Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die eintlike bedoeling van Roclus en sy metgeselle

19 ROCLUS sê: “Ek sê immers nie dat die wette van die koning uit die Noorde onwys of selfs maar onregverdig en wreed sou wees nie; net vir mense soos ons sou hulle tog wel `n bietjie ongemaklik wees! En ek meen daarom tog dat ek Rome, u en die bejaarde Markus geen oneer aandoen as ek heel stellig beweer dat die huidige wette van Rome vir my baie beter is as die van die Pontus koning, wat beslis nie onwys is nie en wie se ryk volgens `n ou sage selfs tot aan die einde van die wêreld moet reik en dus wel die grootste ryk van die aarde sal wees. Of dit vir hom egter moontlik sal wees om sy wyse wette aan alle volke van sy uitgestrekte ryk ook maar net te verkondig, is `n heel ander vraag! Goed vir hom en sy volke, as hy daartoe in staat sal wees! Maar staan my nou toe dat ek nog `n heel onskuldige opmerking maak; want as ek eenmaal eerlik moet wees, is ek graag heel eerlik en afkerig van alle bedektheid!

[2] U, eerbiedwaardige meester, meester, meester, het so pas die opmerking gemaak dat `n keiser geen wonderwerke sou kon doen en geen wêreld sou kon skep nie; maar op die minste skyn dit vir my toe dat dit nie heeltemal so is nie. Want hierdie pragtige, nuwe huis van die bejaarde Markus, die groot tuinmuur, waaraan vir die bou honderd van die beste messelaars minstens vyf jaar meer as genoeg werk sou hê as jy die bewerking van die mooiste, reghoekige granietblokke en die aanvoer daarvan meereken en dan ook nog die volledige bewerking van so `n groot tuin en ten slotte, wat ek nou eers opmerk, die bou van `n baie groot, veilige hawe en `n aantal splinternuwe groot seilskepe, wat, soos wat ons noukeurig vanaf `n heuwel van die stad waargeneem het, almal soos met `n towerslag opeens kant en klaar aanwesig was, - ja, as dit geen wonderwerk is nie, dan doen ek afstand van alles wat by my mens heet en wil ek `n krokodil wees!

[3] En omdat ek nou tog eenmaal sonder om skipbreuk te ly hierdie - weliswaar klein, maar tog baie netelige punt aangeroer het, moet ek nou wel namens my elf metgeselle eerlik erken dat my hele vorige, dwase eis eintlik maar net `n voorwendsel was om daardeur agter die geheim te kom en te wete te kom hoe so-iets moontlik was! Want langs `n natuurlike weg kon dit alles onmoontlik ontstaan het! En dus vertel ek u nou eers die waarheid wat die nuuskierigheid ons op lewe en dood hierheen getrek het! Toe ons dit alles so vinnig soos weerlig sien ontstaan het, het ons toe almal eenstemmig gedink: Daar moet óf `n God óf `n groot Indiese towenaar aanwesig wees, omdat dit met natuurlike mensekragte onmoontlik is om so-iets uit te voer! Ons het dan ook vinnig besluit om onder een of ander voorwendsel hierheen te kom om agter die wonderwerk en die meester daarvan te kom.

[4] Die hele regsaangeleentheid wat ons vroeër voorgegee het, is van nul en gener waarde nie en suiwer net `n nietige voorwendsel om `n aanknopingspunt te hê wat ons naby dit bring waarom die ontstane wonderwerk wentel. En kyk, die voorwendsel was goed, omdat ons daardeur tog by die eintlike oorsaak van ons koms hierheen gekom het! Ons versoek u daarom nou dringend om ons daaroor `n klein liggie as opheldering te verskaf, - kom wat wil! Ons wil niks van die goeie, regverdige, bejaarde Markus afneem nie, maar verplig ons nog bowendien om vir hom die ander, nog braakliggende stuk grond op ons koste - ook al moet ons daarvoor die grond uit Europa hierheen laat kom! - so goed moontlik te bewerk; maar gun ons asseblief `n blik agter die geheim van die wonderwerk!”

[5] CIRÉNIUS sê: “Ja, dit gee die saak natuurlik `n heel ander aansien en daarmee sal julle duidelik meer vooruitgang bereik as met julle vroeëre, uiters onregverdige eis, waarmee julle by my waarlik gedeeltelik sleg daaraan sou gekom het!”

