Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die belangrikste taak van die mens: Om `n volkome ewebeeld van God te word

90 DIE MEESTER: “Laat daarom hierdie dinge rustig in hul eie gebied, waarin hulle vir die aarde nuttig is; streef veral daarna om volmaakte mense te word, - ja, julle moet so volmaak word soos julle Vader is, dan sal alle gif van plante en diere geen vat op julle hê nie!

[2] Word tog weer dit waartoe julle geroep is, wat die aartsvaders was, aan wie alle skepsels gehoorsaam was; julle moet deur dit van My leer in ag neem, meester word oor wat julle Vader geskape het binne Sy orde; hiervan het die More vir julle `n klein bewys gelewer, en onder sulke omstandighede sal daar geen vyandskap meer bestaan nie, nóg onderling tussen julle, nóg tussen julle en die skepsels wat aan julle ondergeskik gestel is! Maar as julle buite hierdie orde tree, dan sal julle weer genoeë moet neem met die ou vloek en die onvrede.

[3] In hierdie tyd sal daar weliswaar vir My ryk op hierdie aarde baie geweld nodig wees, en diegene wat dit nie met geweld sy eie sal maak nie, sal dit nie in sy besit kry nie. Later sal dit egter minder moeilik gaan; maar sonder `n definitiewe stryd, in elk geval met homself, sal My ryk nie alreeds op hierdie aarde verkry kan word nie. Want as die lewe al op hierdie aarde maar net stryd is, hoeveel te meer dan die ware geestelike lewe aan die ander kant, veral as dit homself reeds in hierdie wêreld as `n welkome burger moet openbaar. Maar desondanks sal die stryd vir elkeen, wat God waaragtig liefhet, oor die algemeen nie swaar wees nie! Want aan elkeen van My ware vriende het Ek gesê dat My juk sag en My las lig is!

[4] Ek sien dat jy en julle almal dit alles baie goed verstaan het, en Ek sê vir julle daarom dan nou ook dat julle reeds met alles toegerus is wat julle vir die verdere uitdra van My Woord en My wil nodig sal hê. Volgens die voorspelling van die profeet JeshaJaH het alles nou hier in hierdie paar dae in vervulling gegaan, en daarom is `n dagtaak nou hier volbring.

[5] Wie dit alles sal insien en dit getrou in ag sal neem, sal vas en seker die vervolmaking van die lewe bereik, en die dood nooit voel nie, en nooit op watter manier ookal waarneem nie; want wie al in die liggaam die ewige lewe van sy gees laat ontwaak het, sal by die afval van daardie liggaam, niks anders as die saligmakende bevryding in die helder bewussyn van sy volmaakte bestaan duidelik en korrek waarneem nie; tewens sal sy gesigsvermoë verruim word tot in die oneindige!

[6] Maar diegene wat nie vervolmaak sal wees nie, sal dit op die oomblik dat hul liggaam afval, wel iets anders ervaar! Ten eerste sal hulle in hul liggaam groot pyn kry om te dra, wat natuurlik meestal sal toeneem tot op die oomblik, wat mens die skeidingsoomblik noem. Behalwe hierdie onvermydelike pyn van die liggaam, sal in die siel egter ook vrees, angs en uiteindelik selfs `n soort wanhoop hulleself kenbaar maak, en die siel nog meer pynig as die hewigste pyn van die liggaam. En as die siel bevry word van haar liggaam, dan sal daar aan die ander kant dikwels talle jare, volgens die tydrekening van hierdie wêreld, voor nodig wees om ook maar tot `n enigsins menslike bewussyn te kom; van `n algehele vergeesteliking egter, sal miskien in eons jare van hierdie aarde geen sprake wees nie. 

[7] Daarom sal dit uiters waardevol en goed wees, as julle vir julle broers ook dieselfde inspanning en dieselfde geduld sal hê, wat Ek nou Self met julle aan die dag gelê het.

[8] Verlossing vir julle en julle broers, as julle ook aan die einde van julle inspanning aan julle broers kan sê: “Broer, Ek het aan jou nou my dagtaak volbring, handel nou daarvolgens en vervolmaak jouself volgens die duidelik gemaakte orde van God, die Heer van alle lewe en wil van ewigheid af!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205