Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 125

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die noodsaak om jouself te ondersoek

125 DIE MEESTER: "Julle moet dus nou julle bes doen om hiervolgens te handel; doen alle moeite en ondersoek jouself of jy niks nalaat nie, sodat jy uiteindelik nie hoef te sê: 'Kyk nou eers, nou het ek gedurende tien tot twintig jaar alles gedoen wat die nuwe leer my voorgeskryf het, en tog het ek nog geen stap verder gekom nie, ek merk nog altyd niks van `n besondere verligting in myself nie, en van die sogenaamde ewige lewe bespeur ek ook nog bitter weinig in myself! Wat skort daar dan nog met my?'

[2] En daarom sê Ek vir julle: Gaan julleself sorgvuldig na, of daar nie nog sterk, wêreldse, baatsugtige gedagtes julle hart insluip, of julle hart, en daarom ook julle siel, nie af en toe gevang word deur hoogmoed, deur `n sekere te oordrewe suinigheid, - `n jongste sus van gierigheid, - eersug, neiging tot oordele, graag gelyk wil hê, neiging tot liggaamlike wellus, en deur meer soortgelyke sake! Solank dit nog by die een of die ander die geval is, sal hy die belofte, dit wil sê, die volledige in vervulling gaan daarvan, nog nie aan homself voel nie.

[3] Want kyk maar na die mos en die suiwer, geesryke wyn in `n vat of `n sak! Solank daar nog growwe en vreemde bestanddele in die mos is, sal dit gis en nie tot suiwerheid kom nie; maar as hierdie bestanddele eenmaal geheel en al daar verwyder is, word dit rustiger en rustiger in die vat, die mos word helder en word `n suiwer, vol geesryke wyn.

[4] Dit sal dikwels voorkom dat menigeen nie ver daarvan af sal wees om die Ryk van God ten volle in sy siel te besit nie, en tog sal hy dit nie in besit neem nie, omdat hy homself te min ondersoek en nie die aardse eienskappe, waarmee sy siel moontlik nog mee behep is, in die reine bring nie. As hy homself egter sorgvuldiger sou toets, sou hy spoedig ontdek dat hy byvoorbeeld nog baie gevoelig is en nog maklik deur `n kleinigheidjie beledig kan word.

[5] 'Ja', sê iemand dan, 'moet `n mens dan heeltemal geen eergevoel hê nie?' O ja, sê Ek, die mens kan baie verseker `n eergevoel hê, maar dit moet van die edelste soort wees! Wanneer iemand, wat nog swak van gees is, jou beledig het, moet jy nie vir hom kwaad word nie, maar na hom toe gaan en sê: 'Vriend, jy kan my met niks beledig nie; want ek hou van jou en alle mense! Hulle wat my vloek, seën ek en wie aan my kwaad doen, aan hulle doen ek maar net goed, soveel as wat ek kan! Maar dit is nie reg dat iemand `n ander beledig nie; doen dit daarom voortaan nie meer vir jou hoogste eie heil nie! Want jy sou met jou steeds groeiende sug tot beledigings wel iemand kon tref wat jou baie kwalik sal neem en jou dan groot en sekerlik baie teleurstellende onaangenaamhede sou kon besorg, en dan het jy dit slegs aan jouself te wyte dat jy iets onaangenaams oorgekom het!'

[6] As julle met iemand wat julle beledig het, sonder die minste kwaadheid in julle harte, so kan toespreek, dan het julle `n volkome geregverdigde, edel en goddelike eergevoel in julle harte. En as jy vanweë so iets nog `n klein bietjie van `n soort boosheid in jouself bemerk, en bitter en onvriendelik teenoor so iemand reageer, dan is dit nog die gevolg van geringe, in julle siel verborge hoogmoed, en net hierdeur alleen kan die vereniging van jou siel met My liggees in jouself, nog lank verhinder word.

[7] Of een van julle word meermale aangespreek deur een en dieselfde arm man, wat om `n nie geringe aalmoes vra. Julle het dit wel en kon die arme nog duisend maal soveel gegee het as wat julle hom al gegee het; maar omdat hy min of meer brutaal is, vererg jy jou vir hom, en jy wys hom die deur, terwyl jy hom te verstane gee dat hy nie so dikwels moet kom en moet dink dat mens hom elke keer wanneer hy kom, `n aalmoes moet gee nie!

[8] Ja, kyk, dit is vir `n wêreldse denkende mens wel baie verstandige woorde, en die bedelaar het ook so `n klein teregwysing verdien; maar hulle wat die arme man so vertrap, is tog nog lank nie ryp vir My ryk nie, want Ek laat My son alle dae opkom en skyn oor goeie en slegte mense, en ten gunste van alle skepsele.

[9] Dieselfde straal wat die vergulde paleise van die konings verheerlik en in die wynranke die edelste van alle sap suiwer laat ryp- en soetmaak, versprei ook sy lig oor poele en riole en vererg hom nie oor die gekwaak van die paddas en die getjirp van die mossies nie. Agter `n dergelike terughoudendheid sit nog iets karig, en die karigheid en te groot geldelike suinigheid kom bepaald naby die buurt van gierigheid en vertroebel die lewensmos van die siel; en solank dit nog ononderbroke die geval is, produseer die siel geen suiwer en geesryke lewenswyn nie.

[10] Wie egter welgesteld is, en as sodanig maar net egte groot vreugde ondervind deur te gee, en die arme nie daarop aankyk omdat hy hom al verskeie kere `n klein gawe geskenk het nie, is dan wat die punt aanbetref, reeds gereed om My ryk binne te gaan, as hy tenminste geen rekening hoef te hou met `n ander klein foutjie in sy siel nie.

[11] Daarom sê Ek vir julle, dat jy jouself steeds in alles noukeurig moet ondersoek en jy moet jou verhef tot die lewensvlak waarop jy in jouself helder en bewus waarneem dat jy vry is van alle aardse slakke"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205