Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 212

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Twyfel en vrae van Epifanus

212 EPIFANUS sê: “Goeie Heer, hierdie verklaring van U is vir my soos `n bliksem in die nag! `n Oomblik is dit weg en die omgewing wel verlig, maar as mens verder wil gaan, sien mens egter heeltemal niks meer nie. Maar dit begin wel `n bietjie lig te word en ek maak uit U woorde op dat U `n baie bekwame natuurkundige en `n groot antropoloog* is. *(onderleg in die menskunde)

[2] Volgens U opvatting berg die mens ongetwyfeld die oneindige in hom, en sodoende ook die ewige; maar of hy daarom ook by die beste onderrig die oneindige en ewige, die wesenlike krag, die lig en die lewe self kan bevat, dit is nog `n ander baie belangrike vraag. Ek wil weliswaar nie sê dat dit onmoontlik is dat iemand met `n baie verligte gees so-iets kan bereik nie, want die talente van die mense is verskillend, en die een verstaan iets baie maklik, wat vir `n ander na jarelange inspanning, dink en probeer tog heeltemal ontoeganklik bly, maar dat dit nie maklik is om met hierdie begrippe oor die weg te kom nie, sal elkeen my toegee wat hom ooit enigsins besig gehou het met sake wat `n bietjie uitstyg bo die gewone dierlike lewe op aarde.

[3] Die `n mens kan baie verstaan en met tyd en wyle leer; maar dat `n mens hom duidelike klaarheid kan verskaf oor begrippe waar `n ewigheid voor nodig sou wees om hulle geheel en al uiteen te stel, dit betwyfel ek tog wel `n bietjie, en ek is seker nie verkeerd nie. Die mens leer slegs die een ding na die ander, en het `n bepaalde tyd daarvoor nodig. Leer hy baie, dan sal hy ook baie tyd daarvoor nodig hê, en as hy oneindig baie moet leer, sal hy daarvoor ook oneindig baie tyd nodig hê. Maar die lewe van die mens is maar kort en daarom sal dit werklik nie so eenvoudig wees om oneindig baie te leer nie.

[4] U het weliswaar iets van `n oergoddelike Gees gesê wat homself ongeveer op dieselfde manier in die siel bevind as die siel in die liggaam, en dat hierdie Gees as skepper van die mens in die oneindige en ewige, omdat hy self identies is, heeltemal tuis is in hierdie begrippe, en alles deurdring met sy ewige lig en sy ewige lewe. Nou, dit klink wel baie wys en ook baie geheimsinnig - iets wat nog altyd eie was aan alle teosowe, wyses, priesters en towenaars, maar wat egter origens hier glad nie ter sake is nie; - maar waar en hoe kan `n mens homself met hierdie gees van hom in verbinding stel op so `n manier dat hy goed en duidelik daarvan bewus is, sodat hy met hierdie gees kan saamwerk, sodat hy daardeur `n volmaakte goddelik-geestelike mens kan word, alles helder kan insien en verstaan, en met die mag van sy oerwil `n ware heerser en meester van die hele natuur word? Dit, goeie Heer, is `n heel ander vraag!

[5] Ek sal groot agting hê vir die een wat my op hierdie vraag suiwer en waar sal kan beantwoord en dat dit terselfdertyd vrugte kan dra vir die lewe. Maar met die bekende geheimsinnige, niksseggende frases moet hy nie by my aankom nie; want daarmee het niemand nog ooit iets goed en waar geleer nie, en dit is presies die rede waarom die hele mensdom in haar geestelike intelligensie nooit verder en hoër kon kom nie, maar net steeds verder laer gesak het. Daarom moet elkeen wat sy medemens iets hoër wil leer, duidelik en verstaanbaar praat, anders doen hy baie beter om te swyg. Wie `n towenaar is en wonderlike dinge tot stand kan bring, laat dit tot vermaak van die onwetende mensdom so mistiek en geheimsinnig doen soos wat hy maar kan; want dan is dit op sy plek, en berokken niemand skade nie. Wanneer `n towenaar egter leerlinge in sy vak wil oplei wat mettertyd dieselfde moet presteer soos wat hy self presteer, moet hy alle geheimsinnigheid ter syde stel en in die plek daarvan hom by die suiwer en onverbloemde waarheid hou.

