Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 189

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die vrae oor die Messias

189 HIRAM sê: 'Dit is nou heeltemal in orde en ons het nou niks meer teen jou in te bring nie; want nou glo ons jou, omdat jy sekerlik alleen weet en duidelik genoeg kan verstaan dat dit so is en nie anders nie. Ons kon dit natuurlik nóg ingesien en nóg verstaan het, omdat ons niks van die tallose talle vreemde hemelliggame en nog minder van die wese van hul hoogs raaiselagtige bewoners af weet nie, hoe hulle is, hoe hulle daaruit sien, en watter gees hulle besiel. Maar ek is wel van mening dat `n paar beter mense van hierdie aarde, nog tydens hul aardse lewe hieroor berig van bo sou moes kry, om hulle dan teen sulke mense te kan verweer en bewapen!"

[2] JOHANNES sê: 'Luister! Sulke mense was daar nog altyd op aarde gewees, en hulle het dit en vergelykbare sake deur allerlei simboliese beelde aan die mense van hierdie aarde bekend gemaak - in die Hooglied van Salomo kom dergelike aanduidings meermale voor; maar die mense, respektiewelik hul siele, het hul blik te veel na buite op die materie van die wêreld gerig en so hul gees aan die ander kant die rug toegekeer, daarom kon hulle van die hoogste en suiwer geestelike dinge ook niks meer verstaan en vat nie. Juis daarom het ons nou in hierdie wêreld gekom om siele wat deur hul hoogste eie skuld verwaarloos is, weer op te rig en hul die korrekte weg te toon na hul geestelike en ewige lewensverlossing.

[3] In die toekoms, na ons, sal dit alles deur die heilige Gees van God aan duisende maal duisend nog duideliker geopenbaar word as wat ek dit nou aan julle kon openbaar. Maar as die Gees van God dan ook oor julle sal kom, sal hy julle in alle dieptes van Sy oergoddelike Wysheid binnelei, en dan eers sal julle ook volkome duidelik insien wat julle nou nog maar `n bietjie begin te glo. Tot daardie tyd moet julle glo en soek in die skrifte en ook in die hele natuur; dit sal julle sê dat dit so is en nie anders nie! Die volle diepte sal julle egter, soos wat gesê is, eers later volledig insien. Het julle nou nog iets daarteen in te bring?"

[4] HIRAM sê: 'Nee, my edelste en wyse vriend! Daar bestaan by ons nou absoluut geen twyfel meer oor hierdie dinge nie! Maar nou is ons al byna aan die einde van hierdie pragtige dag en het oor heelwat dinge gepraat, en ek sou julle tog nog graag één ding wou vra. Ek is weliswaar net `n suiwer Griek, maar desondanks het ek my met verloop van tyd al heelwat van die Judeërdom my eie gemaak, wat my baie amuseer, by name hul bewering oor `n Messias wat niks minder as die hoogste Elohimswese Self sou wees nie. Hy sou hulle almal natuurlik onmiddellik onsterflik maak en in Jerusalem verblyf hê as hul ewige onoorwinlike koning en vandaar dadelik die hele wêreld en tegelyk natuurlik ook die hele ewige oneindigheid beheers.

[5] Mense lag ons nou al byna orals uit vanweë ons mitiese godeleer en maak dit as die reinste onsin uit; maar wat kan `n mens dan nie oor die Judeërs sê vanweë hul Messias nie? Goeie hemel! So `n grenslose domheid en verwarring van die menslike gees het ek werklik nog nooit êrens in die hele wêreld wat ek bereis het, teëgekom nie! Vertel my wat se flou onsin steek daaragter! Dit is tog werklik ontsettende grootdoenery, veral van die vooraanstaande Judeërs ten opsigte van ons Grieke en Romeine, en hulle verheug hul al daaroor dat hul Zeus ons uit hulle land uit sal drywe met `n vreeslike vlammende swaard, waaruit met elke goed gerigte slag, minstens honderdduisend vernietigende bliksems oor alle heidene in die rondte sal spat! Wel, dit is tog `n bietjie kras! Wat sê jy self, as Judeër, van hierdie ou dwase Judeërgrappie?"

[6] JOHANNES sê: 'Daar sit wel `n kern van waarheid in wat jy as egte Griek miskien nie sou kon dink nie; en miskien bevind hy hom nader aan jou as wat jy enigsins sou kon vermoed! Maar op die manier, waarop jy dit uit die mond van die Judeërs verneem het, is dit natuurlik duidelik iets geweldig belaglik, waarin maar geen enkele vonkie van skynbare waarheid skuil nie! Maar wat die Judeërs/Jode op hul hoogs dom manier verwag en later nog tot aan die einde van die wêreld tevergeefs sal verwag, is reeds lank, verborge vir hul blinde oë en dowe ore, aanwesig, maar nie om vir die Judeërs hoogs lastige heidene te verdrywe nie, maar juis omgekeerd: Die Judeërs sal uit die land verdrywe word en aan die heidene sal God se Woord vir altyd gegee word! Maar oor die onderwerp sal ons later `n baie belangrike gesprek begin; nou gaan ons vir `n aandmaaltyd en `n plek vir die nag sorg! Want ons bly môre ook nog hier, en dan miskien nog `n paar dae, en dan kan ons nog heelwat bespreek."

[7] BEIDE sê, baie verheug oor hierdie toesegging: 'Daar sal onmiddellik deur elkeen van ons so goed moontlik vir alles gesorg word!"

[8] Hiermee vertrek beide baie opgewek en Ek prys My leerling vir sy onvermoeibare volhouding en vir sy waarlike baie groot geduld.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205