Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 227

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die nietigheid van `n krag sonder `n teenkrag

227 DIE MEESTER: “As hier iemand sou wees wat so reusagtig sterk was dat hy met sy hande die sterkste eike en seders sou kon ontwortel, maar rondom die bome wat ontwortel moet word, slegs modder en water sou wees, sodat hy geen weerstand sou hê nie, sou hy dan wel in staat wees om `n boom met die wortels uit die grond te trek as dit byvoorbeeld `n paar vadem diep in die grond sou sit? Ek sê: nee; want sodra hy sou begin om die boom met sy kragtige arms uit die grond te trek, sou hy diep in die water en die modder wegsink en sodoende niks met sy reusagtige krag kon uitrig nie.

[2] As `n reus dus die groot spierkrag van sy hande in die praktyk tot uitvoer wil bring, moet ook sy voete, as noodsaaklike ondersteuning, baie vaste grond hê, wat elkeen van julle seker goed sal kan insien. Maar Ek gee vir julle hier nog vir My `n wel baie moontlike, en vir julle `n nog duideliker voorbeeld.

[3] Laat ons aanneem dat daar voor ons ongeveer `n paar honderd buitengewoon sterk stryders hulle bevind, honderd aan die een en honderd aan die anderkant. Sodra hulle op mekaar afstorm, hef Ek hulle met My innerlike mag omhoog die lug in en laat hulle deur `n heftige wind na alle kante en rigtings versprei. Vraag: Hoe sal hulle nou sonder enige vaste steunpunt hul stryd kan begin en voltrek? Sal iemand hulle selfs met die kragtigste voete in die lug ook maar `n stap verder kan beweeg of `n egte geweldige slag met sy hand kan gee en nog daarby regop bly?

[4] Ek sien dat julle nou daaroor begin nadink hoe so-iets moontlik sou kan wees. Dit lê in My mag om dit aan één van julle prakties te wys, sê My maar wie van julle so `n proefneming wil ondergaan! Wil jy, Epifanus, jou ongeveer `n manslengte bo die grond, van die waarheid van My woorde oortuig?”

[5] EPIFANUS sê: “O ja, Majesteit en Heer; want onder U hoede kan ek immers onmoontlik iets slegs oorkom! Daarom het ek daartoe besluit.”

[6] EK sê: “Goed dan, verhef jou `n manslengte van die bodem van hierdie aarde in die vrye lug en vertel die ander hoe jy voel?”

[7] Epifanus bevind hom nou heeltemal vry swewend in die lug en wel baie rustig regop, en Ek sê aan hom: “Maak nou enkele bewegings en maak asof jy êrens heen sou wil gaan, of dat jy jouself teen `n vyand wil verdedig, en vertel ons wat jy ondergaan en hoe dit vir jou voel.”

[8] Epifanus probeer dit, maar verloor natuurlik dadelik sy gemaklike vertikale posisie, en hoe meer hy met hande en voete werk, des te meer het hy in allerlei ongemaklike houdings tereg gekom. Ten slotte draai hy soos `n swewende blaar in die lug rond, en slegs `n baie ligte suggie van `n wind begin hom verder weg te skuif en wel volgens My wil, na die huis van Asiona, teen wie se mure hy `n vaste steunpunt vind, hy verander sy ongemaklike posisie weer in die gemaklike vertikale en werk hom toe, teen die muur vashoudend, na benede tot op die grond.

[9] Toe EPIFANUS weer met sy voete op die grond staan, was hy buitengewoon bly, loof My en kom gou na ons aan tafel toe en sê: “O Heer, enigiets wat U wil, maar net nie weer so `n verskriklike proefneming nie! Ek moes julle vanuit die lug vertel het wat ek ondergaan en voel! Ja, dit het ek vanuit die vertikale posisie, waarin ek taamlik aangenaam gevoel het, wel kon doen, naamlik dat dit egter aangenaam was en my wel bekoor het; maar toe ek op U versoek begin te beweeg en my alle posisies moes laat welgeval en omdat ek hulle nie kon verander nie, was dit met praat gedaan. Ek sou hoogstens `n angstige skreeu kon gegee het, as ek my nie geskaam het nie, maar `n verstandige woord was absoluut onmoontlik! As jy deur `n duisend duiselings bevang word, en jy magteloser voel as `n muggie, praat dan maar as jy kan; vir my was dit totaal onmoontlik!

[10] Jy hoef maar net één manslengte van die vaste grond in die vrye lug weg te wees, en oombliklik is jy alle mag en alle krag kwyt! Die kleinste suggie wind wat nouliks `n blaartjie aan `n boom sal beweeg, dra jou sonder enige moontlike weerstand weg, en dit in `n meestal baie ongemaklike posisie. Nee, alles vind ek goed, soos gesê, maar nie nog so `n proefneming nie! Maar die woorde uit U mond, Heer, is nou soos skitterende waarheid bevestig dat naamlik die grootste krag sonder `n vaste steunpunt, wat ek as `n noodsaaklike teenkrag beskou, so goed as geen krag is nie. Dit is nou my lewendigste en waarste oortuiging.

[11] Uit U verklaring van so pas is dit vir my nou wel taamlik duidelik wat die orcus, die tartarus en die hel is en waaruit dit bestaan; maar met Satan en sy handlangers, die sogenaamde duiwels, weet ek nog niks wat om met hulle aan te vang nie! Omdat U, o Majesteit en Heer, ons dit so duidelik uitgelê het, ooreenkomstig die volste en redelike waarheid, vra ek U om dit ook nog vir ons uit te lê, as dit U heilige wil is!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205