Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 258

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die ryk jongeling. Evangelie van Matthéüs. 19:16-26

258 Toe Ons `n klein uurtjie verwyder was van die plek wat Ons besoek het, kom `n jong man uit dieselfde plek Ons onderweg tegemoet. Hy was die dag tevore ook getuie gewees van My dade en lesse, en was bowendien vir sy jeugdige leeftyd selfs `n baie bekwame skrifgeleerde, maar nie van beroep nie. Toe hy My sien en herken, het hy op My afgekom en My gevra of dit hom toegestaan was om `n vraag aan My te rig.

[2] Ek staan hom dit toe en hy (die jong man) sê: “Goeie Heer, wat moet ek alles goed doen om die ewige lewe, waaroor U leerlinge gister by die Griekse herbergier Rauris, soveel wonderbaarlike heerlikhede vertel het en wat sekerlik hoë waarhede bevat, langs `n korter weg te bereik as dit wat U leerlinge aangegee het?” (Matthéüs. 19:16)

[3] EK kyk hom ernstig aan en sê vir hom: “Hoe kan jy My, aangesien Ek aan jou slegs as mens bekend is, goed noem, terwyl jy `n skrifgeleerde is? Weet jy dan nie dat, behalwe God, niemand goed is nie? - Maar as jy die ewige lewe wil binnegaan, onderhou dan die gebooie!” (Matthéüs. 19:17)

[4] DIE MAN vra verder en sê: “Watter gebooie dan?”- Hy stel hierdie vraag omdat hy gedink het dat Ek hiervoor heeltemal nuwe en totaal onbekende wette gehad het.

[5] Maar EK sê aan hom: ”Die wat Moses gegee het, soos: Jy sal nie doodslaan nie; jy sal geen egbreuk pleeg nie; jy sal nie steel nie; jy sal geen valse getuienis aflê nie! (Matthéüs. 19:18) Eer jou vader en moeder; en: Jy sal jou naaste liefhê soos jouself!” (Matthéüs. 19:19)

[6] Hierop vra DIE JONGELING: “Wie moet of kan ek egter as my naaste beskou?”

[7] Daarop vertel EK hom die bekende gelykenis van die barmhartige Samaritaan, en hy verstaan nou wie hy as sy naaste moet beskou.

[8] En toe hy dit van My verneem en ook ingesien het, sê hy: “As dit so is, gee ek U die volle versekering dat ek dit alles reeds vanaf my seunsjare gedoen het! Wat skort daar nog aan my?” (Matthéüs. 19:20)

[9] En Ek antwoord hom: “As jy heeltemal volmaak wil wees, gaan dan heen en verkoop al jou aardse goedere en verdeel hulle onder die armes, dan sal jy hiermee `n skat in die hemel versamel! Kom dan en volg My, word My leerling en leer van My die geheime van die hemelryk ken!” (Matthéüs. 19:21)

[10] Toe die jong man dit van My hoor, word hy treurig, omdat hy talle en groot besittings gehad het, keer My die rug toe en gaan op sy weg. (Matthéüs. 19:22)

[11] Dit verwonder DIE LEERLINGE en hulle sê: “Dit is tog baie vreemd! Die man lyk goed daarvan bewus te wees dat uit U `n goddelike Gees spreek; maar vanweë sy ydel, wêreldse skatte keer hy die almagtige, goddelike Gees liewer die rug toe, as dat hy gevolg gee aan Sy oproep! Merkwaardig, buitengewoon vreemd! Wat sal tog met so iemand gebeur!”

[12] EK sê: “`n Ryke soos hierdie sal moeilik in die hemelryk kom! (Matthéüs. 19:23) Let op wat Ek julle nog verder gaan sê! Waarlik, dit is vir `n kameel)* makliker om deur die oog van `n naald te gaan, as dat so `n ryke in God se ryk kom!” *(eerder skeepstou in Grieks) (Matthéüs. 19:24)

[13] Maar toe DIE LEERLINGE dit onderweg van My verneem, skrik hulle baie en sê: “O wee, o wee, - as dit so is, wie kan daar dan in die hemelryk kom en salig word??” (Matthéüs. 19:25)

[14] Maar EK kyk die leerlinge wat baie verleë geword het, vriendelik aan en troos hulle deur te sê: “By die mense sou so-iets inderdaad onmoontlik wees, maar by God is alle dinge moontlik!

[15] Omdat Ek by Asiona, die visser, reeds breedvoerig oor die onderwerp gespreek het, naamlik hoe dit moontlik is dat siele van slegter mense langs God se geheime weë salig kan word, sou dit hier totaal oorbodig wees om nog meer daaroor te sê. Julle sal tog nog wel iets daarvan weet?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205