Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 216

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die wonderbaarlike krag van die Woord. Onderwys is beter as wonderwerke doen

216 EK sê: “Beste Epifanus, Ek het jou weliswaar gesê dat beide jou broers jou daaroor `n goeie, ware uitleg sal kan gee; maar omdat jy in volle erns `n seldsame ope gees is, sal Ek jou Self in elk geval `n goeie inleiding daarvoor gee, waarop Hiram en Asiona dan maklik verder kan bou.

[2] Jy sien met jou skerp oë dat Ek, netsoos alle ander mense en ook soos jy, slegs `n baie eenvoudige en ongekompliseerde mens is. Ek eet, drink, gaan geklee soos die Galileërs en spreek met dieselfde woorde as waarmee jy spreek. Daarin kan jy geen verskil tussen My en jou vind nie; maar al vul jy ook, as jy praat, jou woorde met `n rotsvaste wil, dan sal dit tog maar net woorde bly waarop hoogstens met baie moeite ook `n handeling sal volg, maar verseker met `n baie maer effek. En sien, dit is by My hemelhoog anders! Wanneer Ek een van My woorde met My wil vervul of een van My gedagtes, wat eintlik ook enkel woorde van die Gees is, dan moet op die woord, ook sonder dat Ek maar die geringste handeling verrig, die voltooide daad al dadelik volg!

[3] En waartoe Ek met My woord in staat is, dit moet ook elke egte leerling van My self kan doen, omdat sy innerlike ten slotte deur dieselfde Gees gelei word as My innerlike!

[4] En sien, dit is nou iets in My nuwe leer wat in `n dergelike volheid en volmaaktheid vanaf die begin van die wêreld nog nooit onder die mense waargeneem is nie! Kyk maar hier, Ek het geen gereedskap by My en geen geheime salfies en poeiers nie, in My kleed en My mantel is geen sak te vinde nie, en ook by My leerlinge is daar van dit alles geen sprake nie, ja, Ons het en gebruik selfs geen stokke nie en loop altyd kaalvoet!

[5] Alles wat Ons het en besit bestaan derhalwe uit woord en wil, en tog het ons alles en ly geen nood nie, tensy ons self vrywillig nood wil ly om die harde hart van die mense sagter te maak. Wel nou, waarom kan Ek dan alles met My woord en My wil doen, en waarom dan nie jy nie?”

[6] Epifanus sê: “Ja, dit sal baie moeilik vir my wees om U daarop `n korrekte antwoord te gee! Ek het weliswaar al dieselfde van Hiram en Asiona oor U verneem, en het ook die wyn wat U van die water gemaak het, geproe, en dit laat werklik niks te wense oor nie. Nou, as net U met U wil deurdronge woord, sonder enige ander nog so geheime middel, dit tot stand kan bring, en as die “hoe” ook deur U onderrig word, dan moet mens vir U, U leer en U woorde natuurlik wel die grootste respek kry! Want so-iets het volgens my taamlik omvangryke wete nog heeltemal nooit voorgekom nie.

[7] Ek sou nou wel aan U kan sê: “Vriend en Heer, gee my nou `n stukkie van hierdie krag wat leef in U woord, wat deurdring is van U wil!”; maar by my is so-iets altans nie nodig nie, omdat ek my altyd liewer deur helder, wyse en kragtige woorde, as deur tekens laat onderrig. Mag dit egter so wees dat U my `n slag so `n ekstra bewys wil gee, dan sal dit my en ook my bure nie skaad nie. Maar dit moet U slegs as `n versoek beskou en sekerlik nie as een of ander eis nie!”

[8] EK sê: “`n Leer is beter as `n teken; want tekens is dwingend, maar `n leer lei en wek die te verwerfde krag in die mens op, en dit wat die mens self deur sy eie aktiwiteit verwerf het, is eers dan sy waarste en volkome eiendom. Maar by mense soos julle, wat al lankal die stadium van geloofsdwang en die beperkings wat daaraan kleef, verby is, het selfs die geweldigste tekens geen dwingende krag meer nie, omdat hulle vir waarnemers soos julle, nie vroeër dwingende krag kry as wanneer dit deur julle lewensteorie met betrekking tot die “hoe” as oortuigend en duidelik opgeneem is nie. En daarom kan Ek vir jou, ook wel sonder dat dit die gemoed van jou en jou bure skaad, `n proefie daarvan gee.

[9] Maar My tekens wat Ek ter bevestiging van die waarheid van My nuwe leer verrig, moet steeds so wees dat hulle vir die mense, behalwe in morele opsig, ook fisiek van groot voordeel is, en daarom glo Ek vir julle en as te ware in julle dat dit vir julle voortaan van groot nut sal wees as julle, wat nou My baie gewaardeerde nuwe leerlinge is, julleself nie meer in `n so heeltemal onvrugbare gebied sal bevind nie, maar dat hierdie omgewing nou onmiddellik in `n baie vrugbare gebied verander sou word. Is jy, en is ook julle almal dit hiermee eens?”

[10] Epifanus sê: “O Heer, as dit vir U moontlik sou wees, dan sou U waarlik `n buitengewoon verdienstelike teken verrig het! Waarlik, as U daartoe in staat sou wees, dan sou U tog wel duidelik meer wees as alle grootste wyses en Judese profete van die wêreld, ja dan sou U al eintlik in alle erns `n God wees, en U nuwe leer sou dan wel die volle waarheid moet wees! Want as ons nou eers na hierdie ware Dabuora (pik-en nafta-woestyn) kyk, dan sien ons niks anders as naakte rotse tot aan die wolke toe nie; net die voet van hierdie egte pikberg is slegs hier en daar sporadies met `n bietjie struikgewas begroei. Slegs `n enkele bron borrel daarop uit, en daar aan die voet van die steil rotswande vegeteer `n powere sederbos as `n ware heiligdom van die pikgebergte; die res is tot in die verre omtrek naak en kaal soos die oppervlak van die water!

[11] Wel, en dit moet nou deur die magwoord van U wil in `n vrugbare streek van die aarde verander word?! So-iets is vooraf wel `n bietjie moeilik om te glo; maar U het dit in die inleiding van U leer gesê wat, ofskoon dit baie raaiselagtig klink, tog waar moet wees, as ek in aanmerking neem dat U `n man is wat ten eerste te suiwer dink om mense soos ons vir die gek te wil hou, en dit ten tweede hier al `n aantal buitengewone tekens verrig het. Daarom vra ek dit van U, as dit U werklik niks meer sal kos as `n enkele woord van U wil nie?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205