Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 107

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

 `n Voorspelling van die Heer oor die toekoms: Die volksverhuising

107 Daar ontstaan nou teen die middel van die baie heldere sterrenag `n groot stilte. Alle oë en ore was uiters gespanne op My gerig; want almal verwag `n lering of `n daad van My. En Ek laat hulle `n tyd lank in hierdie, vir hul siel, hoogste weldadige spanning.

[2] Na ongeveer ruim `n halfuur verhef EK my gou en sê met `n luide stem: 'My kinders, broers en vriende! Ek sien dat julle almal in baie gespanne afwagting daarna uitsien of Ek nie iets sal doen of sal sê nie. Maar waarlik, Ek sê vir julle dat Ek die keer niks verder te sê en te doen het by julle nie; want Ek het gedurende die sewe dae wat ek by julle was, byna alles uitputtend bespreek en gedoen wat voorlopig vir julle nodig sal wees om in die komende tyd My ryk volledig in julle harte op te neem. Maar julle groot gespannenheid spoor My daartoe aan om vir julle nog steeds iets te sê en te doen, ofskoon My ledemate ook ietwat moeg geword het. Maar wat doen die Liefde van die liefde nie alles nie? Luister dus aandagtig en maak julle oë wyd oop!

[3] Môre neem ons vir `n langer tyd afskeid en Ek sal oor byna `n jaar eers weer hierdie streek besoek en met My voete betree; maar omdat Ek hier so `n groot oorwinning behaal het en daarom `n blywende monument in die vorm van die badhuis en die nuwe hawe opgerig het, wat nooit maklik heeltemal verwoes sal word nie, behalwe in `n tyd wanneer die geloof in My sal verdwyn en daarmee die liefde, wil Ek dan ook nog iets doen. Dan egter, as geloof en liefde nie meer onder die mense sal bestaan nie, sal hordes barbare hierdie land inval en alle gedenktekens verwoes van hierdie groot tyd, wat hom sedert Moses tot by My oor hierdie lande uitgebrei het.

[4] Dit sou wel maklik verhoed kon geword het; maar tog sal dit nie verhoed word nie. Die badhuis en die hawe sal nog wel bestaan, en dit sal nie verwoes word in die tyd wanneer Jerusalem sal val nie; maar tog sal dit geen vyfhonderd jaar oud word nie. Want Ek sê vir julle, met Jerusalem sal dit begin; maar die mense sal hulle nie steur aan die waarskuwing wat teen Jerusalem sal uitgaan nie, en hulle sal verval in allerlei arglistigheid, wêreldgesindheid, boosheid, trotsheid, leuens, self- en heersug, hoerery en egbreuk. Dan sal daar `n volk in die verre Ooste opstaan en hierdie lande oorspoel soos `n groot Egiptiese sprinkaanplaag en alles verwoes: Mense, vee en alle stede, plekkies, dorpe en afsonderlike woonhuise, en die volk sal dan die volke tot ver in Asië, Afrika en Europa onderwerp, totdat daar oor alle goddeloses `n groter en `n meer algemene oordeel sal kom!

[5] Maar almal wat aan My in hul geloof en hul liefde getrou sal bly, sal vir die oordeel gespaar word; want Ek sal Myself vir hulle met die swaard omgord en vir hulle te velde trek. En elke vyand sal moet wyk voor My swaard! Die swaard sal heet 'Immanuel' (God met ons), en die skerpte daarvan sal die Waarheid wees, en die aansienlike swaarte daarvan die Liefde van God, die Vader van Sy troue kinders. Wie wil stry, moet dit doen met die skerpte van die Waarheid uit God en met die Krag van die Liefde uit die Hart van die Vader van ewigheid! Met hierdie wapen toegerus, sal hy triomfeer oor elke vyand van My Naam, en derhalwe oor die vyand van die lewe en die waarheid!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205