Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 274

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Oor die Essene en hul wonderwerke

274 DIE HERBERGIER sê: “Ek sou U wel graag nog iets wou vra; maar U moet nie kwaad word daaroor nie!”

[2] EK sê: “Vra wat jy wil!”

[3] DIE HERBERGIER sê: “Goed dan! Kyk, toe ek nog in die tempel `n Leviet was, gebeur dit `n slag tydens `n missie vanweë agterstallige betaling van die tiende, dat ek `n paar Essene aantref! Hulle was baie vriendelik en vertel my, met die versekering dat dit absoluut waar was, dat daar in hulle tempel, wat groter is as die een in Jerusalem, die grootste wonderwerke verrig word.

[4] Daar word alle siekes genees en selfs mense wat gesterf het, weer in die lewe teruggeroep. Selfs die elemente en kragte van die hele natuur het hulle volledig in hul mag en die son, die maan en alle sterre moet gehoorsaam wees aan hulle wil, en so verskyn die mens in en by hulle eers as `n ware heerser oor die natuur, soos wat die oervader Adam dit in vroeër tye was, voordat hy gesondig het. Dit skyn so te wees dat by hulle selfs die bome, die gras, die klippe, die water, die lug en alle skepsele spreek, en hulle die getuienis van die volste waarheid gee, en as ek dit nie kan glo nie, moes ek maar net met hulle saamgaan en myself persoonlik van alles oortuig.

[5] Wel, die saak wat ek vir die tempel in orde moes kry het heeltemal geen haas gehad nie, want wat mens by ons in één week nie kan verrig nie, kan mens ook baie maklik sonder enige teregwysing in die derde week nog verrig. Sodoende het ek tyd en gee ek gevolg aan die vriendelike uitnodiging van beide Essene. Ons kom met behulp van drie vlugvoetige kamele, wat die tweetal by hulle gehad het, spoedig ter plaatse aan, omdat die plek waar ek die tiende moes invorder, nie sover gelê het van die behuising van die Essene nie.

[6] Ek word deur beide baie gou voorgestel aan hul owerste, `n uiters vriendelike man wat my met baie liefde ontvang en daarvoor sorg dat ek niks tekort kom nie. Sy gasvryheid het werklik niks te wense oorgelaat nie! Ek bly daar vir agt dae en oortuig myself van alles wat die tweetal my vantevore vertel het, ooreenkomstig die volste waarheid. Ek het dikwels daaraan gedink en sou self graag na hulle toe wou oorgegaan het; maar ek was, vanweë my jong leeftyd, nie aangeneem nie, wat my werklik baie gespyt het.

[7] Wel, ek sou nou graag van U wil hoor wat U van die instituut sê. Want hul wonderdade is heeltemal gelyk aan die van U, sodat ek nou stilletjies steeds die mening toegedaan is dat U miskien ook `n Esseen was. Want ook hy sê my dat die Wêreldmessias uit hulle sou voortkom. Wil U dit vir my verduidelik!”

[8] EK sê: “Laat jou nie verblind deur die Essene nie; want hul woorde is leuens, hul dade bedrog, en hul vriendskap is jou reinste huigelary! By hulle heilig die doel die middel waardeur dit bereik word; ook al is dit op sigself hoe miserabel en sleg, dit word goed en geheilig, as daar vir die mensdom maar `n goeie doel daarmee bereik kan word. Hulle doen vir die mense natuurlik slegs vir geld baie goed in aardse opsig; maar die goeie is nie goed nie, omdat dit suiwer bedrog is.

[9] Want as iemand dit reeds hier in die lewe sou agterkom, wat immers nie onmoontlik is in `n tyd van verligting nie, dan sou hy dubbel ongelukkig wees - ten eerste omdat hy vir baie geld op die skandelikste wyse vir die gek gehou is, en ten tweede omdat hy ook nog moet swyg, sodat niks ergs hom aangedoen word nie.

[10] Want hierdie, so geprese en in alle streke van die wêreld buitengewoon gewilde Essene, het orals `n groot aantal spioene, wat hulle in allerlei menslike verskyningsvorms deur talle lande beweeg. Deur hulle verneem die hoogste leiers en bestuurders van die groot instituut alles wat daar êrens besonders is en gebeur. En daarom is dit absoluut nie raadsaam om teen hulle te velde te trek nie, omdat hulle dit vas en verseker gou te wete sou kom, en dan wraak sou neem op hul vyand.

[11] Hiermee moet jy tevrede wees, Barnabe; meer hieroor sal My leerlinge ook aan jou bekendmaak. Een van My leerlinge was selfs `n kort tydjie gelede nog `n vooraanstaande Esseen; hy sal jou hul wonderdade die beste kan beskryf, en dan sal jy baie verbaas staan oor jou destydse blindheid.

[12] Maar nou sal Ons weer na buite gaan en daar gaan geniet van die talle sterre wat aan die hemel staan!”

[13] Daarmee was almal dit eens; Ons staan op van Ons tafels en banke en was spoedig daarna buite.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205