Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 130

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Aanwysings van die Heer vir die uitbreiding van die evangelie

130 DIE MEESTER: 'Laat ons ook veral nie hardop vooruit beweer: 'So en so sal dit gaan!' nie; want as die groot werk moet slaag, dan mag selfs Ek nie `n skerp blik in die toekoms werp nie, sodat daar tussen My en die mense wat deur My geskape is, veral nie die minste tussenin kan kom staan wat ook maar enige invloed sou kon uitoefen op die vrye wil van die mens nie.

[2] Ons, van ons kant af, moet daarom ook niks anders doen as om die mense alleen die volle koms van God se ryk van die suiwer liefde en waarheid te verkondig nie, en slegs as dit nodig is, `n klein wonderwerk daaraan toevoeg, wat hom egter altyd maar net as `n weldaad kenbaar moet maak en nooit as `n straf of selfs as met toorn vervulde wraak nie, selfs dan nie wanneer ons deur die blinde en derhalwe ook sekerlik baie ondankbare mense die grootste ongemak sou verduur nie. As een van julle dit sou doen, dan sou hy in plaas van iets goeds, maar net iets slegs bewerkstellig het en dan sou Ek genoodsaak wees om al My barmhartigheid van hom te onttrek en hom uiteindelik met toorn in My oë aan te sien.

[3] My leer moet dus sonder enige uiterlike en nog minder innerlike dwang aan die mense en volke in die hele wêreld gegee word, en daar mag slegs wonderwerke gedoen word waar die mense ten eerste `n lewendige in die hele hart oortuigende, vaste geloof het, waarin geen enkele uiterlike twyfel meer in sal voorkom nie, en verder baie ervaring en baie kennis besit wat die verskillende dinge betref.

[4] Vir baie lig- en bygelowige mense moet geen wonderwerke gedoen word nie, omdat hulle daardeur dadelik beroof sou word van elke vonk van hul swak vrye wil! En dan sou My nuwe leer uit die hemele vir hulle absoluut nie nuttiger wees as hul ou bygeloof nie; want hulle sou dadelik aan die woorde uit die hemele `n besondere, goddelik-magiese werking gaan toeskryf, dit op hulle laat inwerk, en dit heeltemal passief gaan opstel in alle dinge en omstandighede, en al die handelinge volgens My leer laat soos dit is.

[5] Ja, uiteindelik sou hulle selfs so traag word, soos baie welgestelde Judeërs van vandag, vir wie dit selfs teveel moeite is om self tot God te bid; hulle betaal die Fariseërs en ook ander mense om vir hulle te bid, omdat hulle self te min tyd daarvoor sou hê, en dit ook baie lastig vir hulle is om die talle ellelange gebede vir hulleself uit te murmel.

[6] As dit egter eenmaal so ellendig ver mag kom met hierdie nuwe leer van My, dan kan `n algemene oordeel dit alles na die toestand van die ou waarheid terugbring, soos wat in die tye van Noag, seker nie meer ver is nie.

[7] Leer die mense daarom die suiwerste waarheid en laat alles wat met misterieuse en magiese wonderwerke te make het, totaal daarbuite, omdat alles anders tevergeefs sou wees! Want as iemand sy handeling volgens sy vrye wil agterweë gaan laat en tot `n soort vrome traagheid oorgaan, dan hou hy immers op om `n mens te wees; dan is sy waarde minder as die van `n dier, en is hy te vergelyk met `n onvrugbare en wilde struikgewas, wat onder inwerking van buite af, van die lig van die son en haar warmte, slegs as wilde gewas sonder vrug vegeteer en byna tot geen enkele noodsaaklike selfwerksaamheid meer in staat is nie.

[8] By sulke mense verkoel die liefde dan ook, en die arme naaste het vir hulle uiteindelik niks anders geword as `n lastige vlieg nie, wat hulle steur in hul wêreldse slaap vol behaaglikheid. En wat die liefde tot God betref, daar betaal hulle dan vir allerlei offers en gebede. Sê my, hoe sien dit in die hart van sulke mense dan daaruit met die ryk van God?! Ek sê nie dat hierdie toestand later by mense wat deel het aan My leer, sonder meer sal gebeur nie, soos wat nou by die Fariseërs en Judeërs die geval is nie; maar dit kan gebeur, en dit binne nie eers so `n lang tyd nie, wanneer julle as diegene wat hierdie leer sal uitdra, nie verstandig genoeg te werk sal gaan nie.

[9] Want Ek maak julle immers nie gebonde nie, maar tot vrye bodes ter verkondiging van die ryk van God op hierdie aarde. Wel sal julle altyd van My `n aanwysing kry wat julle hier of daar moet doen of sê, maar julle sal nooit met julle wil daartoe gedwing word nie, omdat julle vir alles ook My liewe en nou allereerste kinders is!

[10] Ek sal nóg aan julle, nóg aan iemand anders ooit My wil, wat met My Wysheid ooreenstem, opdring nie, maar dit slegs te kenne gee deur woorde en deur raad; dan moet julle dit eers self deur julle eie wil en deur dade jul eie maak, en wel deur allerlei selfverloëning in die verskillende dinge van hierdie wêreld.

[11] Want julle weet nou immers dat die hele wêreld en haar veelsoortige materie daar vanweë die gees is, en die gees ewiglik nie ter wille van die materie nie; en daarom sou dit dan ook uiters dom van julle wees wanneer julle vir die materie sou kies, noudat julle al vir meer as die helfte van julle bestaan mense is wat in die gees oorgegaan het. Maar julle sal absoluut nie op een of ander manier deur My gedwing word om volledig vir die gees te kies nie; want elke beslissing is en bly die hoogste eie saak van elke mens self, omdat sy ewige lewe juis daarvan afhang.

[12] Kennis en geloof alleen, ook al is dit sonder enige twyfel, help niemand verder nie, maar slegs die handeling in ooreenstemming hiermee! Daarom moet julle ook die mense, wat voortaan deur julle die waarheid van My sal leer ken, veral daartoe aanpor om daarvolgens te handel; want as dit nie gebeur nie, kan die beloftes wat My leer bevat, ook nooit in vervulling gaan nie, soos wat iemand nooit in Damaskus sal aankom, wanneer hy die weg daarheen wel goed ken en ook vas en oortuig glo dat die welbekende weg byna regstreeks na Damaskus voer, maar nooit `n tree op hierdie weg wil plaas nie; of wanneer hy ook reëlmatig van plan is om die reis daadwerklik te onderneem, maar nooit daartoe kom om hom op die weg na Damaskus te begewe omdat hy feitlik deur allerlei klein sake verhinder was nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205