Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 221

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Epifanus se voorstelle ter vermyding van die dood van die Heer

221 (DIE MEESTER:) “O vriend, aan jou sê Ek: As dit moontlik sou wees om die lydenskelk eenkant toe te skuif, sal dit ook onmiddellik gebeur; maar helaas is dit onmoontlik, en daarom laat ons dit nou met rus! Jy weet nou dat dit sal gebeur en ook waarom, en meer is nie nodig nie. Wanneer Ek egter opgestaan het, sal Ek julle Self doop met die Heilige Gees uit Myself, en (die Gees) sal julle dan eers in alle Wysheid en Mag binnelei, en dan sal julle, as julle volgens My leer bly lewe, ook as My ware kinders in staat wees tot alles waartoe Ek nou in staat is. Sê My nou weer hoe dié aanbod en hierdie belofte jou geval!”

[2] Epifanus sê: “Wat dit betref wat ons en alle goeie mense volgens U woord daarvan te verwagte het, natuurlik buitengewoon goed; maar wat U, o Majesteit en Heer, van die onverbeterlike domheid en slegtigheid te verwagte het volgens U woorde, geval my geensins nie! Maar as dit dan vir eens en altyd absoluut nie anders kan nie, laat dit dan wel volgens U wil geskied!

[3] Dat U wat U ware innerlike wese betref nie sal sterwe nie, is vir my nou wel baie duidelik; want wie anders sou U uit die dood van die liggaam moet opwek as Uself, met die Mag van God wat in U is?! Hierdie Mag is derhalwe onvernietigbaar; wat kom die sterwe van `n liggaam dan daarop aan, as U dit altyd, wanneer U wil, kan opwek?! Maar die groot lyding wat natuurlik gepaard gaan met die dood van U liggaam, geval my tog bepaald nie!

[4] Maar U is nou eenmaal Die Heer, vol van die hoogste Wysheid, Mag en Liefde, en U kan Uself die beste raad gee en help, en daarom sal alles tog slegs volgens U hoogste eie Raad en Wil geskied, soos wat dit ook U wil is dat ons mense op hierdie aarde dikwels `n gloeiend hete somer en `n yskoue winter moet verdra, wat ook nie bepaald aangenaam is nie, en aan die einde van die aardse lewe, dikwels `n baie pynlike bittere dood moet sterf, en ook daaraan kan ons niks verander nie, omdat dit nou eenmaal U wil is. En derhalwe dink ek dan dat ook U wil, as dit om U Allerhoogste Self gaan, nou deur ons swakke erdwurms nog minder verander kan word! En daarom is en geskied wat U wil!

[5] Maar wat mense soos ons in elk geval goed sou kan doen, om te verhinder dat U so sal moet ly soos U my hier vantevore aangekondig het, sou byvoorbeeld wees dat ek, Asiona en Hiram na die tempeldienaars in Jerusalem sou gaan en soos wel ter tale heidene hierdie duistere amptenare eers met goed verkose woorde beter oor U voorlig, dan sou hulle hul boosheid oor U sekerlik laat vaar; en mag dit gebeur, dan sou U op hierdie manier die vermeende lydenskelk wel opsy kan skuif.”

[6] EK sê: “Ja, My vriend, dan bly daar vir My niks oor as om maar net jou goeie wil vir die daad aan te sien nie; want sien, net so min as wat jy `n ou seder kan buig, sal so `n hooggeplaaste fariseër of selfs `n hoëpriester watter leer ookal van jou aanneem! Maar wat hy wel sou doen kan Ek jou presies sê:

[7] Sien, hy sou baie vriendelik na jou luister, hy sou hom met die vriendelikste gesig deur jou alles tot in detail oor My laat vertel! Hy sou jou selfs met klein tussenwerpsels en skynbare twyfeling tegemoet tree, maar slegs om jou meer entoesiasties te laat praat; maar hy sou ook dadelik heeltemal anders na jou kyk sodra hy merk dat hy byna alles van jou te hore gekry het! Op `n geheime teken sal daar dan `n groot aantal vermomde manne verskyn, jou gevange neem, en dit sal baie lank wees voordat jy dan ooit weer die daglig sou sien! Daarna sou so `n hoëpriester in samewerking met Herodes onmiddellik `n groot leër, onder die uitloof van hoë premies, uitstuur om My te arresteer en alle Judeërs in die hele Galilea laat kwel terwille van My, op alle plekke waar mense My met My leerlinge ook maar ontvang het.

[8] Kyk, dit is tog waarlik nie wat ons almal as wenslik sou beskou nie! Dit kan jy insien en die volgende is dus ook beter: één vir almal met resultaat, as almal vir één sonder resultaat! Sien jy dit nou goed in?”

[9] EPIFANUS sê: “Ja Heer, nou is dit vir my alles baie duidelik! Maar nou is die ete klaar, laat ons dit nou afsluit en die tyd dan met iets anders vul!”

[10] EK sê: “Ja, dit is ook goed; gaan wek jy nou My leerlinge uit hul slaap!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205