Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 155

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die Fariseërs kry `n les deur middel van `n wynwonder

155 DIE FARISEËR sê: 'Wanneer was die Nasarener hier gewees, hoe lank het hy gebly, en was hy al `n keer vroeër hier gewees?"

[2] Agter Cyrenius staan die ou MARKUS ook. Hy voer die woord en sê: 'Hierdie goddelike man was nog nooit vroeër in hierdie buurt gewees nie, ongeveer agt dae gelede het Hy eers hier met enkele leerlinge aangekom en het niks anders as net Sy Almagtige Wil saamgebring nie, en Sy leerlinge bly steeds soos lammers by Hom.

[3] En die eerste wonderwerk was dat Hy my beveel om al my wynsakke met water te vul, en daar is heelwat; ek laat dit ook gou deur my kinders doen. En ja-wel, nouliks was die sak gevul, of die water wat dieselfde was as die water in die see, was al in die kosbaarste wyn verander! Hier is nog `n beker vol van hierdie wonderbaarlike wyn! Proe dit en sê dan vir my hoe dit smaak?'

[4] DIE FARISEËR neem die beker aan, proe die wyn deur die beker byna tot op die bodem leeg te drink en sê: 'Werklik, `n beter wyn het daar nog nooit oor my tong gegaan nie! Maar, ou krygsman, kan ons jou woorde ook werklik as die waarheid aanneem?"

[5] MARKUS sê: 'Wie my ken, sal weet dat my tong nog nooit deur `n leuen besoedel was nie. Wie dit nog moet vra, het in elke geval nog geen sterk geloof nie. Maar sodat jy jou alles `n bietjie beter kan voorstel en om ook die verwarde natuurverstand van jou `n duwweltjie te gee, vra ek jou om saam met my na die see te gaan met hierdie totaal leë kruik en dit self met water te vul en dan waarborg ek jou dat die profeet wat hom nog onder ons bevind, die water alleenlik deur Sy wil oombliklik in wyn sal verander! En as jy miskien dink dat die kruik al vir die doel voorberei is, neem dan een van jou eie bekers en gaan dan na die see, vul op `n willekeurige plek die beker met water en sodra die water hom in die beker bevind, sal dit ook oombliklik verander word in wyn soos wat jy dit nou geproe het! Wanneer ek dit verloor, sal die nuwe huis met die tuin en al my ander groot kosbaarhede volledig jou eiendom word!"

[6] Hierop haal DIE FARISEËR `n goue beker uit die sak van sy mantel en sê: 'Ek sal wel sien. As die seewater daarin sulke wyn word, dan is hierdie kosbare beker joune!"

[7] Met hierdie woorde gaan die Fariseër met sy metgeselle gou na die see, skep water, en die water in die beker verander telkens in wyn.

[8] Toe al sy metgeselle hulself ook oortuig het van hierdie groot en wonderbaarlike waarheid, haas hy hom weer baie verbaas na die ou Markus en die FARISEËR sê: 'Hier, neem die beker; want jy het die weddenskap gewen! Ja, dit gaan nou werklik ook my verstand te bowe! Wat moet ek nou daarop sê? Dit gebeur nie op natuurlike wyse nie! Dit is baie merkwaardig: Nie net die smaak, maar ook die gees van wyn was ryklik daarin aanwesig, sodat ons almal byna beneweld was! Hier kan werklik niks anders in die spel wees nie as die wil van die Nasarener, en dit dien ons as bewys dat sy ander wonderwerke werklik ook op dieselfde wyse tot stand gebring is!

[9] As mens die voortdurende natuurlike wetmatigheid van die verskynsels op hierdie aarde voor oë gehad het en nooit iets van `n wonderwerk gedurende sy gehele lewe te siene gekry het nie, - afgesien van die Persiese toorkunste en die wonderwerke wat beskryf is wat egter altyd in `n misterieuse waas gehul is, - dan kan jy uiteindelik bykans nie glo wat jy nou werklik en sonder twyfel self meegemaak het nie.

[10] Maar wat dien dit dan, as jy die rede daarvan nie kan insien nie? Ja, geërde gebieder, by hierdie verskynsels, waar dit ongetwyfeld so gaan, hou alle natuurlike verklarings op! Want dit is waarlik `n wonderwerk! Dit kan ewemin ooit op natuurlike wyse verklaar word soos die skepping van die wêreld, uit vir ons begrippe en waarnemings, `n oorspronklike niks. Die hele skepping is sodoende niks anders nie as `n gefabriseerde wil van die goddelike oerkrag en van die oerbestaan van alle bestaan."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205