Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 144

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Hoe die verhoudinge van die Essene teenoor die priesterdom in die vervolg sal wees

144 Toe Roclus aan sy metgeselle meedeel wat hy van My verneem het, is hulle baie verheug daaroor, en hy wat AL VROEËR GESPREEK HET sê: 'Kyk vriend, hoe goed was dit dat ek aan jou voorgestel het om hieroor by die Heer Self, noudat Hy nog steeds hier is, raad te gaan haal! Nou weet ons waaraan ons toe is, en hoef ons nie te lieg om ons hieruit te red nie, maar ons kom met die naakte waarheid na vore en bring almal wat ons ter verantwoording wil roep met min woorde tot swye! O, dit is `n groot en heilige raad! Ja, ja, wie deur die Heer gehelp word, word waaragtig geholpe en dus is hy ook vir alle tye waaragtig geholpe!"

[2] Die nog altyd aanwesige RAFAEL sê: 'Ja, daarin het jy heeltemal gelyk! Julle is baie gehelp met hierdie raad; maar desondanks sal dit mettertyd nie aan allerlei moeilikhede en beproewinge in julle instituut ontbreek nie, en julle sal te alle tye - onthou dit goed! - baie vriende hê, maar daarnaas ook steeds duisend maal soveel vyande, wat julle te alle tye sal vervolg, wat `n getuienis teen hulself sal wees en ook weens die feit dat die Heer Self op hierdie aarde voortdurend deur die blinde, slegte mense vervolg is.

[3] Want alle beroepstowenaars en alle priesters, ongeag tot watter godsdiens hulle behoort, haat Hom, en nog die heel meeste die priesters van die tempel in Jerusalem. Omdat die priesterdom egter altyd `n baie begunstigde groep mense op hierdie aarde is en te veel voordele geniet, sal hulle waarskynlik nooit uitgeroei word nie; en dit sal selfs nie eers meer so lank duur, dat selfs brokstukke van hierdie nou nuutste godsdienstige leer deur allerlei bedrieërs en leeglopers aangepak sal word, en hieruit sal `n priesterdom ontstaan, waarmee die tempel in vergelyking daarmee net `n vae skimmespel is.

[4] En ten voorskrifte van die priesterdom sal julle dit steeds hard te verduur hê. Dan sal julle weliswaar niks kan doen en ook nie kan verduur nie; maar hulle sal julle orals vervolg, soos wat die Fariseërs die Heer nou vervolg waar hulle ook maar kan. Dit sal slegs `n goeie herkenningsteken wees dat julle die hele leer van die Heer en Sy woord in die Skrif en in julle dade suiwer bewaar; en juis daarom sal julle jul ook altyd vanweë die getuienisse baie kan verheug.

[5] Julle sal jul vervolgers nooit as te nimmer vrees nie, omdat julle altyd sal lewe onder die sigbare beskerming van die Heer; maar julle teenstanders sal júlle buitengewoon vrees en daarom ook vervolg. Maar al hul vervolging sal hulle net so min oplewer as wat die tempelaanhangers iets oplewer wat die Heer nou uit alle mag vervolg, waarvan julle hier nou dadelik `n staaltjie sal meemaak. Die Heer het aan jou, Roclus, reeds tevore aangekondig dat daar nog iets gaan gebeur voor die oggendmaaltyd! Maar wat, - luister!

[6] Die boosaardiges het by `n slegte man, wat uit Césarea Philippi gevlug het, gehoor dat die profeet uit Násaret hier vertoef en Sy 'besighede' hier uitvoer, en ook dat die goewerneur terwille van Hom ook hier vertoef. Daarom het hulle in alle haas `n baie smerige plan uitgedink om die Heer gevange te neem, deur Hom by Cyrenius as `n daadwerklike volksopruier aan te gee en gehaat te maak. Die plan is baie satanies geraffineerd opgestel, sodat jy daaroor verstom sal staan.

[7] Hulle sal hiermee, veral by Cyrenius, slegte sake doen; maar dit sal groot opwinding hier veroorsaak, afgesien van die feit dat hierdie onderneming hier dadelik totaal ontsenu sal word. Julle sal selfs `n bietjie daarby betrek word, egter nie ten nadele nie, maar tot die voordeel van die goeie saak. Wees daarom maar goed op alles voorbereid; nog `n klein kwartuurtjie en die saak sal begin! Maar intussen bly ons baie rustig; Cyrenius self het nog geen floue vermoede hiervan nie, omdat die Heer dit so wil hê! Maar die saak sal daarom meer opwindend wees. Wees dus nou rustig!"

[8] Elkeen word nou, sonder dat daarom gevra word, rustig, waartoe waarskynlik ook die op hande synde sonsopgang baie bydra; maar hoofsaaklik omdat almal iets besonders verwag en daarom met `n sekere bang nuuskierigheid gespanne luister na wat daar sou gebeur.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205