Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 136

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die bedrieglike opwekking uit die dood deur die Essene word verbied

136 DIE MEESTER: 'Kyk, die jong man daar links van Cyrenius, wat nou `n bietjie insluimer; - sy naam is Josoë! Hy het al meer as een jaar in die graf gelê en sy gebeente was sonder vlees. Hy het nie ver van Násaret af in `n grafkelder gelê en Ek het hom die lewe teruggegee, en niemand kyk hom nou aan asof hy al heeltemal vergaan in die graf gelê het nie!

[2] Wat Ek met hom kon doen, sou Ek natuurlik ook met jou honderd-en-sewe kinders kon doen, en wel nou dadelik in `n enkele oomblik! Maar daarmee sou julle ook nie bepaald geholpe wees nie; want daardeur sou die kinders vóór die afgesproke tyd na die huis van hul ouers gaan. Julle moet julle presies by die afgesproke tyd hou, om nou in die geval geen nuwe leuens meer te begaan nie. Maar dan moet My dienaar na julle toe kom en die werklike kinders, weliswaar enigsins in stryd met My orde, in die aardse lewe terugroep in die teenwoordigheid van hul ouers, wat vir die doel daarheen sal moet kom, sodat ook hulle hierdeur soos deur `n magtige impuls in hul groot blindheid sal sien dat die ryk van God nou naby gekom het.

[3] En wat jy by die geleentheid moet sê sal Ek, waar Ek liggaamlik ookal mag wees, jou wel in die mond lê; maar Ek wys jou vir nou en later baie ernstig daarop, dat nóg jy, nóg iemand uit julle instituut, ooit weer gestorwe kinders sal aanneem om hulle weer lewend te maak, ook nie vir alle skatte ter wêreld nie.

[4] Want as Ek `n kind laat sterwe dan is daar `n hoogs belangrike rede voor, en dit sou teen My wil en teen My orde wees om sulke kinders weer hier op aarde lewend te maak. Wel, wat hierdie huidige honderd-en-sewe kinders aanbetref, dit het Ek alreeds lank tevore so beskik en daarom gebeur dit nie teen My wil nie en in `n verdere sin ook seker nie in stryd met My orde nie; maar voortaan mag so-iets maar net gebeur, en dit hoogs selde, as dit aan jou of iemand van jou opvolgers direk deur My Gees opgedra sal word.

[5] Siekes genees kan julle één, twee of drie keer, so baie soos julle maar wil; maar hou julle veral nie meer besig met die opwekking van mense wat liggaamlik gesterf het nie! Want julle rig daardeur baie meer skade aan onder die siele wat bevry is van die vlees, as wat die ergste moordenaar aanrig onder die mense wat hulle tyd nog op hierdie wêreld moet uitleef.

[6] Wat `n vreeslike ongeluk is dit vir `n mens op hierdie wêreld as daar iemand gedood word! Maar aan ander kant vind mens dit talle duisende kere erger wanneer `n reeds daar synde, vrye siel gedwing word om weer in haar sterflike, stinkende en logge lyf terug te keer! Jy sou daarom niemand `n diens bewys as jy hom weer sou terugroep in die aardse lewe nie.

[7] Daar is wel kwaadaardige siele wat mens rustige duiwels kan noem. Dit gaan aan die ander kant seker tienduisend keer slegter as die mees arm en vervolgde bedelaar op hierdie aarde; maar van al daardie talle siele, waarvan mens seker kan aanneem dat daar tot nou toe, volgens die Arabiese telwyse, tienduisende miljoene is, sou daar nie één nog `n keer die weg van die vlees wil deurmaak nie. As sulke ongelukkige siele nooit meer na hierdie aarde wil terugkeer nie, hoeveel te minder dan diegene wat aan die ander kant geseënd is! Neem dit dus goed ter harte, en wek veral geen dooies meer op nie! Het jy dit nou ook verstaan?"

