Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 140

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Verborge waarhede en leuens. Valse profete en hul wonderwerke

140 DIE MEESTER: 'Maar stel jou nou voor dat dit plotseling onthul sou word! Wat sou die volk byvoorbeeld met julle gedoen het, as Ek self opheldering daaroor gegee het, en dan die ware oorsaak van `n sons- of maansverduistering selfs helderder as julle aangebied het? Wat die gevolg sou wees, kan julle self maklik bedink.

[2] As julle egter iemand nog deur so `n verskuilde waarheid op die regte pad gebring het, en as hy dan ook tot dieper insigte kom en as hy dan slegs die volledige waarheid sal insien, al is dit ook hoe verborge, en hy op één lyn gebring word met die ware lewe, - wat se goeie dade sal so iemand dan nie alles vir jou doen nie? Ek dink dat jy as mens, met `n helder verstand, nou wel die verskil sal sien wat daar bestaan tussen `n verskuilde waarheid en `n verskuilde leuen.

[3] Wat Ek vir jou aandui as iets wat in julle instituut nooit mag gebeur of gesê word nie, is `n verhulde leuen, maar nooit `n waarheid wat opsetlik verhul is nie.

[4] Al het die leuen hoe `n goeie resultaat en die waarheid op sy minste, skynbaar `n slegte, dit wil sê, wat die mense met hul op die wêreld gerigte verstand sleg noem, dan verdien die waarheid tog die voorkeur bo die leuen; want die uiteindelike werking van die leuen sal altyd blywend sleg wees, en die uiteindelike werking van die waarheid goed.

[5] Wat die uiterlike skyn betref, val die verskille tussen `n verskuilde leuen en `n verskuilde waarheid inderdaad nie maklik op nie, soos wat ook `n egte wonderwerk vir die onervare, suiwer wêreldse verstand moeilik of heeltemal nie te onderskei is van `n valse wonderwerk nie, omdat `n egte wonderwerk vir die wêreldse verstand gladnie te kontroleer is nie, en die towenaars en valse profete hul wonderwerke ewemin deur die volk laat kontroleer, soos wat julle met julle wonderwerke gedoen het. Juis daarom moet daar by julle nooit plek wees vir die kleinste leuen of die kleinste bedrog nie, sodat daar op aarde blywend `n instituut kan wees waarin die waarheid enkel en alleen sal heers, en daarmee `n blywende toetssteen aan die wêreld gegee word, waarmee mens die egte goud van die waarheid goed en maklik van die valse goud sal kan onderskei!

[6] Wanneer `n mens hom nie daarby sal hou nie, sal daar enkele jare na My `n verbasingwekkende groot aantal valse profete en wonderdoeners wees, wat My leer heeltemal sal misvorm. Hulle, die valses, sal weliswaar ook van My Naam gebruik maak; maar hul leer sal nie in die minste na Myne lyk nie, en hul wonderwerke sal van die ou bekende, bedrieglike soort wees en baie tot vaste aanhangers van die valse profete sal maak.

[7] Daarom waarsku Ek julle vroegtydig daarvoor! Slaan daarom geen ag op hulle wat rondtrek en sal roep: Kyk, hier of daar is die Gesalfde van God, - dit is die waarheid!' Waarlik, Ek sê vir julle almal: Die wat so praat en skreeu, en selfs wonderwerke sal doen in My Naam, is niks anders as suiwer valse profete nie! Luister nie na hulle nie en keer hul die rug toe! En kom hulle na julle toe, dreig hulle dan, en as hulle nie wil wyk nie, dreig hulle dan in My Naam, en doen in My Naam voor hul oë `n ware teken; maar weerhou jou verder soveel moontlik van die doen van wonderwerke, wat wel die oog en die oor van dom mense bekoor en boei, maar hul harte ten koste van die wonderwerke meestal tot gevoellose klippe verhard! Die waarheid moet vir haarself spreek en getuig, en het geen verdere behoefte aan tekens nie.

[8] Die enigste ware wonderteken moet bestaan uit die eie ervaring, wat elkeen sal opdoen deur en vanweë die feit dat juis die waarheid hom waaragtig vry gemaak het in al sy denke, wil en handel, en sy innerlike oog geopen het om alle dinge en omstandighede te sien soos wat hulle in waarheid is en nie soos wat hulle in die verwarde brein van die een of ander na aansienstrewende wêreldwyse na willekeur by elkeen gesit is nie. Sê My nou, My Roclus, of die saak nou vir jou duideliker is as voorheen!"

[9] ROCLUS sê: 'Ja, Heer en Leraar, nou is alles vir my so duidelik en helder, dat niks vir my in geheel my lewe duideliker kan wees nie! Ek het dit wel altyd gedink en selfs intens gevoel dat `n God niks kan beweer wat teen die suiwere menseverstand indruis nie, en wat duidelik en tasbaar daarmee in stryd is nie. Maar nou is elke woord wat U spreek so geheel en al in ooreenstemming met die verstand, soos die lig van die son met die ontstaan van die dag op die aarde. Dit is vir my nou baie duidelik, en vir ons instituut moet dit ook so bly tot aan die einde van alle tye!"

[10] EK sê: ‘Nou goed, gaan dan nou en vertel dit ook aan jou metgeselle! Nou sal daar nog iets gebeur, dan sal die oggendmaaltyd volg en daarna vertrek Ek van hier vir `n ruspouse!".


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205