|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 225
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277. |
|
|
Kinders van God (van bo) en kinders van die wêreld (van benede)
225 EK sê: “Kyk, My dierbares! Wat die heidense boeke daarvan sê, is slegs `n baie gebrekkige weerklank van wat daar helder en duidelik geopenbaar is aan die oermense van hierdie aarde deur dieselfde Gees wat nou in My woon.
[2] Slegs die Skrif van die Judeërs bevat die volle waarheid, egter nie onthul nie, maar verskuil in ooreenkomstige beelde, en wel om die baie wyse rede dat die heiligheid van die waarheid wat daarin aanwesig is, nie deur die eintlike, besoedelde kinders van hierdie aarde besoedel en veralgemeen (ontheilig) word nie.
[3] Want op hierdie aarde of wêreld woon twee soorte mense. Die oorspronklikes en die meeste het hulle volgens die gegewe ordening vir alle skepsele, trapsgewys opwaarts ontwikkel. Hulle is wat hulle siel en liggaam betref, suiwer van hierdie aarde en mens kan hulle “kinders van die wêreld” noem.
[4] `n Baie kleiner deel van die mense op hierdie aarde is egter maar net wat die liggaam aanbetref, van hierdie aarde, maar wat die siel aanbetref, kom hulle nietemin van die verskillende sterrewêrelde af, of soms selfs as suiwerste engelgeeste vanuit die suiwer hemele van die geeste. Dit is tot nog toe egter die wat die minste voorkom.
[5] Die tweede en baie edeler soort mense van hierdie aarde kan mens “Elohimkinders” noem, en alleen aan hulle is dit ook voorbehou om die geheime van God se ryk te neem, te verstaan en die kinders van die wêreld hierin te onderwys, na gelang daar `n navraag is en die vermoë daar is om dit te verstaan; hulle wys dan aan hulle die weg waarlangs ook hulle tot kinders van God en tot burgers van Sy ryk kan word.
[6] Wel nou, hierdie eintlike wêreldmense is natuurlik, omdat hulle uit die slyk van hierdie aarde voortspruit, nog baie sinnelik (vleeslik) van aard, aangesien hulle siele nog nooit `n menslike voorbereidende skoling vir `n vry, oor homself beskikkende lewe deurgemaak het nie. Hulle kan daarom in die begin ook maar net deur suiwer sintuiglike beelde tot kennis van `n Allerhoogste en Ewige Goddelike Gees gebring word.
[7] En sien, terwille van die meeste mense van hierdie aarde, is ook die openbarings oor die geesteryke in louter, as te ware sintuiglike beelde gehul, wat hul slegs van tyd tot tyd steeds meer deur die kinders van God onthul kan word, na gelang van die begripsvermoë van hierdie wêreldkinders, maar nooit te veel tegelyk nie, maar net presies soveel as wat hulle kan verdra en in die maag van hul siel kan verteer. Uit wat Ek nou gesê het, kan julle nou menige gevolgtrekkings maak.
[8] Wat dus nie moeilik is om te verstaan nie, is dat die sielelewe van dié mense, na die afval van hul liggame, in voortdurende ontwikkeling sal wees, omdat die voleinding daarvan onmoontlik die werk van `n oomblik kan wees, en wel omdat dié siel, net soos haar voormalige materiële liggaam, wat ruimte en tyd aanbetref, `n begrensde wese is wat in `n sekere sin ingeperk was in die bepaalde, mooi mensevorm en daarom die oneindige en die ewige sowel met betrekking tot ruimte as tyd, en ook wat die absoluut onbegrensde mag van God se Gees en Sy werke aanbetref, maar net stukkie vir stukkie in haar kan opneem en bevat.
[9] Dit kom daarby op watter vlak van innerlike ontwikkeling `n siel haar liggaam verlaat. Is dit in ooreenstemming met die bestaande goeie wette, dan sal die toestand van die siel aan die anderkant seker dadelik sodanig wees dat sy haar dadelik na `n hoër voleindingstrap van die vrye lewe kan begewe en sodoende na `n verdere hoër trap kan gaan.
[10] Maar as `n siel `n gebrekkige opvoeding gehad het, of in die slegter geval, deur gebrek aan enige goeie wil, terwyl sy baie goed op hoogte was van die bestaande wette, die liggaam moet verlaat, sonder om haar in die liggaamlike lewe en die omstandighede daarvan, ook maar enigsins volgens die ware en betere gerig het nie, wel, dan sal dit tog vir elkeen wat enigsins helder kan dink, maklik te verstane wees, dat so `n heeltemal kwynende beklaenswaardige siel aan die anderkant maar net in `n sodanige, seker nie benydenswaardige situasie geplaas moet word dat sy daarin deur die hoogste Liefde en Wysheid van God, eers gereinig en genees moet word van haar dierlike ruheid, en haar dan geleidelik tot `n hoër lewensvlak kan verhef, van waar sy dan steeds makliker na `n nog hoër vlak kan oorgaan.”
|
|
|
|
|