Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 112

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die materiële wêrelde sal ook in die geestelike verander word. Kinders en skepsele van God

112 DIE MEESTER: 'En wat daar met die ou wateremmer gebeur deur die verstand van die mense, of wat in elke geval tog na alle waarskynlikheid daarmee kan gebeur, dit sal later ook met die aarde gebeur en met alle ander hemelliggame, selfs met die oersentraalsonne; en daaruit ontstaan dan volkome geestelike wêrelde om die salige geeste te dra en hulle tot woonplek te dien.

[2] En hierdie hemelliggame sal dan nie net uitwendig, maar baie meer inwendig bewoon word in al hul lewenstempels wat binne aanwesig sal wees en wat sal ooreenkom met die vroeëre organies-materiële vorme.

[3] Dan eers sal die mense, as voltooide geeste, die inwendige hoedanigheid van die wêrelde wat hulle eens gedra het, volkome leer ken, en in alle vreugde sal hul verbasing geen einde hê oor die buitengewoon wonderlike gekompliseerde, inwendige organiese inrigting daarvan, van die kleinste tot die grootste organe.

[4] Die op hulself klein, liglose planete, soos wat hierdie aarde is, haar maan, die sogenoemde Venus, Mercurius, Mars, Jupiter en Saturnus en nog meer soortgelyke planete wat by hierdie son hoort, sal, na vir julle ondenkbare talle aardse jare, geheel in die son opgaan, netsoos die talle komete, wat later ook mensdraende planete sal word, deels deurdat hulle op bepaalde oomblikke telkens verenig met `n planeet wat reeds mense dra, en deels omdat hulle ryp geword het, en `n selfstandige planetêre eenheid sal word.

[5] Die son en haar talle, talle mede-sonne sal in hul spesiaalmiddelson opgaan, hierdie middelsonne, wat `n buitengewoon hoë leeftyd kan hê en waarvoor `n eon (desiljoen maal desiljoene) aardse jare `n jaar is, sal opgelos word in die sentraalsonne van die sonnegebiede, wat natuurlik in al hul bestaansverhoudinge - om dit in Arabiese getalle uit te druk - miljoene maal miljoene kere groter is as hul voorsonne. Hierdie sentraalsonne van die sonnegebiede sal wederom oplos volgens dieselfde verhouding van die grotere sonneheelal-sentraalsonne, en hierdie uiteindelik in die enige oersentraalson, waarvan die massale omvang vir julle begrippe werklik onmeetbaar is.

[6] Maar waarin sal dit dan uiteindelik oplos? In die vuur van My wil, en vanuit hierdie uiteindelike oplossing sal alle hemelliggame dan terugkeer na hul vroeëre orde en diensbaarheid, maar geestelik, en dan sal hulle geestelik ewiglik voortbestaan in al hul prag, grootsheid en wonderbaarlikheid.

[7] Natuurlik moet julle dit nie vir julleself so voorstel asof dit alles byvoorbeeld more of oormore sal gebeur nie, maar as julle vir elke sandkorreltjie, soveel as wat die hele aarde kan bevat, een jaar aardse tyd sal gee, dan sal dit nouliks genoeg wees vir die bestaansperiode van die materiële aarde. Daarom kan die mens die veel langer bestaan van die son gladnie voorstel nie, natuurlik nog baie minder die bestaan van een van die vroeër genoemde sentraalsonne, van die sentraalsonne van die diepergeleë sonnegebiede en nog enorm veel minder kan julle die vir julle nooit te bereken duur van die sonneheelal-sentraalsonne voorstel en heeltemal nie van `n oersentraalson nie, - en dan word dit nog minder voorstelbaar terwyl die sonne nog steeds nuwe hemelliggame voortbring, en die sentraalsonne nog steeds nuwe planetêre sonne, en die oersentraalson ook nog steeds hele leërs sonne van elke soort voortbring.

[8] Maar ondanks hierdie vir julle onmeetlike duur van die groot hemelliggame, sal die tyd tog eendag uitgeloop wees en daarmee sal `n skeppingsperiode opnuut voltooi en afgeslote wees, waarna dan in `n eindelose ver weg geleë skeppingsruimtegebied weer na `n nuwe skepping voortgeskry sal word, waaraan julle, soos ook aan nog tallose talle nuwe skeppings wat sal plaasvind, sal deelneem, begaafd met `n steeds groter magsvolkomenheid, maar slegs as My ware kinders!

[9] Want wie langs hierdie voorheen beskrewe weg, nie die kindskap van God sal bereik nie, sal weliswaar as `n voltooide, verstandige en tog wel geluksalige skepsel op sy geestelike aarde woon, lewe, handel en wandel, en sal selfs ander aangrensende geestelike wêrelde besoek - ja, hy sal deur sy hele heelalsfeer* kan trek!, maar verder as dit sal hy dit ewiglik nie maak nie, en die behoefte tot `n daadwerklike verlange na iets hoërs sal ook nie in hom opkom nie.

(*”Heelalsfeer” (Duits -Hüsenglobe) is die naam vir die groepering van tientalle miljoene maal tientalle miljoene sonne, wat hulle as sentrale sonne van die eerste, tweede, derde, en vierde klasse saam met die tallose ander planetêre sonne, soos wat ons vanaf die aarde kan sien rondbeweeg. Almal is in `n groot uitgestrekte baan en beweeg om één gemeenskaplike, onmeetlike groot middelpunt, wat bestaan uit `n byna eindelose groot hoofmiddelson. Ontelbare baie van sulke ‘heelalsfere’, wat vir die mens ondenkbare groot afstande van mekaar verwyderd is wat die ewige oneindige ruimte vul, heet as `n geheel “Die groot wêreldmens”).

[10] Maar My kinders sal steeds by My wees en met My soos vanuit één hart dink, voel, wil en handel! Daarin sal die eindelose groot verskil lê tussen My ware kinders en die met rede en verstand begaafde geluksalige skepsele. Sorg daarom goed daarvoor dat julle eendag deugdelik en waardig bevind sal word om My kinders te wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205