Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die doen van wonderwerke deur die mens wat geheel in God se wil opgegaan het

14 EK sê: “Nou goed dan, luister na My! Ek is die son van alle sonne en van alle geesteswêrelde en van al die wesens van allerlei natuur en soorte wat hulle daarop bevind.

[2] Soos wat hierdie aardse son egter met sy lig en deur middel van die warmte wat daardeur opgewek is, in alle wesens wat op die aardbol woon en op die aardbol net in `n bepaalde, vasgestelde orde binnestroom en daardeur die hele aardbol sigbaar volgens die natuur lewe inblaas, so stroom Ek ook volgens die ewige streng, afgemete, onveranderlike orde wat deur My vasgestel is, binne-in alles wat deur My geskape is; en daarom kan die aarde nie meer aarde wees en word as wat dit is nie, die vyeboom nie nog meer vyeboom, die leeu nie nog meer leeu en so verder opwaarts tot by die mens, kan geen skepsel meer of ook minder word in sy aard en soort, as hoe en wat hy is nie. 

[3] Net die mens kan, wat sy siel en gees betref, steeds gedurig meer en meer mens word, omdat van My, uit die onverdelgbare vermoë wat aan hom gegee is, deur die navolging van My wil, wat aan hom bekendgemaak is, steeds meer van My geestelike lewenslig in hom opneem en vir alle ewighede behou.

[4] Nou, as die mens heeltemal volgens die wet leef, maar daarby nie na iets spesiaal hoër streef nie en hom egter, binne die orde wat hy eenkeer aan homself gestel het, ook nie vir iets laags laat gebruik nie, dus volgens die wêreld gesien, `n onberispelike mens is, dan lyk hy soos `n vlak spieël wat die beeld van die son op sy gladde oppervlak nòg vergroot nòg verklein. Hy sal daarom ook alles op heel natuurlike wyse insien en daarmee `n heel gewone ontwikkeling in alle dinge bereik.

[5] Maar `n mens wat vanweë `n bietjie lig, wat hy so te sê toevallig êrens opgevang het, by diegene kom wat totaal geen lig het nie en wat `n groot ophef maak oor die een of ander saak en maak asof hy die eerste uitvinder van die oerwysheid is en alle ander as dommer beskou, - so `n mens word opgeblase en lyk soos `n bol waarvan die oppervlakte baie glad gepoleer is en daardeur `n na buite geboë spieëlvlak vorm,

[6] Op so `n oppervlak sal jy weliswaar ook nog die beeld van die son weerkaats sien, maar baie klein en jy sal niks meer merk van enige warmte nie. Deur die terugkaatsende ligskynsel sal ewig niks ontvlam nie, ook al was dit die mees brandbare naftaleen-eter! Dit doen die hoogmoed van die siel dan wanneer hy hom baie verbeel oor iets heel onbelangriks. En hoe meer so `n siel hom dan verbeel, des te meer rond word die bolvlak van haar spieël en des te kleiner die spieëlbeeld van die geestelike son op so `n byna kegelvormige spieël van kennis en wetenskap.

[7] Hierdie twee menssoorte wat nou aangedui en beskryf is, word nie steeds meer mens nie, maar die laasgenoemde selfs steeds minder.

[8] Maar nou kom daar `n derde mensesoort, wat weliswaar ietwat seldsaam geword het! Hulle is uiterlik baie vriendelik, gedienstig, geduldig, sag, beskeie en vol deemoed en liefde teenoor elkeen wat hulle dienste nodig het.

[9] Hierdie soort lyk soos ons magiese, na binne geboë spieël. As die lig van die lewe en die kennis uit My op so `n sielespieël val, sal die lig dit daarvan in die aardse aktiewe lewe terugstraal, die gemoed en die eie, vrye wil laat ontvlam vir alle goeie dinge, alle liefde, al die mooie, ware en wyse dinge. Alles wat in die brandpunt te staan kom van die talle kere verdigte geesteslig, word helder verlig en deur die hoë warmteniveau van die innerlike lewe gou tot volle wasdom gebring. En die mens met so `n sielespieël herken dan weldra baie duidelik en heel lewendig allerhande sake, waaroor `n gewone mens selfs nooit sal droom nie.

[10] So `n mens word dan ook steeds meer mens; en hoe meer mens hy word, hoe volmaakter word hy ook in homself. En wanneer, na `n redelike tyd, die omvang of deursnee van sy lewenspieël groter geword het en aan diepte na die lewensentrum gewen het, dan sal die brandpunt wat na buite aktief is en beduidend groter en ligsterker geword het, ook sekerlik nog baie groter dinge tot stand bring as wat Ek kan, as My sonlig wat vir alle skepsele presies afgemeet is, waarvan langs die geordende en natuurlike weg nooit `n bepaalde, buitengewone vermeerdering te verwag is nie en mens kan nie aanneem dat die lig van die son, wat langs heel natuurlike weg op hierdie aarde val, ooit `n diamant sal smelt nie, maar dit kan die gebundelde ligstraal uit `n groot sogenaamde magiese spieël wel doen.

[11] Presies so is dit by `n hoogs volmaakte mens, waarvan Ek vroeër gesê het dat hy groter dinge sal doen as Ek. Ek doen alles maar net volgens die orde wat van ewigheid baie presies afgeweeg is en die aarde moet op die presies vasgestelde afstand van die son haar baan volg, waarin sy oor die algemeen steeds die lig in dieselfde mate ontvang.

[12] Dit is dus begryplik dat Ek nooit, terwille van die kennis of selfs vir die grap, met die almag van My wil hierdie of `n ander aarde baie naby die son kan plaas nie, want so `n poging sou hierdie hele aarde in `n oogwink in `n suiwer witagtige blou damp verander.

[13] Maar julle mense kan op hierdie aarde deur dergelike spieëls die verstrooide lig van die son op één punt saambundel en die krag daarvan op klein dele van die aarde uittoets en daarmee doen julle, suiwer natuurkundig gesien, met die lig van die son meer en groter dinge as Ek, hoeveel te meer dan wel met My geestelike lig uit die volmaakte, hol deemoedspieël van julle siele!

[14] Ja, My egte kinders sal dinge tot stand bring en binne hul klein gebiede dade verrig, wat in verhouding tot My dade duidelik groter moet wees, omdat hulle tesame met die volmaakte vervulling van My wil, ook kan handel volgens hul eie vrye wil, waarin hom My lig tot `n onuitspreeklike sterkte kan verdig en daardeur in `n klein gebied met die mees intensiewe vuurkrag van My innerlike wil dade kan verrig wat Ek vanweë die instandhouding van die hele skepping nooit mag verrig nie, hoewel Ek dit natuurlik ook wel sou kon.

[15] Kortom, My egte kinders sal dan as te ware selfs kon speel met die kragte van My hart en wil, wat Ek Self net so min ooit daadwerklik gebruik het, as wat Ek ooit hierdie aarde baie naby aan die son geskuif het, om vir die grap met sy onbeskryflike hitte `n paar bergtoppe af te smelt nie, wat nie moontlik sou wees sonder om terselfdertyd die hele aarde saam te verander in die oorspronklike eter nie. Wat Ek dus nòg in die grote en nòg minder in die kleine mag doen, dit kan My kinders met die magiese spieëls ten eerste natuurlik, en dan ook des te meer geestelik, verrig!

[16] My liewe vriend, verstaan jy nou ook goed, waaragtig en korrek, wat Ek aan jou oor jou vraag verduidelik het? Is jy nou tevrede, of het jy nog êrens twyfel onder jou swart vel?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205