[6] ROCLUS sê vinnig: “Ek en ons almal het dit baie goed geweet en het deur baie ervaring wys geword! U is nou alreeds ruim dertig jaar ons regverdige en terselfdertyd goedhartige heerser en ons ken u en al u swak kante. Mens moet u vooraf altyd `n bietjie kwaad maak as mens iets buitengewoons van u te wete wil kom en so was dit hier ook, wat u ons seker, vanweë die goeie saak, graag sal vergewe!” 

[7] CIRÉNIUS sê: “Ja, maar waarop baseer julle dan julle bewering, dat dit alles op wonderbaarlike wyse sou ontstaan het? Jy het vandag wel ontdek dat dit klaar was, maar jy het sewe dae lank waarskynlik weinig of ook heeltemal nie daarop gelet hoe my soldate en krygers daaraan gewerk het nie!”

[8] ROCLUS sê: “Heer, meester, kom ons laat dit daar! Sedert u uself, soos wat elkeen weet, te midde van `n aansienlike krygsmag hier bevind, het ons ons heuwel bykans dag en nag nie verlaat nie om van ver af dop te hou wat daar uiteindelik alles van hier af deur u Romeine onderneem mag word. Vandag het die wonderlikste, heerlikste oggend ons nog vroeër na buite gelok. Ons blikke was natuurlik voortdurend op hierdie omgewing gerig. Tot `n kort uur gelede het ons niks gesien soos wat daar, sedert ons hierdie streek ken, te siene was nie; maar soos wat gesê is, in `n kort uur het hier `n huis, tuin, hawe en skepe ontstaan asof hulle sommer uit die hemel geval het! En dit sou geen wonderwerk wees nie?!

[9] Ons het tog drie uur gelede die hele legioen More, of hoeveel daar maar ookal was, hierheen sien trek en ons het ook opgemerk hoe u vanoggend van die berg afgedaal het; want ons het taamlike skerp oë! Dit is dus onteenseglik `n buitengewone groot wonderwerk en daarom sou ons graag net `n klein liggie ter uitleg wou hê oor hoe en deur wie dit bewerkstellig is!”

[10] CIRÉNIUS sê: “Nou goed dan, as jy dit beter weet as ek, laat dit dan maar `n wonderwerk bly! Maar die “hoe” en” deur wie” hoef julle gladnie te weet nie; want daartoe is meer nodig as maar net haastig hierheen te kom en op geslepe wyse agter so `n geheim te kom!

[11] As `n verstandige staatsman dadelik aan die hele wêreld sy spesiale geheime sou verklap, sou hy met sy politiek jammerlike kort spronge maak en sy onderdane sou hom maar al te gou regs en links aan die neus rondtrek. Maar omdat `n staatsman hoofsaaklik deur politiek sy ryk en sy onderdane moet regeer, omdat elkeen op sy eie nie in staat is om die algemene welsyn van staat en die volkere te erken nie, sou die verskillende maatskaplike stande, wat net oë het vir hulleself, hulle nouliks daarvoor leen en daarmee sou vir `n arm volk weinig gesorg word.

[12] `n Goeie regeerder moet daarom duidelike mag, kennis in alle sake en skerpsinnige wysheid besit, dan is hy eers `n goeie meester, gebieder en leier van talle duisendmaal duisende blinde mense, wat heeltemal nie in staat is om te besef watter groot weldoener `n goeie heerser vir hulle is nie! Dat `n ware heerser hom om wyse redes nie altyd deur sy onderdane in die bek kan laat kyk nie en daardeur voortydig sy goeie planne verraai nie, is heeltemal duidelik en goed verstaanbaar en dus sal dit ook vir julle heeltemal duidelik en goed verstaanbaar wees, waarom ek nie nou hierdie geheim aan julle onthul nie; want julle sal tog wel insien dat `n regeerder tot meer in staat moet wees as `n ander mens, omdat hy andersins beslis `n baie onbeduidende regent sou wees! Watter eerbied sou sy onderdane dan wel vir hom hê, as hy teenoor hulle in noodgevalle nie ook `n bietjie almagtig sou wees nie? Gaan nou maar en besigtig die wonderwerk van naderby en kom daarna terug; miskien kan daar dan met julle op verstandiger wyse gepraat word! Maar vir die oomblik is ons klaar!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205