Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 226

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die lewe van die wêreldmense aan die anderkant

226 DIE MEESTER: “Nou is daar egter op hierdie aarde ook mense wat as kinders van buitengewoon ryk ouers alle moontlike opvoeding en ontwikkeling geniet het. Maar toe hulle ouer geword het en belangrike pligte en hoë eervolle posisies gekry het, voer die duiwel van die hoogmoed hoogty in hulle harte. Hulle begin om te heers, hul medemense te haat, te bedrieg en te onderdruk, en hulle heeltemal oor te gee aan die begeerte van hul sinne. Hulle hemel, waarna hulle vol begeerte heen streef, was `n uiters sagte luuksueuse lewe in prag en weelde. Wie hulle nie wou dien nie, was op die mees gruwelike wyse vervolg en sonder enige verskoning ten gronde gerig.

[2] Maar nou breek die tyd en die uur aan dat die siel van sulke mense ook hul seer geliefde liggaam moet verlaat volgens die voorskrif van die Almagtige God. Wat nou?

[3] Kyk, hierdie soort siele het hulle tog wel strafbaar gemaak, wat elke enigsins reggeskape, denkende mens moet toegee! En tog word hulle nie deur My geoordeel nie, maar in `n toestand en `n lewe geplaas wat heeltemal ooreenkom met wat hulle op hierdie wêreld gehad het, net met die verskil dat hulle bure tot in die verre omtrek heeltemal dieselfde is, dieselfde doen en wil soos die wat so pas aangekom het. En dan duur dit nie so lank nie of daar begin `n uiters verbitterde oorlog; want elkeen waan homself die hoogste en magtigste te wees, wil oor almal heers en beskou elkeen wat hom nie wil skik volgens sy bevele en wette nie, as `n strafbare muiter.

[4] Sou daar slegs één, twee of ook drie so dink en voel, en sou die ander meer nederige en inskiklike geeste gewees het, dan sou dit `n soort monargie in die ryk van die geeste kon lewer waar daar één is wat gebied en miljoene wat hom gehoorsaam. Maar daar is dit nie so nie; want daar wil elkeen `n monarg wees en op tirannieke wyse sy bure, wat self heerssug is, oorheers. En so `n slegte hartstog het dan `n byna onblusbare onderlinge haat tot gevolg, konstante rusie, twis, stryd, vervolging en `n letterlike oorlog, waarby weliswaar niemand gedood kan word nie, maar waar die onderlinge grenslose haat en toorn die vorm van `n woedende verwoestende vuur aanneem wat uit die stryders oplaai, met watter vuur hulle hulleself dan wedersyds kwel en bestry.

[5] As so `n boosaardige klub dan weer tot `n soort rus moet kom, is dit belangrik dat daar `n magtige gees uit die hemele daarheen gestuur word om rus te skep, deur `n nog magtiger vuur wat vir sulke siele goed voelbare, onuitspreeklike pyne sal veroorsaak, deels net vir `n oomblik, deels ook vir `n langer tyd. As sulke siele volledig hierdeur tot rus gekom het, dan verstom hul dom hartstogte ook steeds meer en word die vuur waardeur hulle gekwel word, verdoof, en die engelgees maak dan aan hulle hul groot blindheid, verstoktheid en dwaasheid duidelik.

[6] As die een of ander ongelukkige en seker ook onsalige siel haar dit sou aantrek, sal sy ook dadelik na `n beter toestand oorgaan; maar as sy dit nie deur haar innerlike geheime hoogmoed wil nie, wel, dan bly sy die ou dwaas en sal by `n volgende geleentheid weer dieselfde kan verwag. En dan kan mens soos die Romeine sê: Volenti non fit iniura*, ook al sou sulke bykans onverbeterlike siele, hulleself gedurende eons aardse jare so wil kwel! *(aan diegene wat dit so wil hê, geskied geen onreg nie)

[7] Ek dink dat Ek julle nou wel voldoende ingelig het oor dit wat julle My gevra het; maar nietemin sal Ek vir julle tog nog die een en ander daaraan byvoeg, luister dus nog verder na My!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205