Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Roclus laat sien dat die hart die setel is van die ware godheid

35 ROCLUS: “Maar hierdie plaasvervangers van God in Jerusalem is ten eerste dom soos naguile oordag, daarby vraatsugtig soos wolwe en heerssugtig en jaloers soos `n rooi haan en terselfdertyd ook nog ru, onbeskaafd en onverdraaglik soos wilde varke! Wie kan nou vreedsaam met sulke bure saamleef?! Wie voel homself nie verplig, as die sake so staan, om nie sy geregverdigde verbittering teen hulle te uiter nie?! Teen sulke menslike uitskot moet mens tog nou en dan optree met die suiwer waarheid, ten aanskoue van alle mense en hulle welmenend laat sien met watter skandelike skurke hulle te make het! Ons ontneem die mensdom daardeur sekerlik niks anders as hul ou blindheid nie!

[2] Dat dit bepaald nie baie aangenaam is vir die ou troetelkinders van Abraham, wie se hart en siel versteen het nie, is begryplik; maar ons kan werklik niks daaraan doen nie en dit word nou tog wel hoog tyd om hierdie ou Augiasstal `n keer te reinig! Hierdie kêrels maak ons vir goddeloses uit en noem ons lasteraars van die Allerheiligste. Waar is dan hul God, wat ons laster en waar is hul Allerheiligste?! Is dit dalk hul tempel, of die voorhangsel daarin, of die halfyster- en halfhout ark van die verbond met die naftaleen­vlam, of voorheen met `n rooksuil, wat ewenwel ietwat moeiliker te produseer was as die naftaleenvlam?! Of moet dalk die reusagtige sogenaamde gérubs die Allerheiligste voorstel, of die ou manna in die ark, die staf van Aäron, of die ou oshoringbasuine waarvan die geskal die mure van Jerigo laat ineenstort het, of die goue harp van Dawid en sy kroon, of die hele sogenaamde Heilige Skrif, wat die Fariseërs nie meer mag lees nie, maar net mag aanbid?! Kortom, ek sou die God van die Judeërs en Sy Allerheiligste tog wel eers êrens anders wou sien, of in iets anders wou waarneem as in die antieke rommel waarin niks anders te sien en waar te neem is as `n deur mensehand vervaardigde ou, kunstige, tipiese Egiptiese plompheid, wat van iets suiwer goddelik nog baie verder verwyder is as die blou van die aardse hemel! En as `n mens teen so-iets, wat maar net `n ou, en die skandelikste leuen is, laster - wat doen mens dan wat so erg is?!

[3] Of moet mens dergelike ou en verroeste menslike bedrog selfs nog prys, om aan die Judese Godheid, wat net soos die Romeinse Zeus heeltemal nie bestaan nie, `n aangename diens te bewys?! Nee, so-iets sal `n eerlike Esseen nooit doen nie! Ons ken `n ander allerheiligste en dit is `n eerlike en opregte mensehart! Daarin setel die ware godheid! Dit moet elke ware en eerlike mens in homself, net soos ook in sy medemens, erken! Doen hy dit, dan het hy ook agting vir die menswaardigheid in sy medemens. Doen hy dit egter nie, dan gee hy `n heel erbarmlik slegte getuienis van homself en verlaag hy homself tot benede die redeloosste dier. Ja, daar kan `n God wees; maar die mens vind Hom net in die ware lewensdiepte van sy eie hart en die naam van hierdie ware God is “Liefde”!

[Dit is die enigste, ware godheid; daarbuite bestaan daar ewig geeneen nie! Wie hierdie egter gevind het, het die grondbeginsel van die lewe gevind en sal dan hierdeur nog meer vind, miskien selfs `n ewige onverwoesbare lewe!]* *(Hierdie sinne kom nie onder punt 3 in die Duitse teks op CD voor nie.)

