Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 271

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Oor beskeidenheid, sagmoedigheid en nederigheid. Die goue middeweg

271 Een van hulle sê toe: “O Majesteit en Heer! Sien U, wanneer iemand se gemoed vol is van duisend maal duisend gedagtes oor U, oor U dade en U leer en mens in homself nog lank nie volledig tot `n heldere rus kan kom nie, dan is dit moeilik om te praat, omdat mens in die geheel nie weet waar mens moet begin en waar om op te hou nie! En dan kom dit ook nog daarby dat U Self hier aanwesig is, en U seker elke gedagte van ons ken, voordat dit in ons opgekom het, en ons daarvan bewus geraak het. Hoe kan ons dan in U persoonlike aanwesigheid praat en waaroor moet ons dan praat? Ja, wanneer U nog iets hier wil sê, sou ons wel graag na U wou luister, hoe lank U ook sou wil spreek; maar wanneer ons nou sou praat, sou dit wel baie baie maer daar uitsien!”

[2] EK sê: “Luister! Beskeidenheid is `n mooi deug en `n mens kan die mense hierdie deug maar net baie aanbeveel; maar wanneer mens te beskeie is, is dit dikwels onverstandig, omdat mens deur `n te groot beskeidenheid sy naaste daartoe bring om sy kwaliteite, al is dit hoe goed, te oorskat en mens hom selfs hoogmoedig maak wat nie bepaald goed, maar in teendeel baie verkeerd is. By My kan dit teenoor julle natuurlik nooit die geval wees nie, maar by ander mense waarmee julle te make het, baie maklik.

[3] Sien, die dikwels te groot beskeidenheid van die origens baie eerlike mense teenoor diegene met besondere talente en kwaliteite, en hierdie te vorstelik bewondering en verering wat aan hulle betoon word, het van hulle konings uieindelik hoogmoedige tiranne gemaak, asook baie hoogmoedige priesters! Daarom moet julle ook, wat betref die deugde soos nederigheid, sagmoedigheid en beskeidenheid, altyd die goue middeweg in ag neem, want anders sal julle, ook al is julle nou hoe vry, met verloop van tyd in julle midde self sulke mense kweek wat julle dan met alle hardheid sal behandel, en dan sal julle sug onder hulle swaar las.

[4] Ek weet wel dat My dade en My woorde julle die moed ontneem het om in My teenwoordigheid iets te sê; maar dit is tog nie so belangrik soos die feit dat julle in julle harte glo dat Ek die Een is wat uit God, deur die mond van die profete, beloof was, eerste aan die Judeërs en deur hulle aan al die volke van die aarde.

[5] Wanneer julle dit egter intens glo en inderdaad My leer en My eenvoudige gebooie in ag neem, dan sal julle ook My Gees opneem, en daardeur nog groter werke doen as wat Ek nou vir julle gedoen het; want wanneer julle kinders van één en dieselfde Vader in die hemel is, is julle ook erfgename van Sy volmaaktheid, waartoe julle geroep is. Julle kan dan ook handel en dade verrig waartoe hierdie leerlinge van My nou ook reeds in staat is, indien dit nodig sou wees. Noudat julle dit weet, kan julle ook sonder vrees en verleentheid met My, en ook met hierdie leerlinge praat.

[6] Want as dit nie kan gebeur nie, dan het Ek sekerlik geen leerlinge by My gehad nie, sodat hierdie selfs volkome sou gewees  het soos die Vader in die hemel, en in My volkome is; want Ek het tog seker geen mens nodig as dienaar nie, omdat Ekself alle mense kan dien en dit ook altyd doen. En as Ek wou gehad het dat al die wesens My moes dien, dan hoef Ek dit maar te wil en dan staan daar binne één enkele oomblik tallose skares van die magtigste engele tot My beskikking, wat My op My wenke sou bedien. En hieruit kan julle al onfeilbaar die gevolgtrekking maak dat Ek maar net leerlinge vir My geneem het, sodat hulle van My alles sal leer wat Ekself kan, en dat Ek ook om hierdie selfde rede na julle toe gekom het. - Sê My nou, of julle nou nog nie durf praat in My teenwoordigheid nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205