Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 230

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die weg na verlossing

230 DIE MEESTER: “Hieruit sien julle dat selfs God, as Hy nie uit Homself die groot teenpool, wat vir julle begrippe eindeloos is, teenoor Hom geplaas sou gehad het nie, geen materiële skepping, bestaande uit Homself, kon laat voortkom en kon plaas nie, omdat die groot teenpool nou juis die skepping self is. Hierdie kan dus nie anders as geoordeel en so goed as dood en bestendig wees nie, as hy wil beantwoord aan die doel wat deur die Skepper self daargestel is. En omdat hulle is wat en hoe hulle is, is hulle ook goed teenoor God. Haar uitwerking is net sleg teenoor die mense, omdat hulle wat hulle siel en gedeeltelik selfs wat hulle vlees aanbetref, die bestemming het om hulle, as uit die dood opgewekte wesens, vir ewig deur die suiwer positiewe Gees van God te verenig met God, sonder om daardeur ooit weer hul absolute vryheid en selfstandigheid te verloor.

[2] Nou kom die belangrikste van alle lewensvrae natuurlik vanself op en dit lui: Wat moet `n mens derhalwe doen en in ag neem om sy siel te behoed van die terugtree in die ou oordeel van die materie wat dood is?

[3] Hy moet hom presies hou by die tien gebooie wat deur Moses aan die mense gegee is, en dit bestaan saamgevat daaruit, dat mens ten eerste vas glo aan `n waaragtige God, Hom bo alles uit alle mag liefhet, sy broers en susters egter gelyk aan homself en in geval van nood selfs meer!

[4] Feitlik in hierdie twee gebooie lê dan ook die hele Wet van Moses, asook alle profete wat terwille van `n beter begrip niks anders as net dit wat met baie woorde onderrig was.

[5] Wie dit sal doen, sal verseker sy hart en daarmee ook sy siel behoed van alle hoogmoed, hardheid, toorn, haat, selfsug, afguns, gierigheid, hebsug, heerssug, `n wêreldse luukse lewe, en liefde vir die wêreldse, en dan sal sy maklik binnetree in die lewenspool van God se Gees; want die liefde tot God vervul juis die hele mens met God se Lewensgees, en die naasteliefde beliggaam en veranker dit in die siel, waardeur sy dan noodsaaklik in alles identies word met God Self deur die liefdesgees van God in haar.

[6] En as hulle identies is met God, dan sal hulle ook identies wees met die nou bekendgemaakte positiewe lewenspool in God, en sal met Hom heers oor alle materie, waardeur hulle onmoontlik ooit meer gevang en verslind sal kan word nie.

[7] Wie dit sal opvolg, sal ook, wat Ek julle nou baie duidelik getoon het, oes en ewig in steeds toenemende mate behou. Sê nou, My beste Epifanus, hoe het jy dit verstaan en opgeneem!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205