Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 91

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Alles het sy tyd

91 DIE MEESTER “Ek het egter `n volle dag oor My tyd gegaan, tot julle heil, en dit was My groot liefde vir julle wat My dit laat doen het.

[2] Julle moet dit verseker nie vergeet nie, en dieselfde doen as `n broer vir julle sal sê: “Verligte afgesant van die Heer, bly nog by my; want my hart vind `n geweldige troos en `n groot, weldadige versterking in jou aanwesigheid!” Bly dan daar, ook al sou dit die tyd wat julle deur die Gees voorgesê word, ver oorskry! Want waarlik, Ek sê vir julle: `n Dergelike vrywillige werk van naasteliefde sal hoog deur My gewaardeer word! 

[3] Dit is vanselfsprekend dat mens dit slegs een, twee of drie keer kan doen vir `n vriend; vra hy dan egter weer om nog langer te bly, troos hom dan met die versekering dat jy hom spoedig weer sal ontmoet en spoor hom aan om voortdurend te handel volgens My leer, wat Ek julle almal nou gegee het, seën hom dan in My Naam en gaan op julle weg volgens die roeping van die Gees, wat nou deur My in julle woon as `n lewende Woord en julle self na die ewige lewe lei!"

[4] CYRENIUS sê: “Heer, hoe is dit nou? Gisternag het U gesê dat U na hierdie dag hier sou weggaan! Moet dit nou as heeltemal vasstaande opgeneem word? Sou dit nie moontlik wees dat U, o Heer, ons tog nog `n dag sal skenk nie?"

[5] EK sê: “Die wyse Salomo het op `n keer gesê: “Alles het sy tyd!', en so het ook Ek My goeie en baie noukeurig ingedeelde tyd, en Ek sal daarom die keer nie aan jou versoek kan voldoen nie; want kyk, in die groot land van die Judeërs is baie stede, plekke en dorpe, wat almal deur mense bewoon word! Die meeste weet nog niks van My nie, is ook My kinders en wag al lank op die koms van die Vader uit die hemele, en sal ook baie verheug wees as Hy deur hulle, soos ook nou deur julle, gesien word. Maar, My innige vriend, dit is seker nie so dat jy glad nie in jou versoek tegemoet gekom word nie! Omdat julle My soseer liefhet, wil Ek nog hierdie hele nag en van die dag van môre nog drie uur by julle bly, omdat dit vir My ook `n geseënde gevoel gee om by julle te wees; maar langer as drie uur is in geen geval moontlik nie, want soos gesê: Op hierdie wêreld het alles sy tyd en sy orde!”

[6] CYRENIUS sê: “Maar U is tog ook Heer oor die tyd en kan dit teenhou of selfs ongedaan maak!"

[7] EK sê: “Wat jy nou sê is goed en waar! Maar Ek moet jou wel daarby sê, dat juis omdat Ek Heer is van die tyd, en die tyd vanuit Myself verdeel en vasgestel het, en Ek in `n sekere sin eintlik Self die tyd is, en omdat dit niks anders is as My hoogste eie onveranderlike orde nie, is dit vir Myself nagenoeg onmoontlik om in stryd met die tyd te handel; want as Ek self sou ingaan teen My eie orde, dan sou jy spoedig maar nog baie min van al die skepsels sien wie se bestaan van My ewige onveranderlike orde afhanklik is. 

[8] As jy net vir `n enkele oomblik dit wegneem op grond waarvan iets bestaan, dan gaan ook hulle, wat daarvan afhang, op dieselfde oomblik tot niet. Of stel jy `n stewige vesting voor op `n vaste steenrots! Jy sien dat hierdie vesting dan vir die ewigheid gebou is. Indien Ek egter sou toelaat dat die magtige rots so sag soos botter sou word, sou die stewige vesting homself dan ook staande kan hou?! Of stel jou voor dat jy op `n goeie en deeglike skip op see vaar; sou jy iets hê aan jou skip en selfs aan die beste wind, as Ek die water laat verdroog tot op die bodem?! Jy sal nie daaraan kan twyfel dat Ek so-iets goed sou kan doen nie! Dit is dus duidelik, dat tegelyk met die noodsaaklike voorwaarde, ook diegene wat daarvan afhanklik is, in die water val. 

[9] Ek reël die tyd orals en is die ewige oordeel daarin; maar in die heilige sfeer van die liefde bestaan geen tyd eintlik meer nie, en Ek kan maar net altyd aan die liefde nog iets toevoeg. En dit bly presies by dit wat Ek nou gesê het! Laat Markus ons nou meer wyn bring, sodat ons die koelte van die nag beter kan verdra; want ons bly ook hierdie nag buite!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205