[6] Waarom het Plato en Socrates so min praktiese navolgers gevind? Omdat hulle mistici was en hulleself sekerlik nie verstaan het nie en sou daarom glad nie deur `n ander verstaan word nie! Diogenes en Epikuris het helder en duidelik volgens hul verstand gepraat en daarom ook gou `n groot aantal praktiese leerlinge gevind, en dit vir `n leer wat die mens hier op aarde byna niks aangenaams bied nie, en die mens na sy liggaamlike dood heeltemal laat ophou om te bestaan.

[7] Epikuris was ryk en het die raad gegee om tydens die lewe alles te geniet, omdat alles na die dood verby was. Diogenes wou met sy leer meer algemene nut bereik, omdat hy wel ingesien het dat die leer van Epikuris slegs die rykes geseënd kon maak, maar die armes nog ongelukkiger moes maak. Daarom leer hy die grootste moontlike ontbering en beperking van die menslike behoeftes, en sy aanhang was en is nog die grootste, omdat elke mens hom die vinnigste tot sy duidelik uiteengesette beginsels sonder enige geheimsinnigheid kon toetree.

[8] Aristoteles word baie bewonder vanweë sy kragtige en kernagtige manier van praat en was `n groot filosoof. Maar sy aantal leerlinge het nooit so baie toegeneem nie, en selfs die weiniges wat daar was, het onophoudelik ondersoek en geredeneer, en hul moontlikheidsteorieë grens ook dikwels aan die belaglike; want wat vir hulle ook maar op een of ander manier logies en moontlik gelyk het, kon volgens hulle onder bepaalde omstandighede ook fisiek moontlik wees. Werklik, vir towenaars `n baie bruikbare leer, en hiermee loop die Essene al baie lank, ofskoon hulle vir hulleself en in die persoonlike sfeer epikuriste* is wat ook deels sinies is! * (epikuris - `n Genotsugtige mens. 2. Wellusteling, genotsoeker, lekkerbek. 3. Iem. met `n fyn smaak vir kuns, voedsel, drank)

[9] Maar waar bevind die groot waarheid van die lewe homself, wat met sy verloop tog so menige oomblikke bevat het wat maak dat die mens hom in elk geval die vraag sou wil stel: Sou dit in alle erns `n grillige spel wees van die wispelturig heersende toeval? Sou die oorsaak as voortbrengende en geordende beginsel dan dommer kan wees as sy werke, of kan `n volkome dooie en blinde krag `n selfbewuste en volwasse denkende wese vorm?

[10] Die mistici neem `n almagtige en hoogs wyse God aan, en miljoene vra: “Waar is Hy en hoe sien Hy daar uit?” Maar op hierdie vraag volg daar nêrens `n haalbare antwoord nie. Maar die mense behep hulle dan baie gou met die poësie en opeens wemel dit van groot en klein gode op aarde en die trae en denkskuwe mense glo aan hulle, en so `n geloof is byna die dubbele dood van die mens; want dit maak hom fisiek en moreel lui, traag, passief en daarom dood.

[11] Maar wie `n egte wyse is, moet openlik vorendag kom met die kern van die waarheid by die mense, en hulle duidelik die oerfondament en die doel van hul bestaan laat sien, dan sal hy daardeur vir alle tye van die tye `n ewige gedenkteken in die harte van miljoene mense oprig; want `n goeie mens sal die suiwer waarheid altyd in die hoogste graad welkom heet.

[12] Beste vriend, U wil, soos dit blyk, `n suiwer waarheidsleraar wees, en aan bekwaamhede daartoe lyk dit U ook nie te ontbreek nie; beantwoord daarom vir my hierdie vrae wat, vir sover ek weet, tot nou toe nog geen enkele mens voldoende helder, duidelik en waar beantwoord het nie, en dit sal `n buitengewone verkwikking wees vir ons hart! Maar kom nie met `n halwe antwoord nie; want daaraan het ons absoluut geen gebrek nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205