Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 94

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

RafaEl verklaar vir Roclus die begrippe “satan” en “duiwel”

94 RAFAEL sê: “My beste vriend Roclus, neem jou in ag; want dit was wel verstokte fariseërs, maar hulle het nou leerlinge van ons geword, en sal hul vergissing insien! En met betrekking tot duiwels, het jy bepaald nog te min kennis om waar en reg te kan spreek oor hulle invloed op mense. Eers as jy nadere kennis daarvan sal hê, sal jy ook daaroor kan praat!

[2] Kyk, wat mens “satan” en “duiwel” noem, is die wêreld met al haar verleidelike prag. Natuurlik is alle materie waaruit die wêreld bestaan ook maar net `n werk van God, en daarin lê iets goddeliks verborge; maar daarnaas ook leuens, bedrog en verleiding, waaruit dan afguns, gierigheid, haat, hoogmoed en vervolging ontstaan, en daaruit kom weer onnoemlike en onmeetlike baie boosheid voort.

[3] En sien, die valse, die leuens en die bedrog, is nou geestelik gesien die “satan”, en alle afsonderlike, daaruit noodsaakliker voortkomende ondeugde is dit wat mens “duiwels” noem; en elke siel wat haar geheel en al oorgegee het aan een van hierdie ontelbaar talle ondeugde, is `n duiwel in eie persoon en `n daadwerklike uiting van die een of ander slegte en bose, en in so `n siel is `n moeilik uitwisbare neiging om aldeur kwaad te doen op die wyse waarop hulle haar lewe gegrondves het gedurende die tyd van haar liggaamlike bestaan.

[4] En omdat elke siel ook na die dood van die liggaam voortleef en in die omgewing van hierdie aarde bly, kom dit bepaald dikwels voor dat so `n siel haar ook binne die uitstralende lewensfeer van die mense begewe, en deur middel hiervan met haar eie slegte begerigheid ook in hulle iets slegs probeer wakker maak in wie se lewensfeer sy `n baie welkome voeding vind, omdat die persoon wat nog in die liggaam lewe, `n nie onbeduidende natuurlike neiging en drang in hom het tot dieselfde ondeug, gewoonlik as gevolg van `n slegte en verwaarloosde basisopvoeding.

[5] Sulke siele maak hulle selfs dikwels meester van die liggaam van mense en kwel daardeur selfs `n siel wat hier en daar swak plekke het, en die Heer laat dit juis toe, om by die siel so `n swak plek beter te maak; want eers daardeur kry die geplaagde siel dan `n ware en intense weersin teen `n bepaalde sondige swakheid van haar liggaam, en stel uiteindelik alles in die werk om sterk te word op daardie punt waarop sy tevore swak was, waarby die barmhartigheid van die Heer haar ook op `n goeie oomblik te hulp kom.

[6] Sien, dit is, verstandelik beredeneerd, dit wat `n Judeër, wat weliswaar baie ver wegstaan van die waarheid van hoe dit eintlik is, in werklikheid onder die begrip “satan” en “duiwel” sou moes verstaan; maar omdat hy dit nie verstaan nie, sien hy “satan” en “duiwel” as `n geestelik gepersonifieerde bose wilsmag, wat die grootste behae daarin skep om die mense van die weg af te bring waarop hulle hulleself binne God se orde beweeg.

[7] Maar hierdie gebrekkige siele het daarby absoluut geen Godsvyandelike bedoelings nie; want ten eerste ken sy God in die verste verte nie, en ten tweede is sy te blind, te dom en te dwaas, om watter bedoeling dan ook te hê. Want sy ken glad geen behoefte wat op iets anders gerig is as op haarself nie, en sy handel enkel en alleen uit selfsug. Sy trek slegs tot haar wat haar selfsug dien, en onder mekaar is hulle uiters wantrouig; daarom is `n gemeenskaplike gerigte krag by hulle absoluut onvoorstelbaar, en daarin het jy dan heeltemal gelyk dat hulle krag heeltemal niks beteken nie.

[8] Dit wil sê, dat hul krag niks is ten opsigte van mense wat die liefde en die wil van die Heer eenmaal volledig hul eie gemaak het nie. Maar by mense wat nog halfslagtig is, by wie nóg die geestelike, nóg die materiële die deurslag gee wanneer jy dit in die weegskaal sou lê, kan `n duidelike merkbare oorwig tog aan die materiële kant van die morele weegskaal ontstaan, wanneer daar in sy siel die een of ander begeerte aanwesig is, wat deur die toedoen van `n gelykgestemde demoon versterk word. Dan maak die siel haar natuurlik baie moeiliker uit die materiële los om in die geestelike oor te gaan.

[9] As `n siel in die materiële vertoef, dan gaan daar na verloop van tyd ook steeds meer gelykgesinde demone aan die materiële lewensweegskaal hang, dit slaan steeds duideliker deur, die materiële word op die manier steeds swaarder en die geestelike natuurlik geringer. En sien, so blyk dit dan, dat die “duiwels” van die Judeërs of die “demone” van die Grieke uiteindelik tog in die siel, in die tyd dat hulle hulself ontwikkel, baie aansienlike skade kan aanrig, sonder dat hulle eintlik die wil het om haar skade toe te bring!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205