|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 176
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277. |
|
|
Johannes onthul die lewe van Asiona
176 Maar JOHANNES sê: 'Ek verbaas my oor jou welsprekendheid en jou lewensopvatting wat deels waarlik nie verwerplik is nie; maar wat betref jou mening dat die lewe heeltemal geen waarde het en net `n spel is van die groot natuur, werklik, daarin vergis jy jou baie! Het jy dan nooit iets oor `n God gehoor wat hemel en aarde en alles wat hom daarop bevind, uit Homself geskape het nie? Mens ontdek tog immers maklik dat daar `n bepaalde ordening in alles bestaan; byvoorbeeld die doelmatigheid van die ledemate van `n dier en meer nog die van `n mens! Hoe fyn berekend is die oog en die oor dan nie!
[2] Kan jy, as jy maar net iewers dieper nadink, dan aanneem dat dit maar net veroorsaak is deur die algehele dooie en lewelose wette? O, dan is jy ondanks jou vermeende groot wysheid tog nog baie armsalig en dan verstaan ek ook waarom jy die aardse lewe so veragtelik en waardeloos vind! Jy het weliswaar met jou geselskap onder talle aansienlike moeilikhede deur talle lande gereis, jy het baie gesien en ervaar, maar oor die beste deel van die lewe het jy jou nog nooit bekommer nie!
[3] In die begin het jy jou slegs vir die materiële lewensheil geoffer. Maar dit wou jou nie geluk nie, soos wat dit wel dikwels verloop in die wêreld; want so `n besondere goeie towenaar was jy nie, en daarvoor het jy ook baie weinig van die uiterlike wêreldse sluheid besit wat werklik nodig is om die wêreld van die opgang tot by die ondergang te oordonder. Jy kon dus die aardse lewensgeluk, waarvan jy vroeër so dikwels gedroom het, nie bereik met behulp van jou kuns wat, soos reeds gesê, nou nie so baie besonders was nie, ondanks jou verre reise. En ek sal jou die heel eenvoudige rede ook nog daarvan vertel, sodat jy sal kan sien hoe `n mens deur `n vaste geloof ook die mees innerlike en verborgene van `n mens na buite kan bring.
[4] Kyk, in jou hart weet jy eintlik baie goed dat jy in al jou kunste en wetenskappe nie meer as `n domkop is en dit ook nie aangedurf het om in `n groot stad ten aanskoue van baie ontwikkelde, ervare en verstandige mense jou niksseggende kunste uit te voer nie, en tog kon jy in die groot stede ryklik aardse skatte versamel het! Jy moes dus steeds so `n egte dom volk opsoek wat jy makliker om jou vingers kon draai. Dit het jy soms ook gevind; maar omdat `n dom volk ook altyd `n arm volk is, het jy ook nooit wins gemaak nie.
[5] Toe jy in Illyrië kom en daar vreeslik slegte sake begin doen het, het jy kwaad geword. Toe kom daar in die dorp Ragisan `n Griek na jou toe wat Athene aanprys en jou daar goue berge belowe. Hierdie Griek was egter `n gewone skipper wat met sy bote langs die kus gevaar het en hy wou maar net verseker dat hy passasiers na Athene kon kry vir sy leë bote. Of jy in Athene iets te wen gehad het of nie, kon hom nie skeel nie. Kortom, jy beding die prys met die Griek vir die reis na Athene en kom na `n eentonige tog van drie weke geseënd en goed behoue in Athene aan, waar jy in die ou stad, wat ryk is aan klassieke kuns, dadelik by jou eerste optrede enorm uitgejou word.
[6] Dit vererg jou en jou geselskap baie, en jy begin ten gevolge van jou ervaringe as `n wyse met die Grieke om te gaan en jy vind spoedig baie toehoorders wat jou, vir dit wat jy vertel, graag selfs meer munte betaal; want niemand luister so graag na iemand wat van sy reise vertel as juis die reislustige Grieke nie. Toe jy dus `n tyd lank met die Grieke omgegaan het, maak jy kennis met `n paar wyses wat aanhangers was van die leer van `n sekere Diogenes. Hulle glo jou, omdat hulle ondanks hul sigbare armoede baie opgewek en goedgehumeurd was. Dit lyk vir jou vreemd dat mense wat in die diepste armoede verkeer, wyse redevoeringe kon hou, en wat eet en drink betref steeds uiters matig was, en so opgewek en tevrede kon wees. Jy begin steeds meer te vra na die rede daarvan, en dit word vir jou duidelik gemaak.
[7] Toe jy en jou geselskap in hierdie lewensleer van tevredenheid ingewy was, besluit julle gou om terug te keer vanwaar julle vertrek het, en om julle êrens in die buurt van die stad Césarea in `n gebied te vestig wat nog vry was en om daar `n weliswaar arm, maar tog so geseënd as moontlik mensekolonie te stig. En soos wat julle ongeveer tien jaar gelede hier aangekom het en julle hier gevestig het, so is julle nou nog.
[8] Julle het as gebore Judeërs die leer van jul vadere verlaat, wat julle weliswaar nooit ernstig in praktyk beoefen het nie, omdat julle dit nie eens was met die handelswyse van die Fariseërs nie, en julle het die leer van die heidene aangeneem omdat hulle vir julle wyser gelyk het. Op die manier het julle toe egter totaal godloos geword en julle het God vervang met die mag van die groot natuur. En daarmee dink julle dat julle die klip van die wysheid gevind het!? Maar ek kan julle met die beste gewete van die wêreld sê dat julle julleself daardeur maar net steeds verder en verder van God verwyder het!
[9] As jy `n waaragtig wyse man is, som dan nou vir my maar eers op wat ek sedert my jeug gedoen het, wat ek geleer het, wat ek was en wat ek nou eintlik is! Ek het jou egter baie kortliks vertel, en blykbaar klop elke woord, hoe dit met jou, ongeveer vanaf jou geboorte in die wêreld gegaan het, en as die tyd dit sou toelaat, sou ek ook jou hele lewe haarfyn kon beskrywe vir jou! Oordeel jy nou self, wie van ons twee wyser is, ek met my rotsvaste geloof, of jy met jou volle ongeloof?'
|
|
|
|
|