Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 66

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Raad en toespraak van die Heer, gerig aan die Essene

66 (RUBAN:) “Maar wat moet ons met ons instituut van leuens en bedrog doen?”

[2] Ek sê: “Dit vervul met liefde en waarheid en glo in My Naam en handel volgens My leer! Want as julle dit in volle erns sal doen, dan sal julle nie meer met bedrog en leuens nie, maar met alle waarheid en egte liefde diensbaar kan wees aan die wêreld; maar alle instrumente vir die bedrieglike magie moet deur julle verwerp word. En is daar die een en ander by wat in sigself goed is - soos elektrofore (elektrisiteitsopwekkers - toestelle om die elektrisiteit wat daarin opgewek word, lank te bewaar) en nog meer dergelike masjiene, - wanneer, op natuurlike wyse gebruik, nuttig blyk te wees, maak daarvan dan geen verkeerde nie, maar `n ware gebruik, wat beantwoord aan die natuur van die saak en onderrig die volk wat dit is en hoe die masjien, natuurkundig gesien, werk, hoe dit gebou is, dan sal julle daarmee waarlik baie goed kan bewerkstellig!

[3] Let nooit op die oordeel van die wêreld nie; want die wêreld is en bly erg en boosaardig; - leuens, bedrog en hoogmoed is haar hoofelemente!

[4] Ek sê aan julle, dat julle in My Naam berge sal kan versit en nog groter dinge kan doen as wat Ek Self nou doen; maar nooit mag die gedagte in julle opkom dat julle iets sou gedoen het vanuit julle krag en mag nie; want dit bestaan nie op hierdie wêreld nie! Net deur die Krag van God se Gees sal alle dinge vir julle moontlik wees wat vir die mense van nut kan wees!

[5] Alle krag sal eie wees aan `n gemoed wat waarlik aan God toegewy is en dit solank iemand daarby nie oordryf nie. Aanvaar iemand egter vir eie belang daarvoor egter eer en geld, dan sal hy oombliklik die eienskap wat God se Gees aan hom verleen het, volledig verloor!

[6] Niks moet julle méér vermy as die rykdom van die wêreld nie en diegene wat hierdie rykdom vereer; want daar bestaan op die hele wêreld geen slegter mens as die een wat na aardse skatte hunker en suinig is nie; want so iemand vervloek inderdaad die liefde en alle waarheid van die hart, wat uit God kom.

[7] Wanneer sulke mense na julle toe kom, wys hulle dan die deur en maak dit aan hulle duidelik dat God se Woord en Sy krag nooit as nuttelose voer aan die weerbarstige aardse varke voorgesit moet word nie! Julle moet hulle hierom weliswaar nie vervloek nie en ook nie verwens nie, want aan God se Gees kom toe alle toorn en alle wraak! - Maar hulle word alreeds voldoende gestraf deurdat hulle met beslistheid die deur gewys word en julle vriendskap van hulle weerhou word!

[8] As sulke mense na julle kom wanneer onheil hulle oorgekom het, gee aan hulle dan geen gehoor nie; want hulp sal hulle harte nie beter maak nie, - inteendeel: hulle sal daarna nog versigtiger en slimmer handel vir hul goudsakke. Hulle sal julle egter uitlag en bespot en julle hulp as leë grootpratery verklaar en julle uitskel vir luie praters en bedrieërs! Julle moet julle nie daarmee inlaat nie; want God se krag, wat deur julle werk, moet net in woorde en dade diegene ten goede kom wat hulle dit waardig gemaak het in die volle nederigheid van hul harte!

 

[9] Sodat julle egter weet wat julle voortaan alles in My Naam moet weet en kan doen, moet julle na daardie jongeling daar gaan; hy sal julle `n boek gee waarin julle al die nodige sal vind! - En nou moet Roclus nog na My toe kom; want Ek het nog die een en ander met hom te bespreek! Gaan na hom toe en vertel hom dat Ek dit so wil!”

[10] Roclus het weliswaar `n baie suur gesig getrek toe Ruban My uitgesproke wens aan hom meegedeel het. Maar hy het nogtans gegaan, na My gekom en baie diep voor My gebuig.

[11] EK het hom heel vriendelik aangekyk en het op vraende toon aan hom gesê: “Wel, My skerpsinnige vriend, wat dink jy nou oor My? Wat vind jou skerp verstand van My en wat voel daarnaas jou hart? Jy het immers vroeër aan die jongeling bekendgemaak, toe jy nog na My op soek was, dat Ek `n egte God is, dat jy My ook sonder om My persoonlik te ken, liefhet en steeds sterker die lewensdrang in jou waarneem om jou knieë voor My te buig en My selfs ernstig as `n ware God te aanbid!

[12] Nou ken jy My persoonlik en sal jy ook nie daaraan twyfel dat Ek die beroemde Nasaréner - soos wat jy My noem - volledig volgens waarheid is. Maar jou knieë het jy nog nie voor My gebuig nie - wat Ek ook nooit van jou sou verlang het nie, - en jou hart blyk nog heel weinig liefde vir My te voel. Waarom het jy, groot waarheidsvriend, dit dan aan die jongeling gesê, as dit nie waar is nie?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205