Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 234

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Jesus in die buurt van Kapernaum. Evangelie van Matthéüs. Hoofstuk 17.

Die verheerliking van Die Heer op die berg Tabor. Evangelie van Matthéüs. 17:1-2

234 Op die sesde, eintlik sewende dag sê EK aan die leerlinge: “Ons het nou ses dae eerlik gewerk en `n goeie oes gehad, ook in die onvrugbare gebied. Nou is dit tyd dat ons weer verder gaan; want elders is nog baie velde en woestyne wat braak lê wat ons sal bebou, seën en vrugbaar maak.

[2] Maar voordat ons van hier af sal weggaan, moet julle hier wag totdat Ek met Petrus, Johannes en Jakobus weer hier na julle toe sal terugkom vanaf hierdie hoë berg, aan die voet waarvan ons nou staan, en wat Ek dadelik met die drie genoemde leerlinge sal klim!”

[3] Diegene wat moes agterbly vra My toe waarom hulle nie ook saam op die berg mag gaan nie.

[4] En EK sê: “Omdat Ek dit nou so wil!”

[5] Toe word hulle stil en niemand durf My iets meer vra nie.

[6] Net ASIONA sê by homself: “Die hoogste berg is die een hier wat juis voor ons lê; maar vanweë sy steil hellings is hy ontsettend moeilik om te klim!”

[7] EK sê: “Glo My dat geen enkele berg vir My te steil is en geen enkele ooit te hoog nie! Oor `n paar uur kom ons weer terug hierheen, sorg jy dat daar `n middagete gereed staan!”

[8] Hierop neem Ek die drie genoemde leerlinge saam met My en ons vertrek. (Matthéüs. 17:1) Aan één kant was die berg goed te klim en binne enkele ure bereik ons die hoogste top; vanweë sy hoogte sou die berg egter deur gewone bergklimmers eers binne twaalf of dertien uur geklim kon word, daarom was hierdie bergklim van ons ook `n soort wonderwerk.

[9] Nou was ons op die hoogste top waarvandaan `n mens byna die hele Galilea, Judea en Palestina kon beskou, ook `n gedeelte van die egte, groot see. Toe die drie leerlinge so van pure verrukking oor die indrukwekkende, heerlike uitsig gewoonweg straal van geluk, en My met hulle hele siel dank vir die grootse glansryke genot, word ook Ek dermate verglans dat My gesig straal soos die son, en My klere so blinkend wit word soos vars sneeu wat deur die son beskyn word. (Matthéüs. 17:2) Die drie leerlinge was stomgeslaan en kon van verbasing nouliks `n woord uitbring.

[10] Eers na `n kort rukkie verneem PETRUS NAMENS hulle en sê: “Heer, is ons nou al in die hemel of slegs in die paradys? Dit is asof ek baie sag fluisterende engelestemme om my heen hoor?'

[11] EK sê: “Nóg in die hemel, nóg in die paradys in specie*, maar baie eenvoudig en natuurlik op die aarde! Maar deurdat ons sowel die hemel asook die paradys deur die Krag van God se Woord in ons het, omdat dit waarheid en goedheid bevat, is ons ook daadwerklik tegelyk in die hemel en in die paradys. Dit is dan ook wat julle gemoed laat straal, en omdat julle in julle gemoed vir My straal, straal ook Ek selfs na buite toe voor julle oë, sodat julle inderdaad gewaar kan word dat julle tegelykertyd in die paradys en in die hemel is, omdat julle innerlik vol is van die waarheid van die geloof, en daardeur van die goedheid van die liefde; want die egte hemel en die ware paradys bestaan slegs daaruit dat julle in My moet glo en dit doen wat Ek julle leer, en My ten slotte in julle dade met julle hele hart moet liefhê, en so die ware ryk van God in julleself het, sonder dat dit êrens anders op enige plek bestaan. As dit egter eenmaal in julle in die besonder bestaan, is dit ook orals in die hele oneindigheid te vinde, en waar julle julleself ookal mag bevind, hier op aarde of in die maan of op een van die talle sterre wat net hemelliggame is, is julle deur julle salige broers omgewe, ook al kan julle hulle nie met julle liggaamlike oë sien nie, vanweë julle liggame.” *(in die besonder)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205