Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Wat Roclus oor die Nasaréner gehoor het en sy opvattinge daaroor

54 Na `n kort pouse sê ROCLUS aan RafaEL: “Liewe jong en werklik wyse vriend! Ek is nou heeltemal in staat om aan jou te vertel wat ek ook eers onlangs van sommige sakelui uit Násaret en Kapernaum verneem het, aan wie ek sonder meer waarlik my volledige vertroue geskenk het wat die feite betref, omdat hulle manne is wat mens kan glo. Maar ek weet natuurlik ook geen woord meer as wat ek van hierdie kollegas van my waarheidsgetrou verneem het nie, - luister dus na my!

[2] In die stadjie Násaret wat aan die boloop van die Jordaan geleë is, nie in die plekkie in die berge wat dieselfde naam het nie, het `n timmerman geleef wat by sy tweede vrou `n seun verwek het, wat hy ‘Jesus’ genoem het. Hy was tot en met sy dertigste jaar ook timmerman en altyd ’n stil mens, wat baie gedink, maar weinig gepraat het. Hy was verder `n uiters beskaafde man; mens het hom nooit hoor rusie maak nie en het hom nooit aan een of ander bekoorlike Venus en ewemin Bacchus hulde sien bewys nie.

[3] Ewewigtige en baie beskeie nugterheid was die oorheersende karaktertrek in Sy lewe. Daarbenewens was Hy altyd baie nederig en barmhartig teenoor die armes en het vir Sy altyd uitstekende timmermanswerk net `n baie klein loon gevra, wat Hy altyd uiters pligsgetrou aan Sy ouers afgegee het. Op die dag toe Hy egter presies dertig jaar oud geword het, het Hy al Sy gereedskap tersyde geplaas en nòg Sy byl, nòg Sy saag meer aangeraak nie.

[4] Sy broers en Sy moeder, wat nog geleef het, almal volkome eerlike mense, het Hom na die rede daarvoor gevra en Hy het na bewering die volgende, hoogs misterieus klinkende antwoord aan hulle gegee: “Die uur het gekom, dat Ek die wil van My Vader in die hemel moet vervul, waarom Ek dan ook na hierdie wêreld gekom het!”

[5] Spoedig daarna het Hy die ouerhuis verlaat en getrek na die klein woestyn nie ver van die plek waar die Jordaan in die see stroom nie, waar ons onsself nou bevind, het daar studente aangeneem en hulle God en die naaste leer liefhê en hulle teen die ou suurdeeg van die Fariseërs gewaarsku; en dit is iets waarom ek baie waardering vir die Man kry, ofskoon ek nog nie die geluk gehad het om Hom êrens persoonlik te ontmoet nie; want `n teenstander van die Fariseërs is altyd ons vriend en sal van ons alle ondersteuning kry.

[6] Aan hierdie hoogs agtenswaardige leer skyn Hy ook `n fabelagtige, magiese wilskrag te verbind en wonderwerke te verrig wat tot nog toe geen enkele sterfling in sy drome as moontlik beskou het nie. Mens sien byvoorbeeld dat Hy elke dooie sonder enige aardse middele maar net deur woord en wil weer in die lewe terugroep; hoe ongelooflik en fantasties dit ook mag klink, sien mens tog dat dit volkome waar is! Kortom, Hy trek van die een plek na die ander, leer die mense hulleself en God ken op `n manier wat baie goed verstaanbaar is en elke stap en tree wat Hy gee, skyn van die mees buitengewone wonderwerke vergesel te wees!

[7] Sy intussen al baie talryke studente wat altyd saam met Hom trek, sien Hom aan as `n God, omdat `n werklike God met al Sy wonderbaarlike eienskappe onmoontlik tot meer in staat sou wees. Maar laat ons dit maar daar; want `n God, soos wat ons Hom in allerlei vorms en gestaltes voorstel, is immers tog niks anders as die mees losstaande produk van die menslike fantasie nie, met louter toegedigte vermoëns wat niks voorstel nie, ewemin as die besitter van hierdie vermoëns, naamlik die gefantaseerde God!

[8] Maar as dit egter so gestel is met die wonderwerkende man uit Násaret, waaraan ek absoluut nie twyfel nie, dan sien ek ook heeltemal nie in waarom mens hom nie as `n God sou kon of mag beskou nie! Ek dink die volgende daaroor: Hierdie Mens, deur Sy natuurlike aanleg sekerlik meer begaafd as enige ander mens op die hele aarde, het deur Sy lewensinset die sentrum van Sy liefdelewe in Homself gevind en het vervolgens hierdie sentrum baie sorgvuldig versorg, gevoed, gesterk en ontwikkel.

