Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 73

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Hoe mens God bo alles liefhet en hoe God graag sien dat die mens werk

73 ROCLUS sê: “Majesteit en Heer, hoe kan ek dit nou sover bring om God, die onsigbare ewige Gees, uit alle lewenskragte bo alles lief te hê? Want dit kom vir my voor asof die hart van `n mens te klein sou wees en nie in staat om die oneindige, ewige Gees van God, waarvan `n mens jou onmoontlik `n voorstelling kan maak, bo alles lief te hê nie.

[2] Naasteliefde is maklik; maar met die liefde vir God, so tot in die eindelose, is dit tog sekerlik vir ons, baie klein mense, `n uiters moeilike aangeleentheid! Hoe kan mens dan daarvoor sorg dat mens God bo alles kan liefhê?”

[3] EK sê: “Iets makliker bestaan daar verseker nie in die hele wêreld nie! As mens God se werk betrag, Sy goedheid en wysheid en as mens noukeurig aan Sy gebooie hou, sy arme naaste liefhet soos jouself, dan het mens daardeur ook alreeds vir God bo alles lief!

[4] Kan jy jou egter van God geen voorstelling maak wat jou aangryp nie, kyk dan na My, dan het jy ook daardie vir ewig geldende en blywende vorm voor jou, die enigste vorm waaronder jy jou God en Skepper kan voorstel! Want God is ook `n Mens, maar die ewig mees volmaakte in en deur Homself! As jy My sien, sien jy ook alles! Het jy My ook wat dit betref, goed verstaan?”

[5] ROCLUS sê: “Majesteit en Heer oor alle dinge, nou het ek alles en ek wil U dienaar wees! Maar laat my nou in vrede gaan! Want ek is dit nie werd om nog langer by U te bly nie!”

[6] EK sê: “Wie die innerlike vrede het, kan gaan waarheen hy maar wil, dan gaan hy in vrede! En jy het die innerlike vrede nou bereik en as jy êrens heen gaan, gaan jy in vrede. Maar jy kan saam met jou metgeselle wel nog `n tydjie hier bly, dan sal jy tesame met hulle hier nog die een en ander hoor waardeur julle almal wyser kan word!

[7] Die einde van die dag breek nou reeds aan en die son wat die hele dag `n helder lig oor die aarde geskyn het, het reeds die rand van die berge bereik en sal oor enkele oomblikke nie meer te sien wees nie en ons kan almal sê dat hierdie dag goed bestee is. Ons het flink en deeglik gewerk en in ure meer verrig as wat mensehande alleen in jare tot stand sou gebring het. Wie werk, moet ook eet en sy ledemate versterk! Julle het ook gewerk en moet daarom ook saam met ons eet! Bly julle dus hier en neem saam met ons `n aandete!”

[8] ROCLUS sê: “Majesteit en Heer oor alle dinge! Wat het ek en my metgeselle dan wel hier gedoen wat mens as werk sou kon bestempel? Woorde, menings en ervaringe uitwissel is al wat ons hier gedoen het, terwyl ons verder niks gedoen het nie, - dit kan mens tog geen werk noem nie?”

[9] EK sê: “Waar en wanneer dan ook `n mens waarlik vir die heil van sy siel gewerk het, daar en dan het hy ook die meeste en waaragtigste en hoogste onselfsugtig gewerk; want om op die regte, goeie manier besig te wees vir die welsyn en die heil van die eie siel sluit immers sonder meer alle ander selfsugtige bedrywighede geheel en al uit, omdat selfsugtigheid en eieliefde die liefde vir God en die naaste volledig uitsluit.

[10] Wie op aardse wyse vir sy liggaam sorg, soek die skatte van hierdie wêreld, woel in die materie en begrawe sy siel dus in die oordeel en in die dood. Al het so iemand ook die hele dag deur met ploeg en bylpik op die veld met soveel ywer gewerk, dat hy teen die aand behoorlik in sy eie sweet gebad het, dan was hy in vergelyking met wat Ek arbeid noem, nogtans `n dagdief, `n lui kneg vir die veld van God se Ryk.

[11] Want wie nie in sy gees werk vir die ware doel wat aan hom deur God gestel is nie, soos wat hy na reg en billikheid volgens God se orde behoort te doen, werk sekerlik ook nie vir die tydelike en ewige welsyn van sy naaste nie en vind dit nie die moeite werd om God te soek en Hom van naderby te leer ken nie. Wie hom egter nie inspan om God te vind en Hom waarlik te leer ken nie, span hom nog minder in vir die heil van sy naaste en as hy alreeds iets vir hom doen, dan doen hy dit terwille van homself, sodat sy naaste op die een of ander manier in staat sal wees om hom talle kere meer van diens te wees as die goeie wat hy eenvoudig vir hom gedoen het.

[12] Jy het nou egter God en ook jouself gesoek - en sowel God as jouself gevind; en kyk, dit was `n goeie werk van jou, sodat jy nou in `n paar uur andersins meer gedoen het as in jou hele lewe! En daarom kan jy nou ook hier bly, `n goeie nagrus geniet en saam met ons `n aandete nuttig!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205