[8] ROCLUS sê: 'Ja Heer, dit het ek baie goed verstaan, en ek kan U nie genoeg bedank vir die buitengewone redding uit ons groot verleentheid nie; maar eintlik het ons onsself tog nooit besiggehou met die werklike opwekking uit die dood nie, omdat dit basies niks anders was as baie geheime bedrog nie, enkel ten behoewe van die treurende mensdom, dit wil sê, wat volgens ons vroeëre voorstelling van ons beperkte verstand die beste was vir die mense! Eintlik het ons baie min voordeel daarvan gehad, omdat die instandhouding van die mense-kweekplekke en die aankope wat ons van tyd tot tyd daarvoor moes doen, naamlik die aankope van kinders, ons steeds ontsettend baie gekos het.

[9] Deur ons opwekking het ons die mense in die groot hiernamaals sekerlik nie gesteur nie en daarom dink ek dat ons, afgesien van die geringe bedrog, daarmee vir die ryk van die siele baie min steurende, bose dinge aangerig het; want ons het die siele van die oorledenes immers nooit gedwing om terug te keer na hul liggaamlike bestaan nie?'

[10] EK sê: 'Dit is wel so; maar tog het die manipulasie van julle wel sommige versteurings in die geesteswêreld teweeg gebring. Want die gestorwe kind, wat nou eenmaal `n burger van die geesteswêreld geword het, en na verloop van tyd wanneer sy ouers op hierdie aarde ook sterf, en die onegte kind ook; en hulle onder gunstige omstandighede dan, soos wat gewoonlik die geval is, aan die ander kant ook baie gou bymekaar uitkom.

[11] Wel, wat sou die verraste ouers in die ander wêreld dan wel dink van julle opwekkingsmetode, as hulle daar met die egte en die op homself lykende onegte kind, wat hulle in hierdie wêreld onherroeplik as eg beskou het, kennelik maar baie vinnig byeenkom? Dink maar self `n bietjie daaroor na!

[12] Want aan die ander kant sal alles, wat op hierdie wêreld hoe geheim gehou was, tot in die kleinste besonderheid sigbaar word. As iemand hier iets hoe in die geheim en verborge doen, dan sal dit tog aan die ander kant vanaf die dakke aan hom verkondig word, soos wat mens wel sê, en dit uiters luid vir miljoene oë en ore! Dink jouself nou eers in dat jy, as valse dode-opwekker, ook in hierdie sfeer so aangekyk sal word! Wat se figuur sou jy dan slaan en hoe sou jy voel?

[13] As mense met hul uiters beperkte waarnemingsvermoë en sintuie op hierdie wêreld al heelwat onsinnige dinge baie goed onderskei, beoordeel, veroordeel en uiteindelik ook flink bestraf, terwyl hulle eintlik merendeels nie beskik oor die innerlik waarheidsvermoë nie, hoeveel te meer sal hulle dit dan daar doen waar die waarheid steeds as een van die onoorwinlikste kragte, heeltemal meester en owerste is oor alles wat bestaan!

[14] Kyk, onder die klein roofvoëls is daar één, wat na sy gesang genoem word, en dus koekoek heet! Deur sy instink is hierdie voël traag wat broei aanbetref. Daarom lê sy haar eiers waar sy maar wil en kan in die neste van verskillende ander voëls indring, en spaar daarby selfs die nes van die mossies nie. As hierdie arme voëls nou sien dat daar in plaas van hul eie jonges maar net koekoeke tevoorskyn kom, kyk selfs hulle, terwyl dit tog diere sonder verstand is, baie verbouereerd daarna en begin hul nes steeds meer te vermy, en as hulle dan `n koekoek hoor roep, vlieg hulle in groot swerms op hom af en agtervolg en pla hom op alle moontlike maniere.

[15] Wel, as diere wat geen verstand het, maar slegs `n instinkmatige intelligensie, hulle al wreek op `n bedrieër, hoeveel temeer is dit dan nie te verwag by die verstandige mense nie en hoeveel meer nog by die geeste, vir wie geen bedrog meer plek kan vind nie omdat hulle insig en onderskeidingsvermoë te helder daarvoor geword het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205