Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 179

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die droom van Hiram

179 Hulle was uiterlik verbaas oor alles, en een van hulle sê: 'Merkwaardig, ek heg eintlik heeltemal geen waarde aan drome nie, maar die droom wat ek hierdie nag gehad het, lyk of dit deur hierdie hoogs merkwaardige ontmoeting volkome as waar bevestig kan word?'

[2] Onmiddellik vra ASIONA hom, op sy haastige manier: 'Wel, wel, vertel dan vinnig wat jy alles gedroom het! Laat veral niks weg nie; want dit kan alles van groot belang wees!"

[3] Sy BUURMAN sê: 'Wees tog `n bietjie geduldig, my vriend Asiona; `n mens moet `n droom eers behoorlik uit alle lewenshoeke van sy gemoed ordelik deur homself laat ondersoek, omdat mens nooit met `n verwarde vertelling by iemand hoef aan te kom nie. Maar ek sien dit nou alles behoorlik goed voor my, luister dus maar geduldig.

[4] Ek staan aan die oewer van ons baai wat byna onbevaarbaar is vir groot skepe. Ek sien in die ooste `n groot glans opstyg wat sterker skyn as die middagson. Ek soek met my oë van links na regs en van bo na onder, maar daar was niks te sien wat ook maar enigsins na die son gelyk het vanwaar die groot glans uitgegaan het nie.

[5] Ek bekyk hierdie groot glans met steeds groter belangstelling en ontdek spoedig daarop `n groot skip wat juis hierdie baai binnevaar. Die skip versprei soveel lig dat dit vir my gou duidelik word dat die voorafgaande groot ligglans slegs van die skip af kon kom. Ek ontdek ook gou mense op die ligskip, waarvan Een veral `n groter lig versprei as die middagson. En ook die ander, op één na, versprei baie lig, maar tog so asof hulle lyk soos die wit sonwolkies wat deur daardie Een beskyn word. Die skip nader gou ons nedersetting. Ek word deur groot angs oorval vanweë die steeds sterker wordende lig, sodat ek my haastig in my hut probeer verberg. Maar toe word ek wakker en sê dan eers dat dit slegs `n droom was.

[6] Ofskoon ek, soos wat elkeen van ons ook, geen waarde heg aan `n droom nie, het hierdie merkwaardige ligdroom my tog tot op die oomblik besig gehou en ek roep myself meermale toe: 'Nee, dit is geen gewone, sinlose droom nie! Dit sal op een of ander ooreenkomstige wyse in vervulling gaan!' En sien, hier gebeur dit dan!

[7] Maar nou dadelik daarheen; want ek brand van verlange om die skip te sien, of dit altans wat die vorm betref soos die skip lyk wat ek in my droom gesien het! Ook die mense het ek van taamlik naby so duidelik gesien dat ek hul gesigte goed in my op kon opneem. Die sou waarlik hoogs merkwaardig wees as die skip en ook die mense wat ek in my droom op die skip gesien het, `n verband toon met jou wonderbaarlike gaste! Laat ons daarom onmiddellik na hulle toe gaan, sodat hulle nie te vroeg wegvaar nie!"

[8] Onmiddellik staan alle mense uit die buurt op en haas hulleself na ons toe.

[9] Toe hulle voor ons staan, roep die DROMER dadelik luid: 'Ja, ja, broer Asiona, dit is presies dieselfde skip en dit is ook presies dieselfde mense, almal net sonder die ligglans!"

[10] EK SELF roep hom nou by sy naam en sê: 'Hiram, hoe vind jy dan nou jou droom? En ook jy, Asiona?"

[11] HIRAM sê: 'Ja, beste, wonderbaarlike vriende! Ek kan niks anders hieroor sê as dat dit met julle, wat die vorm betref, volkome in vervulling gegaan het! Slegs die lig is nou nie te sien nie; maar miskien kry ons dit ook almal weer te sien, soos hierdie heldere sonnige dag hom sal omhul met die sterremantel van die nag!"

[12] ASIONA sê: 'Ek is van mening dat hier geen uiterlike sigbare lig nodig is nie, omdat hierdie liewe vriende so oorvol is van die onbegryplike innerlike lig van die lewenswysheid! En ek sou byna dink, vriend Hiram, dat jy in jou werklike besondere droom, slegs die geestelike ligskynsel van hierdie manne gesien het. Maar daaroor sal hierdie aardige manne en onbekende vriende jou self die korrekte opheldering gee!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205