Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 182

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die vormende krag van die menslike siel in die droom

182 JOHANNES begin soos volg te praat: 'My vriend Hiram! Jy het vannag jou sogenaamde ligdroom gehad en jy sê dat jy ons almal reeds met die skip hier sien inkom het, en soos wat jy hier uit eie beweging self persoonlik toegegee het, was ons dieselfde as hulle wat jy in jou ligdroom gesien het. Verklaar my nou hoe dit moontlik was volgens jou wysheid, wat in haar soort geensins gering te skat is nie! Want as ons maar net liggame en geen siele sou gehad het nie, wat ten slotte tog ook sonder `n liggaam sou kon voortlewe, hoe kon ons onsself dan as siele aan jou tydens jou liggaamlike slaap met jou ewe-eens wakker en werksame siel toon, terwyl ons liggame hulleself in die tyd nog ruimskoots in die streek bo Césarea bevind het?" 

[2] HIRAM sê: 'Ja, baie goed! Maar as dit in alle erns julle siele was wat vry van hulle liggame reeds vantevore in hierdie baai rondgevlieg het, dan sou ek ook eers wil weet of julle skip dalk ook `n siel het! Kyk vriend, nou is ons weer by die ou, enigsins omstrede punt, waaroor my vriend Asiona reeds vroeër opheldering wou gehad het, maar deur jou tot geduld gemaan was. Maar nou is ek baie nuuskierig oor hoe jy hierdie baie netelige vraag sal kan beantwoord!"

[3] Hier neem JOHANNES die kruik en sê: 'Vriend, jy het dors, ek sien dit aan jou! Hier, drink eers, dan sal ons verder praat!"

[4] HIRAM sê: ‘Is dit dalk so `n Indiese toordrank, waarvan mens bedwelmd raak en dan op alle dwaashede van die mense ingaan?'

[5] JOHANNES sê: 'Langs jou staan Asiona, vra hom of die `n toordrank uit Indië is!"

[6] ASIONA sê onmiddellik: 'Drink maar, jy sal daarna baie aangenaam voel!"

[7] HIRAM sê: 'Op jou verantwoordelikheid, broer?' Daarop neem Hiram die kruik en neem daar enkele kragtige, volle teue uit, omdat hy ook `n baie kragtige, sterk man was. Toe hy sy dors geles het, sê hy baie verbaas vir Asiona: 'Ag, kyk eers! Uit watter bron het jy hierdie heerlike water geput?"

[8] ASIONA sê: 'Dit het ek jou al by jou hut vertel! Dit is dieselfde water wat deur hierdie wonderbaarlike vriende in wyn verander is, vanuit my bron wat jou tog baie bekend is!"

[9] HIRAM sê: 'Werklik, hierdie kuns sou ek ook graag wou bemeester; want so `n drank sou die verganklike lewe van mense soos ons, af en toe tog `n bietjie aangenamer kon maak. Waarlik, dit is nog die allerbeste wyn wat ooit oor my lippe gekom het. Vanweë sulke wyn sou `n mens wel `n paar duisend jaar kon lewe sonder om genoeg daarvan te kry! Laat my nog eers `n paar slukke neem!"

[10] Asiona gee HIRAM die kruik en hy neem nog `n paar stewige teue, bedank toe vir Johannes en sê: 'Dit, beste vriend, het werklik baie goed gegaan; maar of dit jou nou met die bewys van die siel van die skip ook so goed sal gaan, is `n ander vraag!"