[9] Met hierdie ware lewe, wat volledig in Hom ontwikkel het en Hom heeltemal deurdring, stel Hy Hom in verbinding met die algemene lewenskrag van die natuur, waardeur Sy wil dan nie net Sy eie lewensorganisme lei nie, maar alle organismes in die hele natuur, omdat Hy deur Sy lewe die leidrade van alle ander deellewens in die lewende wesens in Homself verenig en daardeur dus na willekeur met alle wesens kan doen wat Hy wil.

[10] Ek het daarom alreeds, toe ek nog volkome ateïs was, die opmerking laat val, dat hoe `n mens dit maar net tot `n werklike God en tot die ewige lewe kan bring deur die lewensbeginsel in homself te vind en miskien het verskeie mense baie lank gelede dit alreeds sover gebring en in die toekoms sal meer mense dit sover bring. Nou het ons die man uit Násaret, wat geen versinsel is nie en wat my bewering volkome regverdig! Aan Hom het ek dan ook gedink toe ek die opmerking teenoor jou gemaak het. Ek sou heelwat daarvoor wou gee as ek Hom êrens sou kon vind! Ek sou selfs sy student wil word en ek sou Hom, as alles waar is wat ek oor Hom gehoor het van enkele van my kollegas, sonder om verder nog daaraan te twyfel, as `n ware God beskou en Hom met hart en siel liefhê en aanbid, ook al sou jy aan my daar `n duisend Judese JaHWeH`s en honderdduisend Egiptiese oppergode daarteenoor stel!

[11] Ek sê aan jou: Alle JaHWeH`s en alle Zeuse, die Egiptiese, Griekse en Romeinse en alle Athmas en Lamas van die Indiërs stel niks voor in vergelyking met hierdie een Nasaréner, wat `n ware wonderwerkende man is en waarvoor ons Essene, in die geheel nie bevrees is nie, want sommige van ons bevind hulle selfs onder Sy studente en het ons alreeds baie kere per brief laat weet hoe hierdie Man is, wat Hy leer en wat Hy alles doen! Ja, as die Man toevallig hier sou wees, dan sou ek jou heeltemal nie vra hoe die wonderbaarlike huis ontstaan het nie; want dan sou ek aan jou sê: “Sien, dit is `n ware God se werk!”

[12] Vir `n God is dit moontlik om hier ook `n nuwe wêreld te skep; want Hy het die sentrale lewensdrade in Hom, waarmee Hy alle wesens en alle elemente van die hele natuur volkome in Sy mag moet hê. Hy hoef iets net verseker te wil doen en dit moet Hom dan volgens Sy allerhelderste en hoogste volmaakte intelligensie vorm. Archimedes, `n groot wyse, wat met heelwat kragte vertroud was, het gesê: “Gee aan my `n vaste punt bo die aarde en ek lig die hele wêreld uit sy plek!” Dit was weliswaar `n vrypostige, maar nogtans steeds `n groot woord; maar dit sou hom wel swaar geval het om met sy skroefhefbome die hele aarde uit sy plek te lig.

[13] Die Nasaréner het egter geen materiële skroefhefbome nodig nie, Hy hoef maar net Sy wil te laat werk en die hele aarde, ons inkluis, lê in atome ontbind voor ons, dit wil sê, vir sover ons onsself na die ontbinding nog `n bestaan vir onsself kan voorstel!

[14] Die Nasaréner is die Een wat die geskikte hefboom gevind het en Hy het geen vaste punt buite die aarde nodig nie, maar net Sy wil en alle sigbare natuur het opgehou om te bestaan! En kyk, hierdie Nasaréner behoort in `n sekere sin ook tot ons instituut, dit wil sê tot die instituut van die ware, onselfsugtige naasteliefde en ons hoef daarom nie te vrees vir `n wonderdoener wat nog groter en nog waaragtiger is nie, omdat ons daarvan oortuig is dat niemand op hierdie aarde dit teen Hom sal opneem nie.

[15] Of sou jy dalk daarvoor lus voel om dit met Hom op te neem, jy wil my immers die hare te berge laat rys? Kyk, my liewe en verder baie gewaardeerde jongeling, bly altyd mooi beskeie! Jy kan dan wel tot heel baie in staat wees, maar nog lank nie tot alles nie; die Nasaréner is egter tot alles in staat! Met Hom sou jy harde kersies eet, liewe vriend van my! Ek sal die Nasaréner nog wel êrens self ontmoet en jou dan aan Hom voorstel; maar gee dan daarop ag hoe jy jou voor Hom gedra! So, ken jy nou die wonderwerkende man uit Násaret?”

[16] RAFAEL sê: “So, dink jy dat ek Hom nie ken nie? Ek is immers alreeds `n geruime tyd by Hom in diens!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205