Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 190

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Johannes is bang vir Hiram se skerp verstand

190 Terwyl beide vissers met hul vroue en kinders die aandete vir ons berei, vra die baie skugter geworde Judas Iskariot eindelik weer wie die skip na die ou Markus sou terugbring as ons dit nie meer sou nodig hê nie.

[2] EK sê: 'Bekommer jou oor beter dinge as oor sulke wêreldse kleinighede; want Hy wat die skip op wonderbaarlike wyse vir Markus gebou het, sal wel weet hoe Hy hom moet terug besorg! Dat jy jou tog nooit oor geestelike dinge kan bekommer nie, maar altyd maar net oor wêreldse sake! Wat het jy dan aan die wêreld, of wat sou jy daaraan hê as jy die hele wêreld kon kry, maar daarby groot skade ly aan jou siel? Wat kan jy dan gee om jou bedorwe siel vry te maak?! 

[3] Kyk eers na hierdie arm vissers! Hulle is die nugterste, maar verder tog die vriendelikste mense, hulle verwag geen lewensloon na die liggaamlike dood nie en tog is die hele wêreld met al haar verganklike skatte vir hulle `n gruwel, en hulle het hulle daarom in die hele wêreld op die mees verlate en eensame hoekie van die aarde teruggetrek. Nou het hulle vir die eerste keer oor iets oor die hoëre geestelike dinge verneem en steeds is hulle vol tevredenheid, en hulle is seker die helfte heidene; jy is egter `n egte Judeër en behoort ewe-eens soos Ek tot die stam van Juda en tog maak die geestelike op jou weinig of heeltemal geen indruk nie! Sê My nou eers heeltemal eerlik waarom jy nou eintlik saam met My van plek tot plek rondtrek!"

[4] JUDAS sê `n bietjie verleë: 'Nou ja, nou doen ek dit weer heeltemal foutief omdat ek vra hoe dit met die skip sal gaan! Ek het tog geen slegte en oneerlike bedoelings daarby gehad nie! Vergeef my, as ek daardeur foutief was!"

[5] EK sê: 'Ja, ja, jy sal nog baie vergewe moet word! Pasop daarvoor dat die wêreld nie uiteindelik jou meester word nie!"

[6] Hierop wou ook Thomas vir Judas Iskariot nog enkele woorde in die oor fluister; maar Ek kyk Thomas aan en hy hou hom stil en bly geduldig.

[7] Toe kom JOHANNES, My liefling, na My toe en sê: 'Heer, het ons nou wel enigsins op die goeie weg met hulle gekom? Want as dit nog moeiliker sou word met hulle, sal ek U tog wil vra of U dit nie self teen hulle wil opneem nie, want soms beklem die gedagte my dat my hart miskien tog moontlikergewys iets wat van U afkom, nie korrek en gou genoeg kan verstaan en dat dit dan maklik iets van myself, in plaas van iets van U deurgee nie, waardeur ek dan by hierdie skerpsinnige denkers oombliklik in die grootste moeilikheid sou kom! Hy let immers op elke woord en daarby op elke gesigsuitdrukking, soos wat `n slim jakkals sy buit voor oë hou! Maar één onware woordjie en hy weet dit heeltemal!

[8] Philipold in Kana by Kis het ook baie daarvan weg; maar dit was tog baie makliker om met hom te praat. Met hierdie mense gaan dit baie moeiliker, omdat hulle werklik baie ervaring het en daarby so `n skerp verstand, soos wat ek tot nou toe nie meegemaak het nie! Mathaël is ook `n buitengewone gees; maar met Hiram hier sou hy dit moeilik gehad het! Daarom vra ek U Heer, nog één keer, of U dit nie Self met hom wil opneem as hy nog `n feller aanval sal maak nie!"

[9] EK sê: 'My beste Johannes, dit sal nou nie meer so baie nodig wees nie! Hiram sal wel met betrekking tot die Messias, nog menige teenwerpsels na vore bring, wat jou `n bietjie in die verleentheid sal bring; maar ons twee sal hom, ook wat dit betref, nou spoedig op die korrekte weg bring. Gaan jy nou na die hut en maak `n vuur vir hulle; want hulle probeer nou al sedert hulle ons verlaat het, vuur te maak deur klippe en hout teen mekaar te vryf, maar dit geluk hulle nie!"

[10] JOHANNES gaan na die hut en sê: 'Beste vriende, ek glo dat dit julle vandag nie wil geluk om vuur te maak nie; want ek het nou al `n oomblik na die hut gekyk, maar kon nog geen vuur ontdek nie en my Vriend sê toe vir my: 'Gaan maak vir hierdie goeie en besorgde mense vuur!' En dus is ek nou dan hier om julle te help om die vuur aan te steek!

[11] HIRAM en ASIONA sê: 'Jy is dan ook uiters welkom by ons; want ons beste klippe gee geen vuur af nie en die stukke dryfhout het bietjie vogtig geword in die hut, en daarom geluk dit ons nie om vuur te maak nie. By die bure gaan die ook nie beter nie!'

[12] JOHANNES sê: 'Lê die hout maar op die vuurherd, die vuur sal dan dadelik kom.’

[13] Hulle lê die hout op die vuurherd en ASIONA sê: 'Wel, beste vriend, die hout lê nou daarop! Ek is werklik nuuskierig op watter nuwe manier jy nou gaan vuurmaak!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205