Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 63

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Roclus en sy metgeselle pleeg oorleg met mekaar

63 Roclus en al sy elf metgeselle het begin om hewig agter hul ore te krap en het nie geweet wat hulle My nou daarop moes antwoord nie.

[2] ROCLUS het na hulle toe gegaan en dit as volg met hulle begin bespreek: “Ek het dit alreeds vantevore gedink, toe die jongeling aan my gesê het dat ek na die Nasaréner moes gaan, dat Hy Hom dan veral sou rig op die vernietiging van ons instituut tot heil van die volk; veral dit skyn die wonderwerkende Nasaréner die meeste te hinder! Maar Hy sal ons tog nie al te maklik skrik maak met al sy teosofiese frases nie!

[3] Daar blyk wel baie waarheid in Sy woorde te wees, maar ons goedingerigte instituut sal Hy nogtans nie maklik tot `n val bring nie! Hiermee wil ek julle egter niks voorskryf nie; julle kan doen wat julle wil, - want julle is ewe goed meesters van die saak as ek!”

[4] `n ANDER PERSOON, wat intussen ook vanuit Cesaréa-Filippi hiernatoe gekom het, sê: “Vriend Roclus, ek het vanaf die begin tot nou toe met die grootste aandag na die hele bespreking geluister en noulettend waargeneem wat alles hier gebeur het en ek moet nou openlik aan jou erken dat jy egter ongelyk het met jou beweringe en jou geestelike blindheid is om van rasend te word! Jy praat openlik so en by jouself dink jy heimlik iets heel anders! Teenoor die jongeling verafgod jy die beroemde Nasaréner en by jouself beskou jy Hom as `n magiër van die oudste en mees geheime skool van Egipte! Ons weet nou tog waarop die magie en die uitsprake van byna alle bekende orakels gebaseer is!

[5] Dink tog eers na of jy `n toorkuns ken, waarmee mens in `n enkele oomblik `n stuk graniet in die suiwerste goud kan verander! Hierdie wonderwerk alleen maak tog al ons wonderwerke tot niet, wat op niks anders as op die allerpuurste bedrog gebaseer is nie! Betrag ook eers daarnaas hierdie pragtige nuwe huis, die tuin met sy wye ringmuur, die hawe met sy skepe, kyk na al die menigte glansryke vrugtebome in die tuin, die slingers wynranke vol van die kosbaarste druiwe! Vier uur gelede was hierdie plek nog `n woestyn, waar ek self nog gewees het omdat ek by die see iets moes doen. Kyk nou eers na hierdie woestyn! Wat `n weelde, wat `n seën!

[6] Kan `n mens dit bewerkstellig deur `n bepaalde soort magie wat tog deur en deur aan ons bekend is? Ek sê aan jou: Daar hou alles wat tot nou toe aan ons bekend was, op; al ons kennis is leuens en bedrog en deug vir niks meer nie! As ons onsself in die toekoms langs hierdie Elohimmens nog staande wil hou, dan is dit duidelik dat ons moet doen wat die Nasaréner jou in alle vriendelikheid aangeraai het!

[7] Ek behoort weliswaar nie aan julle geheime raad nie en het eers `n paar uur gelede na julle toe gekom; maar soveel kan ek julle vanuit wat ek noulettend waargeneem het, wel sê, dat dit met ons nobele leuen- en bedroginstituut totaal verby is! Dit sou die grootste dwaasheid wees om onder sulke omstandighede nog in sekere sin die hoof te wil bied teen die God uit Násaret!

[8] Bowendien sien ons immers tog almal baie duidelik dat al die Romeinse hoogwaardigheidsbekleërs en maghebbers Sy intiemste vriende is! Hy hoef maar net te sê: “Sorg dat hierdie instituut verdwyn!” en dan is ons aan bande gelê vir alle tye! Wat doen ons egter dan daarna?! Ek is daarom in hierdie geval selfs baie beslis van mening dat ons dit moet aanneem en moet gehoorsaam wat hierdie Elohimmens uit Násaret jou in alle vriendelikheid aangeraai het! 

[9] Verder is dit `n werklik slegte veronderstelling van jou - ek sê dit openlik en sonder enige terughoudendheid in jou gesig, - dat jy hierdie duidelike Elohimmens voor ons dit wil toereken dat Hy jou maar net so behandel het omdat Hy ons instituut as `n uiteindelik hinderlike versperring sien vir wat Hy onderneem! Dit is immers meer as belaglik! Sal ons armsalige instituut nou vir Hom `n remskoen op Sy weg wees?!

[10] Vir jou en julle almal sê ek: “Ewemin as wat ons in staat is om die maan tydens sy opgang te hinder, ook al sou ons nog so enorm daarteen blaas en skreeu, sal ons oppervlakkige instituut vir hierdie almagtige Elohimmens `n hindernis op Sy weg wees! Hy hoef selfs nie eers daarheen te blaas nie, maar net sommer `n bietjie te wil en al ons goedere soos geboue, mure, katakombes en al ons toorapparate sal lug word! Wat moet ons daarna doen? Daarom is dit nou hoog tyd dat julle tot beter insigte kom!

[11] Gaan daarom na Hom toe en sê - maar eerlik getrou en waaragtig, - dat jy en ons almal verseker wil doen wat Hy jou aangeraai het! Want ons kan met hierdie ruil onmoontlik iets verloor as ons ons instituut heeltemal so inrig soos wat Hy dit wil. Daardeur word Hy dan Majesteit en Heer van ons instituut en ons wil en sal Sy getrouste studente wees. - Is julle dit daarmee eens?”

[12] DIE MEESTE sê: “Heeltemal, - as Hy ons maar net as Sy studente wil aanneem!”

[13] Die goeie spreker, wat RUBAN geheet het, sê: “Dit sal Hy doen, dit weet ek verseker, omdat Hy so `n buitengewoon menslike, vriendelike gesig het! - Wat dink jy daarvan, Roclus, wil jy nog steeds iets doms uitbroei?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205