Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 60

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die wese van die liefde

60 Nou eers besluit Roclus om RafaEL na My toe te volg en moedig die ruim dertig treë af te lê. Daar Ek egter by Cirénius, soos tevore, nog aan tafel gesit en met hom `n aantal regeringsmaatreëls bespreek het en RafaEL ons Roclus in die rigting van Cirénius gelei het, het hy (ROCLUS), toe hy ongeveer twintig treë gestap het, gesê: “Ja, nou lei jy my weer na die oppergoewerneur, met wie ek alreeds vroeër alles bespreek het?! Die nou aan my welbekende Cirénius sal tog sekerlik nie die gewilde Nasaréner wees nie?"

[2] RAFAEL sê: “Sekerlik nie; maar die Man wat aan sy regterkant vlak langs hom sit en heel eenvoudig daar uitsien, dit is Hy! Jy weet nou wie Hy is en nou kan jy self na Hom toe gaan!”

[3] ROCLUS sê: “Dit sou maklik gewees het, - nog maar ruim tien treë en ek staan vlak by Hom! Maar wat moet ek dan sê, hoe moet ek Hom aanspreek?”

[4] RAFAEL sê: “Maar jy, met jou verstand, jou kennis en jou ervaringe, is jy verward en weet jy nie hoe jy dit moet doen nie?! Dit is selfs vir my ietwat onduidelik! Gaan daarheen en sê: “Majesteit en Heer, hier voor U staan `n hongerige en dorstige man, voed sy siel!”, dan sal jy daarop wel dadelik `n passende antwoord ontvang!”

[5] Roclus het dit met `n bevreesde hart gedoen en EK het My met `n ernstige, vriendelike gesig na hom toe gewend en sê: “Vriend, van Tirus en Sidon na Cesaréa-Filippi en van daar na hier is duidelik `n kleiner afstand as van hier na Agter-Indië, waar die oosterse Sihiniete ver oor die hoogste gebergte van Indië `n geweldige muur aangelê het! Daar het jy die waarheid gesoek - en ook weer nie die waarheid nie; want ook al sou jy die waarheid gevind het, dan sou jy die waarheid nogtans nie herken het nie! Sou jy dit egter herken het, dan sou dit jou nie geval het nie; want as die waarheid nie volledig verenig is met die liefde nie, dan lyk dit soos die sonlig in die noorde. Dit verlig ook die aarde; maar omdat die lig sonder warmte is, skenk dit aan die grond geen lewe nie en is alles verstar soos in die dood!

[6] `n Regter soek volgens die wet ook die volle waarheid. Die misdadiger word met alle moontlike middele gedwing om die volle waarheid te erken en onder streng eed word getuies gehoor. Ten slotte kom die volle waarheid aan die lig; maar wie het voordeel daarvan? Dit is ook `n waarheid sonder liefde, dus `n lig sonder warmte en lei tot die dood! En sien, so `n waarheid het ook jy gesoek en grotendeels gevind, - weliswaar het dit jou innerlik nie tot lewe gewek nie, maar dit het jou gees gedood, wat die liefde is in die hart van elke mens.

[7] En omdat jou gees as’t ware doodgedruk was deur die massa van die star, materiële waarheid, kan dit nie anders as dat jy elke spoor van die bestaan van `n God verloor het nie, omdat God ook maar net suiwer liefde is in Sy oerwese en net deur die liefde weer begryp kan word!

[8] Jy het wel `n duistere, vae vermoede daarvan gehad, dat die liefde die basiselement van alle wesens en dinge is; maar wat liefde self in wese is, dit het jy nie geweet nie en jy kon dit ook nie weet nie, omdat jou gevoel en die sintuie van jou siel nooit daardeur geïnspireer is nie.

[9] Jou kennis oor die wese van die liefde was gelyk aan die kennis wat jy oor die wese van die sterre het. Hulle gee lig, maar hul lig produseer geen warmte nie en jy kan onmoontlik te wete kom, deur middel van verstandelike kennis, of hul lig miskien ook afkomstig is van `n vuur.

[10] By die son egter voel jy die warmte en is jy van oordeel dat dit `n vuur moet wees en wel `n onmeetlik magtige vuur, omdat dit van `n enorme groot afstand, wat aan jou nie heeltemal onbekend is nie, in staat is om die aarde nog so aansienlik te verwarm.

[11] Van die maan beweer jy die volslae teendeel, omdat jy van hierdie planeet nog nooit enige warmte gevoel het nie. Van die ander sterre beweer jy heeltemal niks nie, omdat jy van hul invloed nog nooit iets anders as net die skaarsste lig ondervind het nie.

[12] En omdat jy van die sterre wat vir jou klein voorkom, maar so weinig vir jou waarnemingsvermoë gekry het, is jy ook nooit vanuit `n gebied van jou lewe min of meer aangespoor om daaroor na te dink wat sterre nou tog eintlik is nie, of die lig wat hulle gee vuur is of nie, of dat hulle liggame met massa is, of miskien maar net warmte- en gewigslose ligpuntjies is nie.

[13] Om egter `n voorstelling van iets te kan vorm is dit natuurlik wel noodsaaklik om eers daaroor te begin nadink. Maar om in `n sekere sin gemotiveerd oor `n saak te kan nadink, moet mens wel vind dat die saak dit werd is; die waarde hang egter altyd af van die liefde wat mens vir `n saak verkry het.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205