Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 245

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Verklaring van die beelde oor ergernisse

245 Met hierdie woorde van Petrus was ook alle ander apostels, behalwe Johannes dit eens. Hy neem die woord en sê: “Maar beste broers, hoe kan julle nou so ontsteld wees hieroor, asof die Heer ons hiermee `n heeltemal nuwe leer sou gegee het! Herinner julle julleself dan nie aan die woorde van die Heer op die berg in Samaria nie! Toe spreek die Heer byna dieselfde oor die ergernisse en het Hy ons hiervoor ook die regte lig gegee. Toe het julle dit almal op die korrekte manier verstaan, hoe dan nou nie?”

[2] Petrus sê: “Dit kom my nou inderdaad so voor asof dit al reeds bespreek is; maar hoe mens dit moet opvat en verstaan, weet ek verseker, asook die ander broers, geen woord meer nie, en dit sou baie wenslik wees as dit vir ons nog `n keer uitgelê word.”

[3] EK sê: “Hierdie woorde is selfs opgeteken, soos wat nou ook hierdie woorde opgeteken moet word wat Ek nou oor die nadeel van die ergernisse gespreek het, sodat julle hulle nie weer so maklik sal vergeet nie.

[4] Wat kom ooreen met die hand van die mens? Die handel, of dit nou goed of sleg is; dit is dus `n handeling wat in `n korrekte ooreenkoms deur die woord en beeld “hand” weergegee word; die vaste wil egter is die byl; slegs hiermee kan jy jou slegte handel vir altyd van jou af verwyder. Maar hoe kan jy nou nog so dwaas wees om te meen dat Ek hiermee die liggaamlike verminking beveel het?

[5] Dieselfde het Ek jou ook aangeraai in verband met `n voet wat jou vererg. Wie sal ooit in staat wees om homself werklik `n voet af te kap? En hoe dom sou Ekself moet wees om so `n gruwelike verminking van die eie liggaam te gebied, sodat die siel haar daardeur uit die hel kan red!

[6] En soos wat die liggaam voete moet hê om vooruit te kom en op die regte plek werksaam te kan wees, moet die siel liefde en begeerte hê vir iets, sodat sy daardeur en vir watter soort welbehae dan ook aktief word.

[7] As hierdie liefde en begeerte van die siel nou nie in ooreenstemming met My leer is nie, wat mens goed kan vasstel, dan is dit sleg en `n ergernis vir jou hele wese; neem dan nogmaals die skerp byl van jou wil en kap so `n dergelike liefde en begeerte van jou af, en handel en wandel dan slegs met die goeie liefde en begeerte, dan sal jy lopend op hierdie nuwe voet van jou siel, baie maklik die hemelryk binnegaan!

[8] In feite moet dit as volg opgevat word: Elke mens op hierdie wêreld het noodsaaklik `n tweevoudige liefde en begeerte wat daaruit voortkom. Die een is materieel en dit moet ook daar wees; want sonder hierdie liefde sou niemand die aarde bewerk het nie en sou ook niemand ook vir hom `n vrou geneem het nie. En sodat die mens dit ook op hierdie aarde kan doen, moet hy ook `n materiële, na buite gerigte liefde en begeerte hê wat hom tot hierdie aktiwiteit beweeg en dra. Word hierdie liefde en begeerte vir die buitewêreld te magtig, dan vererg dit die hele mens en laat die siel kwyn, omdat sy te veel na buite gedring word in die materie in. Dan is dit hoog tyd om homself sterk te vermaan en hom met vaste wil los te maak van hierdie liefde en begeerte en enkel en alleen dit wat net van die gees is, uit alle mag na te strewe. As dit die geval is, dan is ook net dit voldoende om God se ryk te bereik, ofskoon mens volgens die korrekte orde van dinge, beide sake goed sal moet doen, vanweë die naasteliefde.

[9] Daar is nou al mense, en in die toekoms sal daar nog meer wees wat hulle geheel en al sal afkeer van die wêreld en haar werk en slegs nastreef wat aan die gees behoort. Maar Ek sê nie dat hulle daardeur later heeltemal geregverdig sal wees nie; slegs is hulle daar, soos gesê, wel baie beter daaraan toe, as wanneer hulle as, te veel materiële mense, tereg sou kom in die aan julle bekende teenpool van die lewe, waaroor Ek by die visser Asiona gespreek het; dit beteken eintlik dat hulle in die hel kom of hierin gewerp word.

[10] Onder die uitruk van die oog en die wegwerp daarvan is die wêreldse verstand van die mens te verstaan. Dit is `n oog van die siel om die dinge van die wêreld te bekyk en te beoordeel, en hulle te vergelyk met die dinge van die gees. As dit te veel in die rigting van die wêreld uitgaan en geheel afkeer van dit wat van die gees is, vererg dit die siel baie omdat sy daardeur ook heeltemal in die materie opgaan, en dan is dit hoog tyd om heeltemal van die suiwer wêreldse wysheid af te sien, en die denke slegs te rig op wat met God, die gees en die siel te make het, terwille van die hemel.

[11] Wie dit doen sal ook geregverdig wees en God se aangesig aanskou; maar dergelike salige geeste sal op `n baie laer toestand staan as hulle wat hul wêreldse wysheid ook deur woorde en dade tot `n goddelike verhef het.

[12] Ek dink dat julle dit nou goed verstaan het, en as Ek later weereens die onderwerp aanroer, moet julle nie meer na die betekenis van sulke onderwysende beelde vra wat Ek met opset so bedek gegee het nie, omdat hulle suiwer vir die siel is, wat nou by elke mens op hierdie aarde ook deur die vlees bedek is vir die liggaamlike oog! Want `n leer vir die hele mens is baie anders as `n leer wat slegs die siel aangaan. Verstaan julle dit nou almal?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205