Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 110

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die toekomstige teistering van die aarde. Die kinders van God sal verborge wees.

110 CYRENIUS sê: ‘Sekerlik het ons dit verstaan; maar die begrip daarvan het weinige troos vir die mense van hierdie aarde! Waarvoor het die beste leer sin, as die mense mettertyd weer afvallig kan word daarvan en dan bydra tot die ten gronde rig van die hele aarde! Ja, as ons, wat nou U getuies is, `n minstens duisendjarige lewe sou hê en ons jongste leerlinge dan ook nog eens so `n lang lewe, dan sou dit voldoende gewees het om die leer suiwer te hou; maar as U ten eerste Self, volgens U nie onduidelike woorde daaroor, hierdie aarde liggaamlik gaan verlaat, en ten tweede die tekens ook seldsamer sal word, ja, dan weet ek nie wie dan die skuld daarvoor gaan dra as die aarde deur die pure domheid van die mens uiteindelik geheel en al ten gronde gerig gaan word nie! Waarvoor het dit sin as die aarde van nou af aan nog ternouernood `n paar duisend jaar behoue gaan bly, maar dan kennelik tog nog ten gronde gerig gaan word?'

[2] EK sê: 'Vriend, al sal jy ook nie in die tyd so grof stoflik voortlewe soos wat jy nou leef, dink en praat nie, tog sal jy as gees in `n baie helderder bewussyn van jouself, kragtiger en magtiger vir ewig voortlewe, en jy sal oog- en oorgetuie wees van alles wat daar sal gebeur en deur My noodgedwonge toegelaat sal word; en dan sal jy dit sekerlik alles korrek vind, en jy sal self nog heelwat bydra tot die tugtiging van die mense, en jy sal tesame met miljoene ander geeste My talle male versoek om die aarde `n nuwe inrigting en vorm te gee! Maar Ek sal julle dan altyd tot geduld en liefde maan.

[3] En as dit op die aarde dan eendag egter flink tekere begin te gaan, dan sal jy in My ryk groot vreugde hê en sê: 'Nou, eindelik laat die Heer vanweë die ten hemel skreiende ongeregtigheid van die mense ook op die materiële aarde weer eens Sy tugroede voel!' En jy moet ook nie vergeet dat Ek dit nooit sal laat ontbreek aan manne wat van My Gees vervul sal wees nie, ook nie onder die onwetende heidene nie! Daar gaan nooit vyftig jaar verby nie, of daar sal weer manne wees wat die mense die korrekte weg sal toon! Tans het Ekself as mens na hierdie aarde toe gekom, as die grootste bestem; na My sal daar steeds tot aan die einde van die wêreld manne gestuur word na die kinders van die wêreld en hulle sal ook steeds baie bekeer tot die ware lig.

[4] Daar sal van hierdie leer wat Ek nou aan julle gegee het, geen letter verlore gaan nie en tog sal dit vir die groot wêreld in sy algemeenheid nie so belangrik wees nie; want daar sal, solank daar materie bestaan en noodsaaklik moet bestaan, met die suiwer geestelike element voortdurende `n stryd wees. Maar daarvoor hoef niemand bang te wees nie; want daar sal altyd talle geroepenes wees, maar daaronder ook altyd weinig uitverkorenes!

[5] Vir hulle wat hulleself by hierdie uitverkorenes sal voeg, sal die aarde nog altyd `n veilig plekkie hê; maar diegene wat in hulle harte te doof en te blind sal wees, sal van tyd tot tyd steeds weer as onkruid van die suiwer koringkorrels geskei word.

[6] Die aarde sal daarom netso voortbestaan soos wat sy na Noag se tyd bestaan het, en sy sal My kinders, wat meer verlig is, dra; slegs die erg toenemende vuilheid sal van die aarde verwyder word en in `n ander reinigingsplek beland, waar dit in My ewige groot ryk waarlik nie aan ontbreek en ook ewig nooit sal ontbreek nie. Maar sulke wesens word nooit My kinders nie, want daarvoor is dit nodig dat die mens My goed ken en bo alles sal liefhê.

|7] Want nou spreek Ek nie tot julle as die wonderarts Jesus van Násaret nie, maar as Hy, wat in My woon van ewigheid af - as die Vader vol liefde en erbarming, spreek Ek tot julle, en as die enige God sê Ek: 'Ek is die Alfa en die Omega, die ewige begin en die eindelose, ewige einddoel van die gehele oneindigheid; buiten My bestaan daar geen enkele ander God nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205