Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 203

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Hiram se voorstelling van die Messias

203 Hiram: “Ja, `n ware Messias van die volke sou `n suiwer leer wees, waardeur die mense hulleself, wat hul hele wese aanbetref, sou leer ken en daardeur dan ook God as die Opperwyse, almagtige en liefdevolste grondslag van alles wat is; en dit dan ook bo alles moet poog om hierdie kennis vir hul nakomelinge te behou! En dit is nou juis wat die wêreld altyd weer ondermyn, sodat geen enkele leer, al is hy hoe suiwer, ook maar vyfhonderd jaar suiwer kan bly nie, en wel omrede hulle deur te veel en onsuiwer leringe maar al te gou vertroebel word, en omdat daar by elke nuwe leer, al is dit hoe suiwer en lewenswaar, ook maar al te gou bepaalde oudstes en voorgangers vorm, waaruit `n priesterkaste ontstaan wat geen ploeg en geen graaf meer aanraak nie, maar slegs onderrig gee; daardeur dan ook steeds meer gaan heers en sorgeloos en baie goed wil lewe. Wel, hoe so `n bevoorregte kaste dan die suiwer leer hanteer, sien ons aan die voorbeelde van alle bekende volke en dit sou jammer wees om ook nog maar één woord daaroor te verspil! En so is dit my baie beskeie mening, natuurlik teenoor U Wysheid, dat `n mens soos wat U, of ook hierdie jongman hier, die eintlike egte Messiasse van volke sou kon wees, omdat julle die korrekte lewensware wysheid daarvoor besit en meer as genoeg mag wat hieruit voortvloei.

[2] Maar daarvoor sou menige grootskeepse voorsiening getref moet word. Ten eerste `n sifting van alle mense wat tot op die bodem verdorwe is, en dan ten tweede `n totale vernietiging van alle huidige tempels, skole, gebedshuise, priesters en leraars. Daar mag geen enkele spoor oorbly van die kultuur soos wat dit op hierdie oomblik bestaan nie! Slegs mense soos julle, en hier en daar nog enkele ander, sou moet voortbestaan en veral sorg dra vir die suiwerhou en uitbreiding van - laat ek sê - U leer; dit sal met die grootste sorg moet gebeur, en al die ander wat met hierdie aarde te make het, sou volgens hierdie voorbeeld van ons opsy gesit moet word. Deur so `n ware Messiade sou alle mense mettertyd waaragtig geholpe word. Maar om al die ander te verbeter en te lap is en bly vir die welsyn van die mensdom oor die algemeen `n vrugtelose inspanning.

[3] Ja, daar sal wel hier en daar groot en kleiner gemeenskappe vorm wat U leer sal aanneem, verstaan en ook `n tyd lank suiwer sal hou; maar baie gou sal daar wel, soos wat ons `n paar uur gelede hier gesien het, magtige wêreldse booswigte op hulle afkom en hulle bedorwe maak, of die gemeenskappe sal nuwe leraars en hoeders van hierdie nuwe leer aanstel, waaruit met verloop van die tyd heeltemal dieselfde priesters sal ontwikkel soos wat ons nou duisende orals tegelyk kan sien.

[4] As die aanneem van U leer vrug sal wil dra, dan is dit bowenal nodig dat die menslike gemoed heeltemal afwend van alle materiële wêreldse voordele, wat dit ookal is. As die mense hulle nooit sal wil verhef bo die ploeg, graaf, byl en saag om in hul noodsaaklike lewensbehoeftes te voorsien nie, en aan niks meer waarde sal heg as maar net aan die suiwer geestelike, innerlike lewensontwikkeling nie, dan sou dit kan gaan. Maar waar is dit nou nog moontlik met die huidige wêreldkultuur van die mense?! Wie ruim die tallose materiële wêreldse belange uit die weg?

[5] En as U absolute goddelike ware en suiwer leer in so `n ou wêreldse moeras gesaai word, sal ek graag wil sien watter enorme hoeveelheid onkruid daar tussen die edelste opslag van U gesaaide leersaad sal opskiet! By ons, ja, as ons `n eie land kon gehad het wat afgesluit was en ver verwyderd was van alle ander mense, sou die leer seker die langste suiwer kon bly; maar in die res van die wêreld sou dit waarskynlik nie so goed met haar gaan nie!

[6] Dit is nou, soos gesê, my mening oor die Messias, waarop veral die Judeërs op hul manier tevergeefs hoop. Ek kon my ook behoorlik vergis het; maar omdat, volgens U woord, elke mens sy lewensvervulling slegs kan bereik deur sy persoonlike inset by die bewerk van en rigting gee aan sy innerlike gemoedslewe, het hy ook geen ander Messias nodig as so een soos wat U nou juis is nie, naamlik `n waaragtige en `n, op alle lewensgebiede, deskundige, en veral daardeur `n baie wyse leraar. Al die ander is `n digterlike drogbeeld en bevat net so min `n spoortjie van die waarheid as `n roosstruik vol blomme en dorings, waarvan die vrug so goed as geen vrug is nie, omdat dit die mens geen voeding gee nie, en vir niks anders, of nouliks, geskik is. - Wat is U mening oor hierdie opvattings?”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205