Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 171

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die wese van Satan en van die materie. (Matthéüs 16: 24-28)

171 EK rig My weer vriendelik tot Petrus en sê: 'Ek het jou nie in die minste verkleineer deur jou in skerp bewoording die menslike sy van jou te laat sien nie! Alles wat daar op hierdie wêreld menslik is aan die mens, soos wat sy vlees en die verskillende behoeftes daarvan om suiwer aardse redes, bevind homself in die oordeel en is daarom hel en Satan, wat die toonbeeld is van alle gerigte, alle dood, alle nag en alle sinsbedrog; want al die skynbare lewe van die materie is slegs `n droglewe en die waarde daarvan is soveel as niks.

[2] Elke mens wat in `n bepaalde opsig in die materie terugval, is in so verre dan ook Satan, as hy geluk in die materie en in die skynlewe daarvan verteenwoordig.

[3] As iemand egter nog in sy liggaam vry wil word van Satan, moet hy die kruis wat Ek nou reeds in die gees dra, op sy skouers neem en My navolg! (Matthéüs. 16: 24) Want Ek sê vir julle: Wie sy lewe (in aardse opsig) wil behou, sal dit (die geestelike) verloor; maar wie sy lewe (in aards opsig) terwille van My sal verloor, hy sal dit (die geestelike) vind! (Matthéüs. 16: 25)

[4] Wat sou dit `n mens baat, as hy die hele wêreld met al haar skatte sou wen, maar daarby skade sou ly aan sy siel? Of wat kan `n mens gee om sy siel weer los te maak van die bande van die materie wat die oordeel en die dood is? (Matthéüs. 16: 26)

[5] Wel sal dit ooit gebeur dat Ek, nou as Menseseun, terug sal kom in die glansrykheid van die Vader met alle engele, wie se mag julle ken, maar Hy sal ook dan handel soos nou, en elkeen kan slegs help en vergeld na die mate van sy hoogste eie werke. Wie dood gevind word, sal ook dood bly tot aan die tyd van die groot opwekking van al hulle wat in die grafte van die oordeel gebly het, en ook daar sal My liefde, wil en gewete regter wees vir altyd! (Matthéüs. 16: 27)

[6] Maar hy wat lewe volgens My woorde, werke verrig van ware selfverloëning en innerlike vrye liefde, sal die dood nie sien en nooit voel nie. Waarlik, tot My en julle groot vreugde kan Ek julle sê dat sommiges van julle geen dood sal smaak en voel nie, en getuie sal wees van alles, totdat, soos wat ook voorheen bespreek is, die Seun van die Mens in Sy ryk sal kom; julle Hom sal sien en met Hom sal heers vir ewig! Maar daarvoor is baie liefde nodig tot God en die naaste." (Matthéüs. 16: 28)

[7] Waarlik, as daar êrens vaders of moeders is wat maar net sorg dra dat hul kinders in hierdie wêreld goed versorg is en wat die waarde van die sielelewe van hul kinders nie belangriker ag nie, het hulle vir hulleself en hul kinders `n graf vir die ewige dood gegrawe; want wat tot hierdie wêreld behoort is altyd van Satan, dus van die oordeel en van die dood van die materie!

[8] Die materie is natuurlik wel daarvoor bestem om deur die krag van `n suiwere gees van die ander kant gewek te word tot die opstanding uit die lang oordeel; maar dan moet die materie volgens haar goed ingeprente vrye intelligensie oorgaan in die korrekte vorm en die wese van haar gees moet van die ander kant wees wat `n lig uit God is. Gebeur dit nie van die kant van die materie nie, dan keer die gees van die ander kant weer terug na sy oerbron, en die materie, waarvan die bedoeling was dat dit vir altyd met lewe vervul sou word, val dan weer terug in haar ou oordeel en sal daar vir lank moet bly totdat daar eendag of ooit weer `n gees haar van die ander kant af sal wil opwek vir `n nuwe lewensproef.

[9] En omdat dit nou eenmaal so is en ook nie anders kan wees nie, het Ek self dan ook immers van bo na julle mense van hierdie aarde gekom, en julle nou die volle waarheid laat sien van alle lewensvorme en van hul goeie of slegte omstandighede. En vir jou, Petrus, sal dit nou hopelik ook duidelik wees waarom Ek netnou daar vir jou gesê het: 'Gaan weg van My, Satan!' En nou koers ons vir die groot baai!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205