Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 147

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Onderhandeling met die fariseërs

147 Toe kom het ROCLUS na vore en sê: "Geërde gebieder, staan my toe dat ek ook vir hierdie onmense en kwelgeeste iets in die oor fluister; want in hierdie brief word my instituut ook baie gemeen aangeval, wat ek as hoof onmoontlik net so kan laat verbygaan! Ek moet hulle vra, hoe en wanneer die deur hulle so belasterde, snode en slegte profeet uit Násaret die toorkunste van ons geleer het, waarmee hy nou die volk in vervoering bring en verlei! By God, as hulle nie hier ter plaatse hierdie enorme lasterpraatjies gaan goedmaak nie, vergryp ek my sowaar aan hulle en draai hulle almal die nek om, sowaar as God, die Heer my sekerlik sal help!"

[2] Hierop kom EEN VAN DIE TWEE FARISEËRS na vore en sê: 'Wat kon ons daaraan doen, as alles slegs kwaadaardige versinsels sou blyk te wees?! Ons het dit nie geskryf en het dit nie versin nie! Kyk diegene wat ons gestuur het, aan daarvoor; ons, wat slegs bodes is, hoef tog seker teenoor niemand rekenskap af te lê nie! Ons verwag slegs `n goeie antwoord, om dit aan hulle oor te dra dat ons hierheen gestuur is. Ek dink dit kom daarop neer.

[3] ROCLUS sê, aangespoor deur RafaEl: 'Goed; maar wat moet daar dan gebeur as ons julle vlymskerp kan aantoon, dat niemand anders nie as julle, hierdie skandelike brief opgestel het en dat julle, omdat julle dit karwei, uit die groot goudkas van die tempel `n vergoeding van duisend pond goud per persoon te wagte staan?"

[4] DIE FARISEËR roep plotseling luid: 'Wie kan ons van so-iets skandeliks beskuldig? Die brief is deur Herodes onderteken?'

[5] Toe roep ROCLUS vir Sinka nader en sê: 'Soos geen ander op die wêreld ken jy die handskrif van jou gebieder. Sê my, is dit sy handtekening?"

[6] SINKA bekyk die brief en sê: 'Nie in die verste verte nie! Want Herodes kan eintlik glad nie skryf nie, hoogstens `n bietjie Grieks lees. Vir die ondertekening met sy naam het hy `n soort seël wat hy op die oorkonde druk; hierdie ondertekening moet dus vals wees! Dit sweer ek by alles wat julle maar wil!"

[7] ROCLUS sê daarop: 'Wel, jou wyse, godsgeleerde en allerwaaragtigste Fariseër in die naam van Moses en Aäron, hoe voel jy nou? Jy sou nou sekerlik eerder tuis wou sit en aan `n ryk maaltyd gesmul het, as hier onder sulke luisterryke voortekens! Ja, ja, dit kan nou eenmaal nie anders nie: As `n mens nie tevrede is met wat God hom geskenk het nie, dan moet hy hom wel skik na die lot en sy streke!

[8] Ja, ja, die snode profeet uit Násaret kan julle goedkeuring absoluut nie wegdra nie, omdat Hy deur sy mees heilige waarheidsleer flink afbreuk dreig te doen aan julle saak! Dit is net so! Maar dit is nou eenmaal so en dit sal ewiglik nooit anders wees nie, ook nie wanneer dit Hom ooit sou behaag om julle die genoeë te gee dat Hy hom gewoon deur julle sou laat doodmaak nie, altans pro forma, (voorlopig) want Hy, wat van ewigheid die lewe Self is, kan onmoontlik ooit gedood word! Ek het nou gespreek; nou is jy aan die beurt! Wat het jy hierop te sê?"

[9] Die Fariseër staan nou daar asof versteen en niemand van die afgesante durf ook nog maar `n woord te sê nie.

[10] Na enkele oomblikke gee CYRENIUS te kenne, nadat Ek hom heimlik `n teken daartoe gegee het, dat beide aartsfariseërs na hom toe moes kom, wat baie slim van hom was, en hy sê vir hulle: 'Kalmeer nou! Die storm is verby; trek julle nie te veel aan van ons gebruiklike Romeinse erns in die begin nie! Nou kom die tweede onderhandelingsfase, waarin ek van julle geen versinsels met valse handtekeninge, maar die suiwere volle waarheid wil hoor. Slegs deur die waarheid kan julle uit my mag, wat andersins onverbiddelik is, bevry word, - so nie, dan is gevangenis, kruis en byl onontkombaar julle lot, dit is so seker as wat ek goewerneur van alle Asiatiese provinsies van Rome is. Spreek julle egter die waarheid, hoe dit ookal mag lui, en wat dit ookal mag inhou, dan kan julle op my volle Romeinse erewoord reken dat ek julle heeltemal vry en ongehinderd sal laat weggaan. Maak nou `n keuse! Wil julle aan hierdie leuen vashou, dan weet julle nou uit my mond wat julle sekerlik te wagte staan; want hier in Asië is ek in naam van die keiser die een wat, sonder enige beperking, die sê het, en tweehonderd-en-sestigduisend soldate wag elk uur van die dag my bevele af. As julle dit vroeër nog nie geweet het nie, dan weet julle nou hoe die sake daarby staan. Wie sou my ter verantwoording roep wanneer ek somaar, omdat ek sin daarin het, alle Judeërs met die swaard sou laat ombring?! Aan mag en krag ontbreek dit my nie! Waar kan in geheel Asië `n sameswering beraam word, waarvan ek nie binne hoogstens agt tot veertien dae volledig op hoogte van sou wees nie?! Maar dan is daar die verskriklike 'wee’! vir die opstandiges!

[12] Sou daar, volgens julle uitsprake, een of ander nog so geringe muitery in die geheim voorberei gewees het, dan sou ek waarlik daarvan geweet het en my talryke geregsdienaars sou dadelik vinnig aan die werk gesit geword het! Wat julle in hierdie brief dus as verklikkers aangebring het, eweas die ondertekening van Herodes, is dus `n groot leuen waarmee julle my, as ek blind was, vir `n heel ander doel wou gebruik. Net dat dit by my absoluut nie geslaag het en ook nooit sal slaag nie, daarvan is julle nou hopelik wel oortuig. Derhalwe: kom met die waarheid vorendag, sodat ek duidelik kan sien waar ek met julle aan toe is! Maar dink goed daaraan: Kyk, so suiwer as wat die son nou van agter die berge aan die oorkant van die see opgaan, so suiwer moet die waarheid ook wees van wat julle my nou gaan sê, dan sal ek my ook by my woord hou teenoor julle! Spreek nou!"

[13] Beide die Fariseërs, asook die sogenaamde Romeine, waarvan ook die helfte Fariseërs en die helfte aanhangers van Herodes was, trek uiters wanhopige gesigte; want niks is vir `n mens ellendiger as om homself te moet aankla, en openlik sy skandelike bose planne te moet beken nie. En dit was nou ook met die Fariseërs die geval. Maar wat kon hulle doen? Cyrenius se onverbiddelikheid en ook sy streng regverdigheid was bekend, daar bly dus duidelik niks anders oor as om oor die volle waarheid te bieg nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205