Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

RafaEL verklaar die toorwerke van die Indiese towenaar

45 RAFAEL sê: “Jy is tog wel `n merkwaardige mens! Jou talle ervaringe het jou dermate in verwarring gebring, dat jy nou heeltemal nie meer in staat is om die valse van die eintlike ware te onderskei nie! As jy aan die towenaar, wat in Thebe was, maar net sou gevra het of hy vir jou, sonder die kamertjie met die venster, `n landskap met `n meer te voorskyn sou wou toor, dan sou hy dit nie vir `n wêreld vol goud vir jou gedoen het nie, omdat so-iets vir hom totaal onmoontlik sou gewees het; maar in die bewuste kamertjie kon hy, deur daardie bepaalde venster, nog verskeie landskappe vir jou te voorskyn getoor het! 

[2] Laat daardie towenaar maar eers buite in die naakte natuur so `n deeglike huis te voorskyn toor en dan dadelik blywend en met alles daarin en daarby! Dit sal hy, soos gesê, wel mooi los! Daarom is die huis hier, om dit eerlik te sê, die werk van God, en die ander net van `n mens wat in werklikheid niks meer is as iemand wat goed tuis is in natuurkundige sake en handig daarmee kan werk en absoluut geen sogenaamde towenaar nie.

[3] As dit egter `n werk van God is, is dit eweneens die geval met my wysheid! Alles wat jy aan my ontdek, kom van God! Daarom hoef jy dus nie meer te vra hoe, waar en wanneer ek aan dit alles gekom het nie!

[4] Vir die oog van die mens kan mense ook wel werke tot stand bring wat soos wonderwerke lyk; dit is net heeltemal geen wonderwerke nie, maar is met heel natuurlike middele ook op heel natuurlike wyse tot stand gebring, wat vir `n leek maar net soos wonderwerke voorkom, omdat hy nòg van die middele, nòg van die manier waarop mens die middele vir `n bepaalde doel kan gebruik, ook maar enige benul het nie. Vertel mens hom egter oor die middele en die gevolge wat ontstaan wanneer mens gebruik daarvan maak, dan sal hy dadelik in staat wees om dieselfde wonderwerk te verrig as die towenaar, wat hy vantevore as `n wonderdoener beskou het.”

[5] ROCLUS sê: "Ook die te voorskyn toor van die landskap deur die towenaar in Thebe?"

[6] RAFAEL sê: “Inderdaad, dit is net `n bietjie moeilik om die middele te bekom wat daarvoor nodig is; want daardie towenaar het sowel die een asook die ander middel self uitgevind. Hierdie twee middele gee hy natuurlik nie prys nie en daarom is dit vir jou wel moeilik om dieselfde tot stand te bring soos wat hy dit daar gedoen het en waardeur hy hom die aansien van `n eersteklas towenaar verskaf het.

[7] Sou jy egter die kuns verstaan het om suiwer kieselsteen te smelt en helder glas daaruit te vervaardig en dit ten slotte te slyp en te poleer soos wat mens edelstene slyp en poleer, `n werk waarin die Indiërs baie goed bedrewe is, dan sou jy die wonderwerk baie gou en ook baie duidelik ingesien het en nog des te helderder, wanneer jy daarbenewens `n soort Apelles sou gewees het, vir wie dit moontlik was om water so bedrieglik eg met allerlei kleure te skilder, dat hy selfs voëls mislei het.

[8] Hierdie towenaar van jou is `n beroemde edelsteenslyper, hy kan glas maak uit kieselsteen, dit ook slyp en poleer en bowendien is hy ook een van die beste skilders van die hele Indië, veral wat die nateken en naskilder van landskappe betref, natuurlik op baie klein skaal. Hy het `n eie apparaat gebou om sy geskilderde landskappe deur so `n glas wat hy self geslyp het, te laat bekyk en hierdeur word so `n optiese bedrog bewerkstellig soos jy self met jou meerlandskap gesien het.

[9] Dit is nou `n algeheel geheime wetenskap wat die Fenisiërs, en deur hulle ook die Egiptenare, ontdek het en wat hulle, onder volstrekte geheimhouding, vir hul buitengewone toorkunste gebruik het. Oor `n paar duisend jaar sal alle volke presies weet hoe so-iets werk; dan sal daar ook niemand meer wees wat, as hy `n goeie verstand het, `n dergelike verskynsel nog vir `n wonderwerk sal beskou en gladnie van buitengewone aard nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205