Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 134

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Grondreëls vir die opvoeding van kinders

134 ROCLUS sê: 'Heer, dit is alles suiwer goud, en die waarheid van dit alles is nou tasbaar duidelik! Daarom moet in alle ewigheid van die ewighede hierdie leer so suiwer as `n diamant bly; dit sal in die toekoms van my instituut ook so bly, daar sal my kollegas en ek alle sorg aan bestee!

[2] Maar ek het daarnaas nog `n kleinigheid wat vir my nog nie duidelik is nie; as ek ook wat dit betref weet wat ek moet doen, dan is alles in orde, so suiwer en stewig as `n diamant, soos wat ek my hierdie nou eenmaal nie anders kan voorstel nie. My vraag gaan oor die opvoeding van kinders in U leer! Moet mens by hulle ook elke simboliese voorstelling van iets wat mens hulle wil bybring soveel moontlik vermy?"

[3] EK sê: 'Inderdaad, want voorstellings deur middel van beelde bly nêrens so vas aanwesig soos juis in die gemoed van kinders nie; en naderhand kan hulle hulleself moeilik heeltemal daarvan losmaak!

[4] Leer hulle eerstens maar heel meganies lees, skryf en reken; verder kan julle nog aan hulle die vorm van die aarde onthul; laat hulle dadelik van alles die ware rede sien, vir sover hulle dit ken en hulle dit kan bevat! Verryk hulle met allerlei nuttige kennis en laat hulle ook tesame met julle allerlei klein ervaringe opdoen, en maak hulle entoesiasties vir alles wat goed en waar is.

[5] En glo My dat kinders die goeie en ware baie eerder verstaan as alle dikwels sinlose en uitvoerige versinsels, waaruit hulle dan self later weer uiteindelik diepliggende waarhede moet ontraaisel, wat hulle vermoei en uiteindelik passief maak! Origens sal julle alles wat julle moet doen in die helderste lig sien en herken wanneer My Gees in julleself julle in alle waarheid sal binnelei! As iemand van julle nou nog iets te vra het, laat hy dit dan doen; want die dag waarop Ek verder sal reis kom naby en Markus begin vir die oggendmaaltyd te sorg!"

[6] ROCLUS sê: 'Heer en Leraar van die ewigheid! Om eerlik te wees, en dit sou ek ook nooit meer anders kan en wil nie, ek weet werklik geen vrae meer waarmee ek U nog lastig sou kon val nie; want nou is alles vir my duidelik, omdat die weg vir my duidelik geword het. Ek sou nou natuurlik nog tallose vrae kon stel oor raaisels wat ek tot nog toe nie kan deurgrond nie; maar U het nou immers beloof dat al my vrae beantwoord sal word, daarom is dit nou werklik oorbodig om oor `n aantal dinge nog meer vrae te stel!

[7] Die belangrikste is nou, dat die weg aan ons bekend is wat ons moet gaan om meester en heerser te word oor onsself, waarna ons so lank verlang het. Is ons dit, dan het ons immers alles; maar is ons dit nie, dan kom ons ook weinig of niks verder nie, ook al weet ons die een of ander oor verskillende dinge. Wat my betref, ek sou werklik nie weet waarna ek nou nog sou moet vra nie! Maar daarmee wil ek nie sê of aanbeveel, dat iemand anders nou ook geen verdere vrae meer moet stel nie!

[8] Ek dank U Heer, vir die groot lig wat U nou barmhartig aan my gegee het; Net aan U kom van nou af al my liefde en my eer toe! Met U barmhartige toestemming gaan ek nou dadelik weer na my metgeselle toe om met hulle oorleg te pleeg hoe ons ons instituut in U Naam nou sal vernuwe. Want wat daar nou is, moet geheel verwyder word en U woord moet inderdaad daar ingevoer word!"

[9] Roclus wou nou gaan; maar EK sê vir hom: 'Bly nog `n bietjie; want Ek het nog enkele sake met jou te reël!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205