|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 194
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277. |
|
|
Die agtervolgers staan tereg
194 Op hierdié oomblik hoor mens `n ruwe stem honend en laggend uitroep: 'Hoera! Hahahaha, daar sit die vrolike voëls almal met Griekse verligting mooi bymekaar, en ons het hulle met één slag in ons mag!"
[2] Dadelik kom die twee AARTSFARISEËRS met die kasteelgoewerneur van Herodes en baie geregsdienaars met grimmige gesigte op ons tafel af en sê: 'As julle nie swaar geketting na Jerusalem gebring wil word nie, moet julle ons gewillig volg! Met die geringste teenstand sal julle onmiddellik met die swaarste kettings geboei word!"
[3] Maar EK sê: 'Is daar by julle in elk geval tot môre dan heeltemal geen barmhartigheid en welwillendheid meer moontlik nie? Want of julle nou vandag of môre met ons, onskuldiges, wegvaar om julle wraaklus af te koel, sal tog geen verskil maak nie!"
[4] Die GOEWERNEUR en beide die FARISEËRS skreeu: 'Nee, nou onmiddellik moet dit gedoen word, sonder enige barmhartigheid! Kom, voorwaarts!"
[5] EK sê nou met `n baie magtige en ernstige stem: 'Goed dan! Omdat in julle geen vonkie barmhartigheid aanwesig is nie en julle tot ware aartsduiwels geword het, het alle erbarming vir julle ook heeltemal uit My hart verdwyn! Aan julle geskied ooreenkomstig julle hart, gesindheid en onnoemlike boosaardige dade!"
[6] Met hierdie woorde van My word almal plotseling styf en deur ondraaglike pyne aangegryp, hulle begin te jammer en te smeek en beloof om alles te doen wat Ek ook maar van hulle sou verlang, as Ek hulle maar net sou bevry van sulke ondraaglike kwellinge! Hulle sou liewer duisend maal wou sterwe as om nog maar `n oomblik lank hierdie ondraaglike pyn te verdra!
[7] Maar EK sê: 'Ek het julle ook slegs tot môre om barmhartigheid en erbarming gevra, en dit nie gevind nie; daarom sal ook julle nou geen barmhartigheid en erbarming by My vind nie! Die enigste barmhartigheid wat Ek julle kan gee, bestaan uit die volgende: Die verskeurende diere uit dit gebergte sal `n einde maak aan julle baie slegte lewe en dit met julle doen wat julle al met soveel onskuldige mense gedoen het! Ja, selfs die kinders het nie vir julle onbeskryflike en ongekende wreedheid gespaar gebly nie!
[8] Julle was destyds nog as jong manne die mees fanatiese by die kindermoord in Bethlehem, omdat julle toe al gedink dat julle My ook gedood het. Maar JaHWeH se ewige Gees, wat My altyd met alle Mag en Krag vervul het, het geweet hoe om dit te verhinder. En na die daad het julle nog tallose ongehoorde gruwels teenoor die arme mensdom begaan, waarvoor die menslike verstand nog heeltemal geen naam kon vind nie; daarom het Ek Self gewil dat julle juis hierheen moes kom, om as duiwels in menslike gedaante, julle lank reeds welverdiende loon te ontvang!"
[9] Hierop jammer hulle nog meer en smeek om barmhartigheid en beloof totale beterskap van hul slegte lewe. Hulle vra of Ek slegs hierdie een keer barmhartigheid vir reg wou laat geld. Daarby word hul gekerm vanweë die pyn steeds erger, sodat Asiona en Hiram en selfs enkele van My leerlinge vir hulle begin te smeek.
[10] EK sê: 'Glo My: So gou as wat Ek hulle nou maar vir tien tellings van hul welverdiende kwellinge sal bevry, sal hulle hulleself onmiddellik as woedende tiers op ons stort en ons verskeur! O, Ek weet die beste hoe `n mens met engele, mense en egte duiwels moet omgaan! Waarlik, vir hierdie tussen My mensekinders gesmokkelde aartsduiwels bestaan daar in My hart geen erbarming meer nie?'
[11] Maar die booswigte huil steeds erger en vra om erbarming.
[12] Maar EK sê: 'Dadelik sal hulle wat daar is, `n einde aan julle liggaamlike kwellinge maak, en julle swart siele sal die drake bewoon van die warmste woestyne in Afrika vir tienduisend maal duisend jaar, begrawe in die gloeiende sand, Amen!"
[13] Nou dreun daar van alle kante uit die gebergte `n magtige gebrul, sodat al die arm bewoners van hierdie plek baie angstig word.
[14] Ek stel hulle egter gerus en sê vir Asiona: 'Albei vissers moet nou van die pyn bevry word; neem jy hulle gevange en bring hulle na die hut!"
[15] Asiona doen dit. Toe beide, wat hulle deur geld laat verlei het, in bewaring gebring was en Asiona weer by ons aan tafel gekom het, bespring `n hele massa tiers en groot bere dadelik die verskriklik huilende booswigte, pak hulle met hulle tande beet en spring toe haastig met hulle vandaar na die gebergte asof hulle slegs muise in hul bekke het. Spoedig verstom al die gekerm; want die diere, wat Ek vir die doel almal van die Ganges hierheen gedryf het, was spoedig klaar met hierdie maaltyd en begewe hulle toe gou weer na hul land van herkoms.
[16] Ek sê nou vir elkeen: 'Laat hiervan nooit één woord oor iemand se lippe na buite kom nie; want dit sou hom uiters sleg bekom! Beide die vissers sal eers môre hul opdrag kry en sal op hierdie wêreld geen verraad meer pleeg nie"
[17] Nou kry HIRAM weer moed om te praat en sê vir My: 'Nou eers weet ek wie onder julle die meester is, en ek moet beken dat ek U nou sonder twyfel as `n waaragtige God beskou! U is weliswaar die goedheid self; maar U toorn is seker die verskriklikste op die hele wêreld en onder alle sterre! Wat moes dit nie vir die ellendige booswigte gewees het dat U met hulle nie die geringste medelye kon en wou hê nie!"
|
|
|
|
|