[7] Oor dit wat `n mens eenmaal verstaan, sal niemand verder nadenke besorg en hy sal homself nie verder daaroor kwel nie; want wat `n mens eenmaal het, probeer `n mens nie meer te verkry of moeisaam te verwerf en `n mens voel hom heel behaaglik oor wat hy reeds ten volle besit. Maar wat `n mens nog nie het nie, veral op die gebied van die hoogste waardevolle, soek `n mens seker met volle inset net so lank tot `n mens ten minste iets daarvan in sy besit kry.

[8] Kyk, as dit vir My daarom moet gaan om van julle uiteindelik mense te maak wat baie traag sal dink, dan sou dit nie moeilik vir My wees om vir julle oë `n heelalsfeer in die lug te teken nie. Dan sou julle die hele sisteem van `n heelalsfeer, waaroor ons nou praat, selfs makliker verstaan as dat 2 staters plus nog twee staters sonder twyfel 4 staters (baie klein muntstukkie) is! Maar Ek wil dat julle aktief bly dink, en het daarom in wat Ek julle vertel het, iets te kenne gegee, wat julle wakker sal maak en julle die slaap ontneem.

[9] Ek het vir julle al voorheen eens iets daaroor gesê, wat julle om dieselfde rede natuurlik nie so duidelik verstaan het nie, en dit sou Ek julle ook nou kon vertel, sonder om daarop te reken dat julle dit volledig sou verstaan, maar sodat julle dikwels daaroor sal nadink by geskikte geleenthede, veral tydens nagte met `n helder sterrehemel.

[10] Maar om die dinkery vir julle `n klein bietjie makliker te maak, sal Ek julle op soortgelyke verskynsels op hierdie aarde wys. Kyk eers na die inrigting van `n leër, dan het jy al so ongeveer die inrigting van `n heelalsfeer met haar sentraal- en oersentraalsonne! Daar staan `n aanvoerder van slegs tien tot dertig soldate, en daar weer `n ander aanvoerder, al iets groter, wat die bevel voer oor tien aanvoerders van die eerste orde. Die eersgenoemde aanvoerder is te vergelyk met `n planetêre son, en die tien tot dertig gewone soldate staan ongeveer gelyk met die planete wat om `n son sirkel. Die tweede, iets hoër geplaaste aanvoerder van die juis nou genoemde tien troepe is al te vergelyk met `n sisteemsentraalson, waar om hom, op verskillende afstande, `n hele spul planetêre sonne met hul dikwels talle planete beweeg. Hierdie planetêre sonne, wat om `n groot sentraalson beweeg, vorm tesame met hul een sentraalson `n sonnegebied; dit moet julle nou goed onthou om die volgende beter te kan verstaan.

[11] Nou gaan ons na `n leëraanvoerder van die derde orde! Hy het op sy beurt weer ongeveer tien aanvoerders van die tweede kategorie onder hom; oor hulle voer hy die bevel en hy moet hulle almal leiding gee. Die bevele van hierdie derde aanvoerder, wat ons ‘hoofman' sal noem, word slegs gegee aan die troepe-aanvoerders wat onder hom staan, en die gee dit dan weer deur aan die aanvoerders van die kleiner troepe, en hierdie dan eers aan die afsonderlike gewone soldate. So praat ons nou van `n sonnegebied en dit spreek vanself, dat daar in die skeppingsruimte ook baie meer sonnegebiede is; hulle moet op hulle beurt ook weer `n gemeenskaplike, nog groter leier hê.

[12] Laat ons die soldate wat onder `n hoofman staan, `n kompanie noem; en nou stel ons onsself voor dat tien tot twintig kompanies weer onder `n hoëre bevelhebber staan, wat byvoorbeeld `n owerste is en gewoonlik die bevel voer oor `n legioen, wat meestal uit tien tot twintig kompanies bestaan! So `n legioen is dan al `n heel aansienlike strydmag en vorm al `n baie belangrike deel van `n hele leër. `n Legioen kan ons nou die beste met `n sonne-heelal vergelyk. En soos wat ook verskillende legioene weer onder bevel van `n veldheer staan, so staan dan ook die sonne-heelal weer onder `n nog groter en magtiger sentraalson; hierdie sal ons die 'sonne-heelal-sentraalson' noem, om haar van die vroeër genoemde te onderskei.

[13] Nou staan egter al die talle leërs onder één enkele monarg, en so ook die buitengewoon talle sonne-heelalle onder die algemene hoofsentraal-oerson; hy moet natuurlik kolossaal groot wees om die talle sonne-heelalle na hom toe te trek en om hulle, in vir julle onmeetlike verre baan, om hom heen te laat sirkel, soos wat die planetêre son dit met haar afsonderlike planete en die bybehorende mane doen. So `n ware sonnemonargie noem Ek om goeie redes `n heelalsfeer.

[14] `n Sfeer is hulle vanweë haar volledige ronde vorm, - `n huls (skil, dop) en hemelliggame is hierin, omdat hulle almal met `n geoordeelde geestelike lewe omhul (omhulsel) is, en omdat hierdie uiteindelike draagster (globe) self `n universele huls is, omdat hierin eons* maal eons sonne, om `n bepaalde ordening in stand te hou, heeltemal omhul blyk te wees. Sê My nou, Mathaël, of jy My nou duideliker verstaan het as voorheen!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205