Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 220

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die doel van die kruisiging van die Heer

220 (DIE MEESTER:) “Wat My liggaam betref, is ook Ek, net soos julle `n sterflike mens, en die gevolg daarvan is dat ook Ek dié liggaam sal aflê, en wel aan die kruis in Jerusalem as getuienis teen die slegte Judeërs, hoëpriesters en Fariseërs, en tot hulle oordeel. Want slegs dit sal vir altyd hul mag breek, en die vors van die geestelike duisternis, wat nou die mensewêreld beheer, sal magteloos word en die mense nie meer so baie soos tot nou toe kan verlei en hulle in die verderf stort nie.

[2] Hierdie vors heet “Satan”, en dit beteken leuen, bedrog, trots, hebsug, eieliefde, afguns, haat, heerssug, moordlus en allerlei hoerery.

[3] Die grootste hoogmoed kan slegs deur die diepste nederigheid ten gronde gerig word, en dit is dus noodsaaklik dat dit teen My geskied. Wanneer julle dit dus sal verneem, moet julle nie hierdeur ontsteld wees nie; want Ek sal nie in die graf bly en ontbind nie, maar op die derde dag weer opstaan, en soos wat Ek nou hier by julle is, sal Ek weer na julle toe kom! En dit sal julle almal die grootste en waarste getuienis van My goddelike sending in julle siele gee, en julle geloof geheel en al sterk maak. Ek het julle dit nou vooraf gesê sodat, as dit sover sal kom, julle julle nie vir My sal vererg en My leer sal verlaat nie. My beste Epifanus, hoe geval dit jou?”

[4] Epifanus sê: “Majesteit en Heer, U is wyser en magtiger as alle wyses en magtiges van die hele aarde! As U sal toelaat dat dit oor U kom, moet U sekerlik `n goeie rede daarvoor hê, wat ons nou nie kan deursien nie; maar vir die bepaalde mees verwerplike deel van die mense in Jerusalem en in Palestina, en trouens in die hele Judese ryk, moet dit inderdaad `n totale en ongehoorde vernedering en tugtiging wees, wanneer hulle die Mens wat hulle die meeste haat, selfs aan die skandelikste kruis nie geheel en al kan doodmaak nie, en Hy daar na drie dae weer is as heeltemal dieselfde as wat Hy tevore was! Dit sien ek nou ook baie goed en duidelik in. Maar tog lyk dit vir my dat dit wat deur U wysheid en mag vir goed gehou word, tog ook nog op `n ander manier bewerkstellig sou kon word!

[5] Ek stel die geval dat die priesters en die ander magtiges in Jerusalem U so `n wonderwerk sou sien verrig soos wat U juis nou hier verrig het, dan sou alle woede tog van die Tartarus aan die werk wees, as hulle U nie sou herken as dit wat U is en as die Een wat U is nie! Dan sou hul haat teen U immers onmiddellik omslaan in die hoogste eerbied en die warmste liefde vir U, en spreek dit vanself dat dit dan nie nodig sal wees dat U Uself aan die skandelike kruis, wat slegs vir die ergste misdadigers bestem is, laat hang nie!”

[6] EK sê: “Ja, as dit so sou wees, sou jy wel heeltemal gelyk hê; maar helaas is dit nie so nie, maar geheel en al anders! Glo My, die adder- en slanggebroedsel van tempeldienare in Jerusalem weet presies wat Ek leer en watter werke Ek verrig, maar dit vermeerder juis hul boosheid en daarom word hulle teen My juis van uur tot uur maar net meer verbitter; Asiona en Hiram kan jou hiervan waarheidsgetrou as voorbeeld die gebeurtenisse vertel wat gisteraand vlak voor middernag plaasgevind het. Hulle is almal aartsverstok, blind en doof in hulle harte, en daarby vol van die hoogste en mees onbegrensde hoogmoed, hebsug en ergste heerssug. En sien, vir sulke skepsele moet mens geen evangelie predik nie, en vir hul oë moet mens ook geen wonderwerk verrig nie! Want My leer en My tekens vernietig hul ou aansien en hul groot inkomste, en daarom kan die tempeldienare hierdie tekens nie gebruik nie, en daarom is hulle juis My onversoenlikste vyande.

[7] Ek sou weliswaar die mag hê om hulle almal op die hele aardbol in één enkele oomblik te verdelg, soos wat op las van My Vadergees wat in My woon reeds `n keer gebeur het ten tyde van Noag, en ten tyde van Abraham met Sodom en Gomorra en hul tien buurstede; maar waarvoor het dit sin gehad?!

[8] Vandag getuig die omvangryke Dooie See nog van daardie oordeel en die Skrif verwys daarna; maar wie skenk nog aandag daaraan, en laat dit dien as `n egte waarskuwing vir homself? Sê `n egte fariseër maar net iets daaroor, dan loop hy gevaar om deur hulle bespot en bitter tereggewys te word, en selfs ernstig met `n vinnige straf bedreig te word! En as dit gebeur, kan mens verder niks doen as wat Ek jou juis nou voorheen gesê het nie. Dit sal vir die weerbarstiges `n vreeslike gerig wees, en vir Myne die hoogtepunt van My liefde, en My opstanding sal ook `n opstanding wees vir almal wat één is met My en My wil.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205