Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 101

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Roclus en Floran in gesprek oor Stahar

101 Stahar lyk somber en sê geen woord nie; want die woorde van Floran het die ou man tog weer stilletjies op ander gedagtes gebring.

[2] Maar ROCLUS, wat met gespanne aandag na hierdie uiteensetting geluister het, staan op en loop vinnig reëlreg na Floran toe, klop hom op die skouer en sê: 'Ek prys jou! Ek is dit heeltemal met jou eens! Ek neem jou op in ons instituut, wat nou onder die ware beskerming van God en onder die beskerming van Rome staan. Wat jy nou gespreek het, het die Heer jou ingegee; jy het na my hart gespreek! Ag, sulke woorde is `n weldaad vir my gemoed, wat net die beste is vir `n mens! Ek verstaan net nie hoe Stahar, wat soos wat aan my welbekend is, andersins tog nie op sy agterhoof geval het nie, nog kan twyfel nadat hy sulke buitengewone dade gesien het, en ongekende onderwysinge van die Heer gehoor en dit ook nie verstaan nie!

[3] Vir my, wat nou hier net enkele ure vertoef het, is wat ek tot nog toe gesien en gehoor het, veels te veel, en Stahar het so baie gesien en gehoor, en tog het dit by hom opgekom om die Heer van die hele oneindigheid van duiwelse dinge te beskuldig! Met of geen wyn, dit gaan nie daaroor nie; ek het ook wyn gedrink en is baie goed daarvan bewus dat my moed ook aansienlik toegeneem het; maar my eenmaal gevestigde oortuiging wankel nie en sal ook nie wankel as my ledemate dit `n bietjie sou gaan doen nie. Maar op die ou gryse Stahar sou die ou Romeinse spreuk 'in vino veritas'* wel tog toepaslik wees; want wyn bring die merkwaardige teweeg dat dit dikwels by mense die donker sluier van die politiek lig en teen hul eie wil die tong losmaak. En by sulke geleenthede het mens al dikwels so die een en ander te hore gekry, wat anders berekenend en om baie selfsugtige, slim redes met iemand die graf sou ingegaan het. * (in die wyn is waarheid)

[4] Stahar was verseker, ondanks sy diamantharde Fariseërdom, baie in `n hoek gedryf. Hy het homself met sy teëstellinge as verlore gesien, en het hom uiteindelik oorgegee, omdat hy geen gat meer gesien het waardeur hy nog kon ontsnap nie; maar baie diep in sy hart bly hy vir homself nog altyd die ou, diamantharde Fariseër. Nou was hy egter so onverstandig gewees om `n bietjie te veel van die edele druiwevat te geniet, en dit het die ou, verstokte Fariseër uit sy dop laat kruip en vir homself laat praat. Wanneer die wyn by hom verdamp het, sal hy sekerlik baie spyt wees dat hy homself so mooitjies verraai het.

[5] Nie verniet vertel die mense van die Bacchus-gees, dat dit die mense dikwels toekomstige dinge en gebeurtenisse laat voorspel, en mense heg baie waarde aan hulle uitsprake. Ook by hulle word die wonderlike verskynsel deur die wyn veroorsaak. Ook oor die groot Judese koning Dawid gaan die verhaal dat hy baie van sy psalms na die gebruik van wyn geskryf en self gesing het.

[6] As wyn derhalwe so `n besondere werking het, kan mens as baie seker aanneem dat die ou owerste van die Fariseërs hom nou self tot algemene heil van ons, en ondanks sy bekering wat hy heeltemal voorgegee het, tog weer laat ken het as steeds dieselfde, onveranderlike egte Fariseër, `n soort mens, waarvoor selfs die wildste diere in die bosse die nodige respek het, om maar nie te praat van `n arme sondaar wat onder hulle juk gebuk gaan nie! Het ek gelyk of nie?"

