Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 83

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Lewensvervolmaking en wonderkrag deur die liefde tot God en die naaste. Ware en valse profete

83 RAFAEL: “Gestel byvoorbeeld die geval, dat jy `n blinde die lig van sy oë wil teruggee deur die krag van die goddelike wil in jou en dat jy daarby tog `n klein bietjie twyfel het of dit wel sou slaag, dan is dit al heeltemal `n fout; want dan sal die blinde nie die lig in sy oë terugkry nie. Wanneer jou liefde tot God egter heel intensief in jou aanwesig is, dan sal die hoogste liefdes- en lewensvuur nie net jou eie siel hewig aktiveer nie, maar dit sal met `n onweerstaanbare krag geestelik baie verder reik as jou eie sfeer, en baie gekonsentreerd werksaam wees waar jou goddelike wil, natuurlik met alle wysheid en verstand, iets onder hande geneem het. As die blinde dan deur jou goddelike wil gegryp word en tegelykertyd in die brandpunt geplaas word van die magtige liefde tot God waarvan jou siel vol is, moet hy wel oombliklik volkome siende word; want in die hoogste liefdeslig en lewenslig en lewensvuur uit God moet elke dood wyk, ook die van `n oog sonder lig, wat natuurlik sonder lig selfs so goed dood is as die hele liggaam sonder asem of hartslag. Daardeur word dan ook die opwekking van `n oorledene oombliklik moontlik; want wanneer die goddelike wil wat jou hart vervul en die wysheid nie daarteen is dat `n oorledene weer tot lewe gewek word nie, hoef jy die dooie maar in die brandpunt van jou liefde tot God, die Heer te plaas, en hy sal weer heeltemal leef!

[2] Daarvoor is vir julle mense `n baie groot inspanning en volhardende oefening nodig; want mens moet wel daarvoor sorg dat die hart die hoogste mate van meegevoel het, sodat sy haarself op elke gewenste oomblik in die optimale liefde tot God kan stort. As sy dit kan doen, dan is die mens as mens ook volmaak en dan moet gebeur wat die hart vanuit God wil! Wanneer jy op hierdie manier toegerus `n wêreld wil skep, moet dit ontstaan in ooreenstemming met jou goddelike wil en volgens die mag van die goddelike liefde, wat, deur haar totale aanwesigheid, maak dat jou hart `n hoë lewensvuur word en dat jou uitstraling `n hoë lewenslig word wat ver om haar heen lig versprei en werksaam is. Wat voorheen in jou wil vorm aangeneem het deur jou wyse kennis wat van God kom, sal uit die substansie van jou kragtig uitstromende lewenslig van die liefde haar ook dadelik voeg in die vorm wat vroeër deur jou deurdink en duidelik voorgestel is, en binne enkele oomblikke het jy dan in die vorm `n hele wêreld voor jou, wat jy dan selfs kan vasmaak en blywend kan laat bestaan, as jy suiwer en volkome in die besit is van die goddelike wil en die goddelike liefde.

[3] Natuurlik kan jy nie al dadelik vanaf die eerste begin in die volle besit wees van die goddelike wil in jouself as jy God nie vantevore in alle volheid opgeneem het in jou hart deur die suiwer, ware, en al die ander uitsluitende liefde nie; want as God nie volledig in jou is nie, kan Hy ook nie volledig in jou wil nie.

[4] Maar om God bo alles en uit alle mag lief te hê, is nie so maklik as wat jy jou dit voorstel nie! Daarvoor is veral, volgens die wette van Moses, `n volkome suiwer lewenswandel nodig. As hierdie lewenswandel deur allerlei teen die orde indruisende lewensfoute (sonde) versteur word, het ook alle kragte wat vir die lewe nodig is, noodsaaklikergewys skade gelei, en daardeur het dit tot materie geword en sodoende as te ware volledig gedood.

[5] Iemand, wie se lewe op hierdie manier misvorm word, kan God dan onmoontlik nie vanuit al sy met die orde ooreenstemmende lewenskragte bo alles liefhê nie, omdat sulke mense dikwels al vir meer as twee derdes dood is. So iemand moet dan deur `n uiterste verloëning, wat baie jare lank duur, die gestorwe lewenskragte van al sy ou hartstogte en gewoontes opnuut in homself tot lewe bring, en eers op die manier langsaam, maar verseker oorgaan tot die hoogste moontlike liefde tot God, wat natuurlik vir iemand, wat al so baie verwêreldlik is, geen maklike opgawe is nie!

[6] Want as `n kerngesonde persoon by die klim van `n hoë berg al redelik baie moeite moet doen, en dit vir hom baie swaar moet lyk, hoeveel te meer as iemand wat aan jig ly en bykans net in staat is om hom op die plat grond met krukke voort te sleep! Maar as iemand wat aan jig ly, ondanks alles, tog baie ernstig `n hoë berg wil klim, dan moet hy, voordat hy daaraan begin, `n gesonde en sterk leier soek wat hom goed kan help; dan sou die klim van die hoë berg seker baie sinvol vir hom wees.

