Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 259

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die leerlinge vra na die hemelse loon. Evangelie van Matthéüs. 19:27-30

259 PETRUS sê: “O ja, dit staan my en seker ook alle ander nog baie goed voor die gees! Maar ek neem hier die vryheid om U namens almal te vra wat ons later te wagte staan, vanweë die feit dat ons alles verlaat het en U getrou gevolg het?” (Matthéüs. 19:27)

[2] Daarop antwoord EK: “Waarlik, Ek sê aan julle wat My getrou nagevolg het: As julle heeltemal wedergebore is wanneer Ek sal opstaan, en op die stoel van My ewige glansrykheid sal sit, sal ook julle naas My eweneens op twaalf stoele sit, en die twaalf stamme van Israel rig (Matthéüs. 19:28) wat soveel beteken, as dat julle later in My hemele saam met My vir die ewige verlossing van alle mense van hierdie aarde en ook van die ander wêrelde steeds soos Ek besig sal wees, en as beskermgeeste, wat vir die aardse mense onsigbaar is, die mense hier en ook nog aan die anderkant sal bewaak, stuur en lei! Want die ware hemelryk en die groeiende saligheid daarvan bestaan alleen uit `n steeds groeiende, ware liefdadigheid.

[3] En Ek voeg nog daaraan toe: Wie sy huis, broers of susters, vader of moeder, of sy vrou en kinders, of sy akkers, tuine, weilande en kuddes verlaat het terwille van My Naam, sal dit alles in My ryk honderdvoudig terugkry, en daardeur die ware, ewige lewe beërwe. (Matthéüs. 19:29)

[4] En dit moet julle ook onthou: Wie nou die eerste is kan baie maklik die laaste wees, en wie nou die laaste sal wees, kan ook maklik die eerste wees!” (Matthéüs. 19:30)

[5] Dit verstaan die leerlinge nie en PETRUS vra: “Wat beteken dit dan? Wat wil U daarmee sê? Want wat U spreek, geld vir die hele ewigheid, en ons wil alles wat uit U mond kom, presies weet en verstaan! Dit lyk of dit op ons slaan, en dit sou nie bepaald mooi wees wanneer ons in die ander ryk die laaste sou wees, slegs omdat ons hier die eerstes was nie!”

[6] EK sê: “My beste seun Simon Juda, sekerlik nie daarom nie; maar wanneer iemand van julle dink dat hy beter is, net omdat Ek hom eerste uitverkies het, dan sou hy daardeur immers al in `n hoogmoedswaan verkeer waarmee hy in die hemelryk sekerlik nooit tot die eerstes sou kon behoort nie. Iemand wat Ek oor meer as `n duisend jaar sou opwek en uitverkies, sou wat die uitverkiesing aanbetref, sekerlik een van die laastes wees; maar as hy in hoë mate in sy roeping nederig sou wees, sodat hy homself steeds as die onwaardigste beskou vir die barmhartigheid, maar desondanks tog getrou en volhardend sou wees in sy roeping, - ofskoon hy geen bewyse sou hê van die volledige egtheid daarvan nie, maar dit enkel en alleen met die geloof sou moes stel, - sou so `n geroepene dan nie tot die eerstes in die hemelryk behoort nie? 

[7] Ek sou hierdie opmerking nie gemaak het as julle nie reeds hier gevra het na die loon wat julle nou vir My geloof doen nie! Dit was ook nie so mooi van jou nie, Simon Juda, en julle almal, dat julle nog na `n beloning uitvra, terwyl Ek julle, deur die feit dat Ek julle uitverkies het, tog `n groot weldaad, sowel geestelik as liggaamlik bewys het! Het Ek julle daarmee `n onreg aangedoen dat Ek julle `n klein teregwysing gegee het?”

[8] PETRUS sê: “Heeltemal nie, Majesteit en Heer; soos wat ek dit nou sien, was dit veels te gering, vergeleke met ons groot domheid! - Maar ek het nou `n ander vraag, en dit is: Waarheen gaan ons nou!”

[9] EK sê: “Ons sal `n baie verborge plek besoek en daar gaan rus; want Ons het tot nou toe hard gewerk. Op ingespanne arbeid moet ook rus volg; laat Ons daarom maar flink daarheen loop, dan sal Ons hierdie verborge plek spoedig bereik! Daar sal julle My engele waaragtig sien opstyg en neerdaal; laat Ons dus maar flink daaheen loop!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205