[7] FLORAN sê: 'Ja, beste vriend, in `n bepaalde opsig het jy heeltemal gelyk; maar daar is tog nog `n punt wat ons hier in aanmerking moet neem en moet oorweeg! Kyk, as jy `n jong boom wat krom gegroei het, reguit wil buig, sal jou moeite spoedig deur sukses beloon word; maar gaan probeer jy dit net met `n oud geworde, krom boom, dan sal jy ten eerste allerlei kragtige hulpmiddele nodig hê om die reeds baie onbuigsame ou boom reg te buig, en ten tweede mag dit jou nie aan die nodige geduld ontbreek nie! Jy sal slegs van dag tot dag `n klein bietjie druk kan uitoefen, en dit net totdat jy in waarheid die boom heeltemal reg gebuig het; as jy hom egter met alle mag in één beweging reg wil buig, dan sal jy die boom afbreek en daarmee doodmaak, wat tog seker geen geseënde beloning van jou groot inspanning sou wees nie. Dit skyn dat ook die Liefde en Wysheid van die Heer dit by hierdie geleentheid in ag neem.

[8] Ons Stahar word nou in `n posisie gebring waarin hy hom in sy ou Judese JaHWeH-ywer baie geërd sal voel. Wat sy ou bygeloof nog steeds as `n sonde beskou, kan volgens die suiwere verstand nooit `n sonde wees nie, nie vir die mens nie en nog minder vir God! Volgens sy moraal val daaronder ook die ryklike nuttig van wyn en die gesels met `n jong vrou, wat volgens hom nog nie heeltemal volwasse was nie! Wel, as hy heeltemal nugter is, dan val hy kennelik nie oor dergelike kleinighede nie; maar ja, hy het immers self verskeie bekers wyn gedrink, en die natuurgeeste van die wyn het in sy ingewande nou nog van die egte ou, verharde reste van sy ou stokblinde Fariseërdom gevind, hulle lewe ingeblaas en hulle min of meer in opstand gebring. Maar in werklikheid is die hele saak nouliks werd om een woord daaroor te mors!

[9] Trouens, ek het die ou Stahar al my goed gefundeerde mening op baie verstaanbare manier duidelik gemaak, en hy dink nou in sy halwe slaaptoestand daaroor na. Môre sal hy seker `n heel ander mens wees, en as dit nie so is soos wat ek jou nou gesê het nie, dan sou die Heer Self wel iets vir hom gesê het; maar die Heer, wat goed weet wat daar aan die gang is, lyk nie of Hy die minste aandag daaraan gee nie. En as Hy en die hooggeplaaste maghebbers van Rome heeltemal geen aandag skenk aan hierdie hele saak nie, dan kan beide van ons totaal seker wees daarvan dat hierdie kwessie niks meer om die lyf het as wat ek nou net aan jou duidelik gemaak het nie. Behalwe dit, wil ek jou egter van ganser harte bedank vir jou baie vriendelike aanbod, en wel met die, vir my, baie aangename versekering, dat ek sonder meer daarvan gebruik sal maak.

[10] Want daar kan vir `n eerlike mens op hierdie aarde niks heerliker bestaan as om te lewe en te werk in `n ware gemeenskap van mense wie se slagspreuk 'liefde en waarheid' is nie, waar die menslike waarde van die mens onderling as die mees heilige onderpand van ons bestaan erken word en dus ook hulle, wat uit God is, en waar alle lede soos uit één hart egter vir die Heer leef, waar hulle Hom liefhet en Hom slegs alle eer gee en ook soos uit één mond sê: 'Slegs Die Heer is alles in alles, en ons is slegs broers onder mekaar, waarvan niemand hom ook maar enigsins verbeel dat hy meer en beter is as sy naaste nie; en as daar sprake is van verskille in die geselskap, dan moet dit slegs daaruit bestaan dat die één die ander steeds tot `n groot vriend probeer wees, om met verenigde kragte alle mense in die volste waarheid van diens te wees!'

[11] Ja, vriend Roclus, op aarde is die waarste en in werklikheid ook hemelse beroep van die mens: Om almal wat gedruk is en wat noodlydend is, fisies en geestelik te help, waar hulp ook maar enigsins moontlik is! En dit is ook die baie duidelike uitgesproke liefdeswil van die Heer; wie hierdie liefdeswil getrou sal volg, sal sekerlik ook self die vrugte hiervan pluk! Deel jy nie ook hierdie mening met my nie?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205