[11] JOHANNES sê: 'Beste vriend, dit is nog baie makliker! Maar eers moet jy weet dat elke siel wat geestelik reeds volmaak en nou verbonde is met God se Gees, ook `n bietjie almagtig is en daarom baie maklik in één enkele oomblik so `n skip kan skep as `n produk van sy skeppende vermoë, en wat ook soos wat dit in werklikheid bestaan, aan `n vreemde siel kan toon as dit nodig is. En sien, dit was dan ook in die afgelope nag die geval, en daarom het jy as siel dan ook `n skip kon sien wat ons gedra het, sonder dat ons skip `n siel daarvoor nodig gehad het. Jy sê ons was ook gekleed, soos wat ons nou voor julle in die natuur te sien is; dan sou ons klere immers ook `n siel moet hê! Maar hierdie was in `n sekere sin slegs `n tydelike, skeppende produk van die siel wat in noue verbinding staan met God se Gees.

[12] Jy het ons dus, soos wat ons is, duidelik in jou droom met die geestelike oë van jou siel gesien, en ons weet goed dat jy, as die hardnekkigste wat jou geloof aanbetref, ons sou moes sien, en ons wou dit so gehad het, om vooraf al iets te hê waardeur jou oë al `n bietjie geopen sou kon word; want as ons nooit op die wêreld, of selfs glad nie bestaan het nie, waarlik, dan sou jy ons nooit in `n droom te siene gekry het nie, al was dit hoe helder! Maar omdat ons hier is, en wat ons gees betref, in God al van ewigheid af bestaan, was dit ook nie moeilik vir ons om jou siel ten behoewe van iets wat lank reeds voorsien was, in hierdie droomnag vir enkele oomblikke uit haar liggaam op te wek nie, sodat dit wat daar sou gaan gebeur in die groot lig wat vantevore gesien kon word, bewaarheid word. Kan jy dit ook `n spel van die groot natuur noem?"

[13] HIRAM sê: 'Beste vriend, jy moet my nie kwalik neem as ek gewoonlik praat soos wat ek dink nie! Kyk, dat jy op jou manier `n groot wyse en `n meester van die woord is, het ek al by jou eerste woorde ontdek! Met jou redenaarstalent is dit nie moeilik om van `n beer `n wolf te maak nie, soos wat die spreekwoord by ons is.

[14] Ek het jou die droom wat ek werklik gehad het, nou eenmaal baie eerlik en openlik vertel en dit is vir jou nou maklik om daarvan te maak wat jy wil. Weet jy, om agteraf profeet te speel is werklik nie so `n groot kuns nie; want iemand wat goed kan redeneer kan alle omstandighede baie geraffineerd gebruik en daaruit somaar, soos wat mens dit sê - uit die vuis weg `n idee konstrueer wat as sodanig niks te wense sal oorlaat nie. Ligsinnige mense, met weinig denkvermoë en weinig ervaring, sou hier reeds uitgepraat gewees het en stilgebly het; maar die koel, rustige verstand van `n man met baie ervaring sonder enige gedrewenheid en vrees, het meer nodig as maar net `n voortreflike redeneerkuns van `n jong en verder seker ook deeglike en talentvolle persoon.

[15] Eerlik gesê, jy moet my droom glad nie verwerp nie en dit is die moeite werd om dieper daaroor na te dink; maar ek sal iets uit my talle ervaringe en kennis daarteenoor stel. As jy my daarvoor `n bevredigende verklaring kan gee, dan sal ons spoedig met almal sake kan doen!"

[16] JOHANNES sê: 'Wag vriend, om jou beter te kan oortuig van die innerlike geestelike lewenskrag van die siel in die menseliggaam, sal ek, deur uit jou siel te put, jou nou haarfyn weergee wat jy my nou wou vertel as teenbewys vir my bewering en volgens jou mening, jou moeilike visioen te verklaar! Vir elke onware woord kan jy my dadelik `n flinke oorveeg gee!"

[17] HIRAM sê: 'Vertel dit! Ek is hoogs nuuskierig daarvoor, maar sonder die deur jou verlangde oorveeg by `n onwaarheid; want al sulke regverdige teregwysinge is vir ons vreemd en was nooit ons eie gewees nie, behalwe in gevalle van uiterste noodweer. Vertel my dus rustig en onbekommerd wat jy weet van my geheime ervaringe en belewenisse!’


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205