[4] Mens moet in jouself liefde deur liefde versamel en die liefde daardeur steeds magtiger maak! Deur hierdie gekonsentreerde lewenskrag sal mens waarskynlik baie maklik en sekerlik met sukses die hoof bied teen die ander vyandelike kragte en daardeur as oorwinnaar die voortbestaan van sy lewe vir ewig veilig kan verseker te midde van duisend vyandige kragte, wat, al is dit nie liggaamlik nie, dan tog in `n sekere sin geestelik blindelings op hom inwerk. Want elke krag in sigself is tog oorspronklik geestelik en moet dit ook wees, omdat wat ons eenmaal te siene kry, nie meer die werkende krag self is nie, maar net die resultaat daarvan. Wanneer ons egter die werke van die algemene natuurkrag opmerksaam gadeslaan, vind ons alreeds baie duidelik dat bepaalde kragte, as dele van die algemene oerkrag, hulself onder bepaalde voorwaardes, wat vanself ontdek is, moes gekonsolideer het, omdat hulle andersins, gesien die feit dat hulle steeds op gelyke wyse bly voorkom, nie in staat sou wees om steeds dieselfde uitwerkinge vir die daglig van die wêreld teweeg te bring nie. Dieselfde uitwerkinge veronderstel ook steeds dieselfde oorsake. `n Krag wat egter steeds deur dieselfde onveranderlike uitwerkinge duidelik manifesteer dat hy nie verander nie, moet in sigself `n volledige bewussyn, en `n vir sy aktiwiteit die hele toereikende en heldere intelligensie hê, waarmee hulle hulleself so goed moontlik van die nodige wapens voorsien, waardeur hulle altyd as oorwinnaar uit `n geveg met ander, nog ruwer kragte, te voorskyn kan tree en dit ook sal doen; want sou hulle op een of ander manier oorwin of algeheel tot niet gemaak word, dan sou diegene wat hul werking voortgebring het, ook seker nooit as te nimmer te voorskyn kom nie. Laat ons maar eers aanneem dat die onsigbare krag deur wie se werking byvoorbeeld die vy ontstaan, deur ander kragte opgehef sou kon word, dan sou daar ook nêrens ooit weer `n vy te voorskyn gekom het nie!

[5] En wanneer ons deur `n dergelike waarneming reeds genoodsaak is om verseker te erken dat tallose kragte, met hul verskillende werkinge wat hulle steeds herhaal, onvernietigbaar gekonsolideer is en wanneer ons ook sien dat selfs ons mense ons vorm en oorspronklike gesteldheid steeds weer herskep, kan ons ook wel as vasstaande aanneem dat die krag waaruit ons voortgekom het, sigself noodwendig as blywende lewensbeginsel vir ewig gekonsolideer het. Indien hierdie krag behoue gebly het, kan ook elke menselewe sigself konsolideer as dit sy lewensbeginsel waarlik gevind en met die korrekte middele ontwikkel het en daarna geestelik vir ewig en altyd voortbestaan. Want ek dink dat dit vir `n eenmaal van sigself bewuste en denkende lewenskrag, as hulle hulself eenmaal goed gevind het en hulle hulself en ook hul omgewing geheel deursien het, nooit meer te moeilik sal wees om middele te vind waarmee hulle vir ewig die hoof kan bied aan `n buitengewoon magtige, maar net ruwe en blind werkende krag, soos wat die mense op hierdie wêreld dan ook laat sien. Laat maar alle orkane en `n hele miljoen weerligte los op die piramiedes van Egipte! Sal hulle mense, wat hulle heeltemal in die binneste katakombes bevind, skade kan aandoen? Kortom, reeds op hierdie wêreld laat die mense sien, dat hulle baie goed weet om hulle te beskerm teen die ruwe en boosaardig werkende kragte. Wie leer hulle dit? Die ervaring, hul skerp verstand en die noodwendigheid!

[6] En wanneer `n mens wat oor die algemeen nog baie weinig ontwikkel is, dit kan doen, hoeveel te meer sal hy as `n gekonsolideerde geestelike lewe daartoe in staat wees! Ons het dus ook wetenskaplik gesien, `n gefundeerde vooruitsig op die voortlewe van die gees van die mens na die afval van die liggaam en het daarvoor geen Zeus en ewemin `n Lama van die Indiërs, nòg `n JaHWeH van die Judeërs nodig; die suiwer rede gee dit aan ons in die suiwerste en helderste lig.

[7] En so, my edele vriend, het ek nou aan u die redes vir my ateïsme tot nou toe, helder en duidelik aangegee en ook, dat my redes sekerlik nie uit my vingerpunte gesuig is nie, maar op die soliede grond van talle ervaringe staan! Ek wil my hiermee egter heeltemal nie vir altyd van die teïsme afkeer nie! Gee aan my ander redes en ek is `n teïs! Hoe is dit nou gesteld met hierdie huis vir Markus en sy gesin, wat wonderbaarlik ontstaan het? Gee aan my daaroor tog ook enkele aanwysings; want nou ken u my immers al heeltemal!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205