Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 242

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die Heer spreek oor die lyding wat Hom te wagte staan. Evangelie van Matthéüs. 17:22-23

242 Toe ons ons reis deur noordelike Galilea beëindig het, vra die leerlinge My: “Heer, ons het nou `n paar maande lank in Opper-Galilea rondgetrek, van plek na plek en byna van huis tot huis en het U leer gepredik; baie het dit met baie liefde en geloof aangeneem, en hulle so van die heidendom tot die Judeërdom bekeer. Ons is nou byna klaar met Galilea; wat moet, of wat sal ons nou begin? Moet U en ons dalk na die vyandiggesinde Judea trek, of na Iturea, Trachonitis of Klein-Palestina?”

[2] EK sê: “Wanneer julle aan die mense My woord onderrig, spreek julle goed en verstandig; maar wanneer julle hieroor of oor die domste dinge van die wêreld met My praat, dan is julle net soos die baie gewone mense, en dink en praat julle net soos hulle! As My tyd gekom het, die tyd van My lyding, wat Ek nou al meermale vir julle voorspel het, dan sal dit ook onherroeplik wees; maar solank die tyd nog nie aangebreek het nie, kan ons honderd maal na Jerusalem en Bethlehem gaan, en niemand sal die hand aan ons slaan nie! Het julle My verstaan?”

[3] Petrus sê: “Ja Heer; want nou het U weereens baie duidelik gespreek! Maar vertel U ons nou ook eers baie duidelik waaruit U lyding sal bestaan!”

[4] EK sê: “Ek het julle tog al by die ou Romein Markus en nog `n keer by die arm vissers meegedeel, en ook al vroeër toe ons na Ceasarea gegaan het, wat daar, van nou af, oor ongeveer `n paar jaar met My in Jerusalem sal gebeur. Waarom vra julle dan nou tog weer daarna? Ja, julle het `n groot angs daarvoor en daarom vra julle vanweë julle angs; maar sodat julle siele daarmee sal wen, sê Ek julle nou weer:

[5] In die tyd sal dit gebeur dat Ek, maar slegs as Menseseun, oorgelewer sal word in die hande van mense van die wêreld. (Matthéüs. 17:22) Hulle sal aan My weliswaar dit doen wat die Menseseun sal dood; maar op die derde dag sal die doodgemaakte Menseseun – so te sê - met huid en haar wederopstaan en meer as nou, lewend uit die graf kom as ewige oorwinnaar van die dood en hel, en julle sal My weer soos nou in julle midde hê. (Matthéüs. 17:23) Daarom sal aan julle sal geen haar gekrenk word nie! Verstaan uiteindelik eers waaroor dit hier gaan?”

[6] Almal sê: “Ja Heer, van nou af aan sal ons dit verstaan en ons sien dit ook wel so `n bietjie, en dit lyk asof ons woorde in ons hoor wat as volg lui: Mens moet selfs vroeër ook `n onsterflike liggaam gehad het om die baie sterflike, blinde en slegte mense die oë vir die lewe volledig te kan open.” 

[7] En EK sê daarop: “Amen, so is dit; want wie nie self heeltemal deur en deur geestelik lewend is nie, kan nie vir die ander die volle ewige lewe met veiligheid stel nie! Daarom het Ek na hierdie wêreld gekom om dit deur woord en daad te bewerkstellig, en daarom moet ook dit geskied. Want ook My liggaam is nou nog net so goed sterflik as die van julle; maar daardeur sal dit onsterflik word, en daarna sal Ek ook vir julle die volste ewige lewe volkome veilig kan stel. Het julle dit nou verstaan?”

[8] Nou verstaan die leerlinge dit baie beter en word rustiger.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205