[7] Hy sou daarby sekerlik goed begin sweet het, en hoe hoër hy gekom het, hoe hewiger; maar daardeur sou hy sy ou ledemate bevry het van die stowwe wat die jig veroorsaak, en so die afgestorwe deel vervolgens weer tot lewe bring, en op die manier uiteindelik die hoogste top van die berg reeds heeltemal gesond klim, natuurlik wel na `n moeisame reis van baie dae. Maar wat `n onvoorstelbare moed is daar nodig vir iemand wat aan jig ly, om te besluit om na die hoogste top van die berg Ararat te gaan! En tog sal dit altyd nog makliker wees, as wat die klim van die geestelik gebergte genaamd: algehele nederigheid en totale selfverloëning vir `n heeltemal verwêreldlikte mens sal wees! 

[8] Jy kyk nou heel verbaas en jy sê vir jouself: “Nou, met sulke vooruitsigte sal maar heel min mense sekerlik die top van die ware lewensvervolmaking op hierdie aarde bereik, en wat die doen van wonderwerke aanbetref, - sover sal dit waarskynlik nie kom nie! ”Ja, ja, jy sal wel nie heeltemal ongelyk daarmee hê nie; maar in hierdie tyd is daar baie lewensbekwame leiers byderhand, met wie se hulp dit nou nie `n te oormatige swaar opgawe is om, as jou siel aan jig ly, jou met baie kragtige steun na die hoogste lewenskruin van die geestelike Ararat te laat lei en begelei nie.

[9] Nou is dit vir elkeen wat maar enigsins van goeie wil is, maklik om te werk aan sy lewensvoleinding; want dit het die Heer behaag om in hierdie tyd nie slegs lewenskragtige leiers uit die hemele na hierdie aarde te roep om die mense deur hulle te laat voorberei en lei nie, maar Hy het Self in die vlees gekom om julle, aan jig lyende mense, te genees en om aan julle Sy suiwer goddelike wil kenbaar te maak, en om julle te leer om God bo alles lief te hê en jou naaste soos jouself.

[10] Voortaan kan niemand meer daaraan twyfel om die absoluut suiwer wil van God te herken, en ook te ondervind hoe mens God bo alles moet liefhê, en hoe mens sy hart tot hierdie liefde kan verhef. Nou word die weë op sy suiwerste getoon, en wie hulle wil bewandel kan nou onmoontlik verdwaal. Maar in latere jare en eeue sal dit weer moeiliker word om vriendskap te sluit met die allersuiwerste wil van die Heer; want daar sal behalwe egte, ook baie valse profete opstaan; hulle sal, soos wat julle dit tot nou toe gedoen het, wonderwerke verrig en daardeur baie mense heeltemal verkeerde begrippe van God en Sy suiwer wil bybring, selfs onder dwang. Daar sal dan groot droefheid en ellende onder die mense van hierdie aarde ontstaan en niemand sal vir die ander as `n betroubare gids kan dien nie, omdat die een sal sê en onderwys: “Sien, hier is die waarheid!” en `n ander: “Kyk, daar of anderkant is die waarheid!” Maar almal wat dit sal roep, sal nie waaragtig wees nie, maar geheel en al verkeerd en vals!

[11] Maar die Heer sal ondanks alles nog altyd weer knegte laat opstaan om diegene wat van goeie wil is, die suiwer wil van God kenbaar te maak, soos wat ons dit nou aan julle duidelik maak. Heil aan diegene wat hulle volledig daarvolgens sal rig; want daardeur sal hulle dieselfde bereik as wat julle nou so maklik kan bereik! Daar sal dan net nie baie wonderwerke verrig word nie; want die Gees van die Heer sal Syne leer om versigtig daarmee te wees, om daardeur nie `n hele leër, net van valse profete, teen Hom die harnas in te jaag en dan met die swaard teen die hel te moet stry nie.

[12] Die ware waarheidsprofete sal die Heer steeds in alle stilte laat opstaan en hulle sal as stille waters in die wêreld nooit lawaai of `n enigsins merkbare geluid maak nie; in diegene wat geluide en lawaai sal maak, sal die waarheid en die Woord van die Gees egter nie wees nie.

[13] Die egte profete wat deur God gewek sal word, sal in alle stilte ook baie goed in staat wees om wonderwerke te doen; maar die wêreld sal niks daarvan merk nie, maar slegs so nou en dan sal die ware vriende van God dit merk tot hul eie stille troos.

[14] Nou gebeur daar wonderwerke vanweë die verstokte Judeërs en heidene, sodat niemand uiteindelik sal kan sê dat daar by die openbaring van hierdie nou heeltemal nuwe leer geen tekens uit die hemele plaasgevind het wat hierdie openbaring bevestig het nie. In die toekomstige tye egter sal die mense meer na die volle waarheid vra, en nie meer soseer na wonderbaarlike bevestigende tekens nie, waarvan die wyses sal sien dat hulle dit wat wit is, nie swart kan maak nie, en dat waarheid ook sonder hierdie wondertekens waarheid bly.

[15] Uit wat ek nou gesê het, kan jy wel sien, dat ek ondanks die feit dat ek so baie eet, tog geen wese is waarvoor mense bang hoef te wees nie, en dat daar tussen ons nie so `n groot verskil bestaan soos wat jy voorheen gedink het nie, maar dat ons nou al ongeveer op gelyke toestand staan, ja, dat jy, omdat jy nou al `n mens met `n liggaam is, my al `n belangrike stap vóór is! Sê my nou, of ek ten voorskrifte van jou nog te vergelyk is met `n olifant in die geselskap van `n muggie! Is dit nog nodig dat ek julle verlaat omdat ek jou nie aanstaan nie, of sal ek as dertiende tog nog maar as leraar by julle bly?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205